TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

61582 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Laat vanmiddag toe ek die… Reën.............. Wildehont -1 hour ago
Jy kan by enige plek kanp,… Regte Boskampe???? Arie -2 hours ago
Leeutemmer, hier is die… Kyleu Bush Camp Dinokeng Johann L -3 hours ago
Ah, Kyleu bos kamp,  kyk… Regte Boskampe???? Johann L -3 hours ago
Leeutemmer, jy kan by… Regte Boskampe???? Johann L -3 hours ago
Len ... Verkeerde Raad Willem Brits -3 hours ago
As jy maak soos die man sê,… Verkeerde Raad neef Herman -5 hours ago

Huiskrag tydens beurtkrag

Worcester
Submitted by Wildehont on Wed, 20/03/2019 - 08:36

Beurtkrag

Ek geniet nogal die vrede en donker tydens beurtkrag maar daar is ander oorwegings noudat ons weet beurtkrag gaan deel van ons daaglikse lewe wees vir 'n geruime tyd. 

  • Skade aan yskaste en diesmeer
  • Gebrek aan sekuriteitstelsels tydens beurtkrag
  • Gebrek aan produktiwiteit tydens beurtkrag
  • Gebrek aan noodsaaklike toerusting tydens beurtkrag
  • Ens, ens, ens...

Gelukkig is hier 'n klomp vernuftige mense op die forum, en het ek gedink ons kan mekaar bietjie raad gee oor hoe om die probleme te systap.

Wat skade aan yskaste betref het ek die toestel raak geGoogle. Weet iemand of dit doeltreffend is? Dis nie vreeslik duur nie. https://www.takealot.com….

Dan sal ek graag ook menings wil hoor oor 'n bekostigbare, betroubare kragopwekkertjie vir tuisgebruik tydens beurtkrag. Ek besef dat dit nie so eenvoudig is nie, aangesien dit afhang van wat mens alles wil dryf.

By ons is dit hoofsaaklik my vrou se twee iMac rekenaars (omtrent so 600W maksimum) sodat sy en haar assistent kan aanhou werk tydens beurtkrag. Ek kyk na 'n modelletjie soos die Ryobi 2000W Inverter generator https://www.takealot.com…

Dit moet 'n inverter generator wees aangesien dit krag moet voorsien aan rekenaars, en ek is nie lus vir 'n raserige een nie, so ek is bereid om die premie te betaal vir 'n stiller een. Nou is my vraag, moet mens die kragopwekkertjie deur jou huis se DB laat koppel of kan jy hom direk gebruik? Verder, is die model hierbo aan te beveel of is daar 'n beter opsie? (bekostigbaarheid in ag geneem).

Enige ander voorstelle of raad kan ook maar hier gegooi word. Byvoorbaat dankie.

Hieronder ook aangeheg 'n PDF vannaf Neef Herman met groter solar opsies:

Attachment Size
SYSH1800-PLUS-003.pdf 634.84 KB
Preparing for Load Shedding_0.pdf 150.09 KB
Centurion

Voortrekker

Wed, 20/03/2019 - 09:05

EK het dit al voorheen genoem.  Hierdie is seker een van die beste dinge wat ek ooit aangeskaf het vir my huis.

bbone

Daar is 2 modelle waarvan ek die kleiner een het wat net een battery het.   Ek het dit destyds, dink in 2014 / 15 aangeskaf en die ding werk nog soos die dag toe ek dit gekry het wat battery leeftyd aanbetref.

Die groter een het 2 x 12 V batterye en kan 1400 watt krag lewer.  Die kleiner enkel battery lewer 700 watt.

Jy koppel dit eenvoudig aan die krag uitlaat met 'n standaard prop, en die eenheid self het dan 'n klompie kragproppe agter op - daaraan koppel ek dan 'n multiplug adaptor waaraan my TV, Decoder, Home entertainment en lig permanent  gekoppel is.  Daar is dan ook 2 verlengingskoorde aan gekoppel waarvan een na my lessenaar / kantoor area loop en hieraan is die Fibre modem en wifi router gekoppel sowel as 3 laptops en my printer.   Die 2de verlengingskoord loop na my stoep waar my gas stoof en braaier ook staan en verskaf krag aan 'n lig en ook die plek waar al ons selfone en battery laaiers is.  Ek het ook 3 x 220V  lampe met LED gloeilampe op die eenheid gekoppel wat lig voorsien aan ons kantoor area, leef area en dan die stoep area waar die gas stowe is.

Die eenheid is geraasloos en mens weet glad nie daarvan nie.    Ek kan met die 3 laptops, TV en ligte en internet krag voorsien vir 6 tot 7 ure wat tans oorgenoeg is.   Natuurlik kan dit gerek word as mens die home entertainment en TV afskakel ens.   Ek glo die grotet eenheid sal 2 x langer hou.

BONUS - die BBone S kan ook optioneel 'n SOLAR CHARGER eenheid aanboord kry (opsioneel op veroek) waaraan jy dan 'n solar paneel kan koppel!

Al die bogenoemde toerusting is permanent gekoppel aan die bbone eenheid, so wanneer daar krag is skakel hy outomaties direk na 220V terwyl die battery gelaai hou.  Wanneer krag afgaan, hoor ek net 'n peep geluid en die klank van die relay wat oorskakel en krag word dan vannaf die battery / inverter aan al die toerusting gelewer.

Vir my is dit belangrik om die elektroniese toerusting van krag te voorsien sodar ons kan werk op die laptops, lig het en die kinders kan stories kyk of musiek luister.   Die Fibre werk ook 100% as die krag af is en daarom het ons alstyd internet konneksie.

https://pclinkshop.co.za…

https://mecer.co.za/mece…

Port Elizabeth

Antie

Wed, 20/03/2019 - 09:24

Wildehont, ons het 'n Ryobi 5.5 KVA.   Hy staan permanent binne in 'n wendy huis in die agterplaas.  Dus toegesluit wanneer nie in gebruik en as hy aangeskakel word, staan hy in die opening van die wendy huis met die deure oop.  Hy is dus nie te klein nie maar ook nie 'n groot een nie.   Ons het gevoel dit is beter om eerder bietjie sterker te gaan as om te klein te koop en later spyt is.

Wanneer hy aan is, werk alles in die huis behalwe die geyser moet af wees.  Ons los ook maar eerder om die wasmasjien, oond of skottelgoedwasser dan te gebruik.

Ons sit hom gewoonlik net aan tydens beurtkrag in die laatmiddag en vroegaand.   Die brandstof sal te duur uitwerk om hom vir te veel ure aaneen te laat loop.  Hy is nie 'n "stiller" model nie maar die geraas pla ons nie, want jy hoor dit net van 'n afstand af.  Ons het ook seker gemaak dat dit nie ons bure pla nie, deur self te gaan luister daar.

Ons sal nie graag sonder hom wil wees nie.   Dan het jy darem krag as daar 'n nood is.   Ons s'n is nie 'n inverter generator nie, maar die rekenaar werk 100% reg daarmee.   Lennie kan jou meer raad gee oor die inverter, hy gebruik dit.

EK het dit al voorheen genoem.  Hierdie is seker een van die beste dinge wat ek ooit aangeskaf het vir my huis.

Baie dankie Anton! Jammer as ek nou onnodig 'n draad begin het, ek is nuut tot die forum. Die toestel lyk definitief na 'n wenner vir my doeleindes. My vrou is 'n professionele fotograaf en werk op iMac's (wat direk van die krag af werk anders as 'n skootrekenaar).  Geen gesukkel met kragopwekker aansit en oorskakel en rekenaars af en aanskakel nie want soos jy dit beskryf is dit soomloos. Perfek!

Centurion

Voortrekker

Wed, 20/03/2019 - 09:27

'n Petrol inverter generator sal nie lekker hier by my werk nie.  Eerstens die feit dat die generator moet buite saan - dit sal beteken ek moet koorde binne toe lê en dan ook 'n manier vind hoe om die ding te integreer sodat oorskakeling kan plaasvind wanneer krag afgaan en ook om dit outomaties te laat aanskakel. 

Die Bbone kan gemaklik binne in die huis staan en lyk ook vrek netjies.  Hy integreer so maklik en doen alles outomaties - ek hoef niks te doen nie, en monitor net die digitale skerm om te sien hoeveel krag nog oor is.

Ek dink die groter een sal met gemak al my toerusting soos hierbo genoem hardloop asook my yskas en vrieskas en nog addisionele toerusting.

ons het 'n Ryobi 5.5 KVA

Baie dankie Antie. My wendy is te naby aan twee van my bure se leefarea, so ek sal stiller moet kry maar Anton se voorstel hier bo sal voldoen aan ons vereistes tans.

As (wanneer?) ons in fases 5, 6, ens inbeweeg sal ek seker ook 'n kragopwekker moet oorweeg, en sal dan julle raad in ag neem.

Centurion

Voortrekker

Wed, 20/03/2019 - 09:38

Jammer as ek nou onnodig 'n draad begin het

 Geen probleem.  Ek het dit op iemand anders se draad genoem.

Ek glo natuurlik dat 'n generatortjie 'n goeie backup opsie kan wees, gedurende die tye wat krag vir langer periodes afgaan.  Maar in die laaste 5 jaar het dit nog net een keer hier by ons gebeur vir 4 dae asgevolg van 'n ander groter probleem in die plaaslike kabels.   Toe was ons natuurlik "ge-screw" !

iMacs ? -    daarom dat ek 'n paar laptops hier by my hardloop.  2 PC laptops vir werk en dokumentasie met word (een vir my en een vir vroulief)  en dan die Mac wat gebruik word vir grafieka, foto's met Photoshop en Lightroom -  en kampforum  se webblad laugh

Ek dink die groter een sal met gemak al my toerusting soos hierbo genoem hardloop asook my yskas en vrieskas en nog addisionele toerusting.

Ek sien nie 'n groter een tans op die skakel wat jy gegee het nie maar die 1440W model is heeltemal voldoende vir ons huidige vereistes (en pas in my begroting). Ons sal my vrou se twee rekenaars en my skootrekenaar (indien nodig) en genoeg ligte kan laat werk vir lank genoeg. Ons het 'n gas stoof in ons huis so ons kan altyd kos maak en water kook ens. 

Die soomlose werking is ook vir my baie aantreklik want ek is lui en is nie lus om elke dag kragopwekker te gaan aanskakel en afskakel en sukkel met oorskakel of ekstra betaal om dit by my DB te laat aansluit nie. Ek is baie dankbaar vir jou raad! 

Centurion

Voortrekker

Wed, 20/03/2019 - 09:48

Die 1440W is die groter een en is die 24S  model.    Ek het die 700W 12S model.  smiley

Onthou net, die ding is vrek swaar!    Ek sukkel om man alleen die 12S op te tel, so die 24S gaan defnitief 2 mense verg - gelukkig het hulle wielietjies om mee rond te skuif indien nodig.

PS.  doen jouself net 'n guns en kry die opsionele solar laaier ook by - Mecer moet hom installeer met bestelling.   Dan kan jy in die toekoms 'n paneel of 2 opkoppel!   

Pretoria

leeu

Wed, 20/03/2019 - 10:40

Dankie Anton, ek dink ook om dit te kry.

Ek het 'n vraag en weet nie of jy dit al probeer het nie, kan jy bv alles afskakel op die main bord en die uitset van die UPS weer terug prop in die muurprop en dan het jy krag in jou huis se stroom baan, dan kan jy LED ligte in sekere kamers aanskakel sonder 'n klomp "leads" wat rondlê. Die probleem wat ek hiermee sien, dan maak jy 'n "loop" terug na die UPS? Ek het dit met my klein krag opwekker gedoen, dan skakel ek net die geyser af wat baie krag verbruik.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/03/2019 - 10:52

.....................herhaal ek myself, maar hier is my kragstorie.

Ek het 'n 24V Mecer 2400VA Mecer modified cine inverter wat 1440 watt lewer.  (Ek dink Voorie maak 'n fout, syne kan nie 12 000 watt lewer nie, seker 1 200 watt).  Ek het die Mecer inverter en komponente 5 jaar gelede gekoop en dit self gebou. Die kas het ek by my seun gekry wat destyds 'n klompie daarvan laat maak het vir sy besigheidskliënte voor Mecer nog kaste beskikbaar gehad het en Pa moes maar die eenhede bou ! Let op hoe Mecer se kaste met myne van 5 jaar gelede vergelyk !

.

Ek het besluit om my stelsel so eenvoudig en netjies as moontlik te hou, totaal onafhanklik van die huis se standaard bedrading, ligte en muurproppe. Die inverter staan in my motorhuis by 'n Eskom muurprop om die batterye te laai wanneer daar wel krag beskikbaar is.  In die omtrent drie/vier jaar wat ons nie beurtkrag gehad het nie, het ek die stelsel elke maand vir 'n paar uur gelaai om die batterye nie te laat afloop nie.  Vanuit die motorhuis het ek bedrading deur die dak getrek en 'n afsonderlike lig in elke vertrek in die huis aangebring.  Ek het ook twee nuwe muurproppe (wat krag van die inverter af kry) in ons woonkamer en in die studeerkamer aangebring, reg langs 'n Eskom muurprop in beide vertrekke.  In ons woonkamer het ek die TV, dekodeerder en ander klanktoerusting (agter hierdie toerusting) met 'n muliplug verbind om net een prop te hê.  Ek het dieselfde in die studeerkamer gedoen en al ons rekenaartoerusting is saamgevoeg op een prop.  Daar is nêrens in die huis verlengkoorde wat die wêreld vol lê nie.

Wanneer beurtkrag inskop, stap ek na die motorhuis en druk die knoppie om die inverter aan te skakel.  Al die spesiale ligte in elke vertrek skakel dan aan en daar is ook nou krag op my spesiale muurprop in die woonkamer en studeerkameer. Ek prop die toerusting se enkel prop uit die Eskom muurprop en prop dit in by die inverter muurprop in en siedaar, ligte in elke vertrek in die huis, al die rekenaar toerusting in die studeerkamer werk asook die TV en radio in die woonkamer.  Net drie aksies is nodig, skakel inverter aan, ruil die studeerkamer prop en ruil die woonkmamer prop.

Wanneer Eskom krag aankom, skakel ek die inverter af en ruil die twee kragproppe terug.

Ons het 'n gasstoof om water te kook en kos te maak.  Ek het ook solar panele wat die elektrisie geyser van warmwater voorsien.  Natuurlik is ons yskaste en vrieskaste nie gekoppel nie, maar ons het agtergekom dat dit nie ontvries tydens kragonderbrekings van 2 tot 4 ure nie.

My ou stelseltjie het 5 jaar gelede R2000 vir die inverter gekos, R3000 vir die twee batterye en R750 vir die bedrading en twee muurproppe.  Die inverter kas het ek by my seun present gekry.

Wat is nou lekkerder as dit om 'n groot probleem in die land te oorbrug ?  Terwyl ek hier sit en tik in my studeerkamer ervaar ons beurtkrag, maar ek het goeie beligting en alle eletroniese toerusting werk.  As ek oor my skouer kyk, sien ek my annerhelfte kyk rustig TV.  En dit kos my niks nie, nie eers Eskom-krag of kragopwekker petrol nie !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/03/2019 - 10:59

Ek kyk na dié een want dan kan ek als in die karavaan trek.  Op my rekenaar het ek kontak gemaak en teen 'n beter prys.

As die 💩 die fan slaan kan die karavaan dien as nood blyplek met warem water en als, dan sal die genny handig werk.

TRADE POWER 3.5KW  R 10,653.00, hier is 'n skakel.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 20/03/2019 - 11:02

My ou stelseltjie het 5 jaar gelede R2000 vir die inverter gekos, R3000 vir die twee batterye en R750 vir die bedrading en twee muurproppe.  Die inverter kas het ek by my seun present gekry.

Len, nou bou vir ons ook asb.

Centurion

Voortrekker

Wed, 20/03/2019 - 11:10

Len die 12 000 was 'n fout wat ek reggemaak het.  Ek het die 700 Watt model.   My eenheid staan  binne in / onder die ingeboude hout divider wat my leef area van kantoor area skei.

Die een koord loop binne in  trunking wat ek netjies onder teen die muur vasgesit het en agter 'n sofa en muureenheid is en dan deur die muur na buite waar dit dan weer met trunking na 'n multiplug wat teen die muur vas is.   Die TV en Decoders en home entertainment met een lig word gevoer vanuit die hour divider wat alreeds gate en kanale het vir kabels, so daar is geen drade wat rondle ens nie.   Die ander koord le net op die vloer, maar agter 'n muureenheid na die studeer tafel wat ook sy eie ingeboude bedrading het vir die laptops en modem + routers en nog 'n lig.

Ek het sedert ek hom 5 jaar gelede gekoop het nog nooit afgeskakel nie!  Soos genoem, is al die toerusting permanent aan hom gekoppel en maak ek gebruik van die ingeboude relay om outomaties oor te skakel.   Ek glo dit is hoe hierdie eenhede gebruik moet word.  Wanneer hy altyd aan is sal die inheboude beheerbord vanself die battery monitor en na laai oorskakel om die battery in stant te hou.   Ek glo ook deur die eenheid aan te hou en alle toerusitng gekoppel te hou verrig die eenheid sy ander doel om sensitiewe toerusitng te beskerm teen ongelyke krag, spikes en moontlik weerlig skade?

 

Worcester

Wildehont

Wed, 20/03/2019 - 11:11

Die 1440W is die groter een en is die 24S  model.    Ek het die 700W 12S model.  smiley

Onthou net, die ding is vrek swaar!    Ek sukkel om man alleen die 12S op te tel, so die 24S gaan defnitief 2 mense verg - gelukkig het hulle wielietjies om mee rond te skuif indien nodig.

PS.  doen jouself net 'n guns en kry die opsionele solar laaier ook by - Mecer moet hom installeer met bestelling.   Dan kan jy in die toekoms 'n paneel of 2 opkoppel!   

Dan maak hulle seker nie meer die kleiner model nie want daar was net die een op hulle webwerf maar hy is billik genoeg geprys en dis goed om redelik onder kapasiteit te werk. Ons is wel net op 220m bo seespieel hier maar die stelsels verloor effektiwiteit met hoogte en met hitte (en hier raak dit lekker warm!)

Ek sal die eenheid in die studeerkamer los, glo nie dit gaan nodig wees om rond te skuif nie. Die 1440W model het twee batterye so hy gaan nog swaarder wees.

Ek sal by hulle hoor wat kos die sonkrag laaier, dankie vir die raad.

Pretoria

leeu

Wed, 20/03/2019 - 12:27

Hi Len, ek verstaan dat jy aparte bedrading aangelê het na elke vertrek soos benodig. Ek is seker jy kan die UPS terug prop, maar dan sal jy die eskom hoof toevoer moet afskakel wat inkom, anders blaas jy alles op.