Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53669 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -14 minutes ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -43 minutes ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -3 hours ago
Len---'n liedjie vir jou Aasvoëlkrans "Predator… wessels -3 hours ago
sien ek die ongelukkigheid… Aasvoëlkrans "Predator… Voortrekker -3 hours ago

Kruger Wildtuin ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Fri, 07/06/2019 - 09:19

Almal weet teen dié tyd dat ek 'n vurige Sanparke en veral Kruger Wildtuin ondersteuner is, maar gebeure die afgelope tyd laat my wonder of alles daar onder beheer is.

Gewoonlik is die standaard klagtes oor akkommodasie en geriewe wat nie na wense is nie, of klagtes oor onvriendelike personeel, koste van besoeke aan die Wildtuin of 'n gesukkel met besprekings.  Met nie een van hierdie klagtes het ek oor die jare heen 'n ervaring gehad nie.

Maar in een week loop 4 hiënas in Letaba-ruskamp rond en maak amok opsoek na kos, kort daarna dood 'n luiperd 'n kleuter in Malelane se personeeldorp en vanoggend hoor ek 14 leeus loop rond in Phalaborwa-dorp, in die Foskor-mynomgewing.

Dit voel vir my 'n bietjie dik vir 'n daalder en dit plaas wildbeheer van die Wildtuin onder verdenking. As 'n leek is dit seker makliker gesê as gedaan.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 09:51

....................miskien 'n bietjie kras : "maar dan moet jy jou kop laat lees"

Ek vra om verskoning, dis nie mooi gesê nie.

Worcester

Wildehont

Fri, 07/06/2019 - 10:51

Dis interessant, Suid Afrika (en tot 'n mate Namibië) is die enigste Afrika lande wat ek al besoek het (uit SA, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Malawi, Tanzanië, Kenia, Kameroen, Gaboen en Sentraal Afrika Republiek) waar wildreservate omhein word.

In die ander lande word dit glad nie omhein nie. Daar is wel die sg buffalo fence in Botswana, maar dis maar 'n beesheining om die beeste en ander diere met gesplete hoewe uitmekaar te hou, sodat siektes nie na die beeste oorgedra kan word nie. Berge of riviere is gewoonlik die grense van wildreservate in die ander lande.

Daar is wel gewoonlik 'n game mangament area as 'n bufferstrook rondom die reservate. In so 'n gebied woon daar mense maar ook wilde diere, want hulle kan riviere en berge oorsteek. Daar is natuurlik konflik wanneer roofdiere lewende hawe vang, of groot herbivore soos seekoeie en olifante in landerye invaar. Dit word egter bestuur, en dit is selde dat 'n dier doodgeskiet hoef te word.

Suid Afrikaners is natuurlik gewoond daaraan dat wilde diere (die groter en meer gevaarlike spesies - behalwe luiperds, wat jy nie kan inhou nie) inge"hok" word om mense veilig te hou. Mens kan dus nie nou verwag dat die heinings (wat een van die mees ongesonde menslike strukture vir enige ekostelsel is) net afgehaal moet word nie. Dit sal chaos veroorsaak aan albei kante.

Ek glo egter nie die KNP (of ons ander nasionale parke) word swak bestuur nie. Daar is vrot appels wat self by stropery betrokke raak, maar die oorgrootte meerderheid mense wat in bewaring werk doen dit vir die liefde van die saak. Hulle doen dit vir seker nie vir die geld nie, want betaling is maar swak.

Daar is natuurlik uitdagings wat daarmee saam kom dat SANPARKE 'n regeringsinstansie is. Begrotings is beperk en voorsieningskanaalprosesse is baie tydrowend met baie rompslomp. Dit is ongelukkig nodig om korrupsie te probeer voorkom, maar dit maak dit baie moeiliker om jou werk te doen.

SANPARKE is nie perfek nie, en die KNP het in sekere opsigte agteruit gegaan. Ek gaan al vir 47 jaar elke jaar ten minste een keer daarheen, en kan duidelik sien hoe dinge verander (en soms verswak) het. Mens moet egter ook onthou dat daar elke jaar meer mense binne en buite die KNP is. Daar is ordes meer besoekers (waarvan baie hulself wangedra en morsig en vernielsugtig is) en daar is ook meer mense wat rondom die park woon.

Reen (veral as daar baie daarvan in 'n kort tydperk val nadat dit lank droog was) kan erge erosie veroorsaak, en die plantegroei weerskante van heining word gewoonlik afgesny of verwyder, so dan is die erosie nog erger. So kan dit oornag gebeur dat daar 'n sloot oopspoel onder 'n heining, en die kampeerders voer al baie jare lank die hiënas by Letaba. Wat dink hulle gaan die hiënas doen as daar 'n gat onder die heining ontstaan? Dieselfde geld by die grensdrade. Die leeus weet mos nie die grensdrade is daar om hulle binne te hou nie, so as hulle onderdeur kan gaan sal hulle.

Wat die aanval van die luiperd op die kleuter betref; ek het in die KNP gewerk en was al in 'n hele paar personeeldorpe. Die personeeldorpe het nie 'n grensdraad om nie. Elke huis het wel 'n heining om, maar daar is 'n hek waarby mens in en uit moet gaan. My vriend wat jare lank veldwagter en toe staptoerveldwagter was in die wildtuin, het sy een rifrug verloor aan 'n leeu. Hy het juis net buite Malelane hek gewoon, waar ek al vir hom gaan kuier het. Alhoewel sy huis buite die Malelane hek was, was dit aan die wildtuin se kant van die Krokodilrivier.

Hy was een middag oppad uit, en toe hy die hek oopmaak om sy bakkie uit te trek hardloop sy een rifrug verby hom by die hek uit. Hy het hulle geleer om dit nie te doen nie, maar hy het nie gesien dat daar 'n leeuwyfie onder 'n bos buite die hek lê nie. As die hond nie vir die leeu gegaan het nie, sou hy moontlik nie die leeu gesien het nie, en kon ta hom dalk opgevreet het toe hy weer uitklim om die hek toe te maak.

Ons weet nie wat was die omstandighede rondom die kind wat deur die luiperd gevang is nie. Sulke ongelukke kan egter maklik gebeur, en dis eintlik 'n wonderwerk dat dit nie meer gereeld gebeur nie. 

Ek glo dus nie ons moet op hol gaan en dink die KNP en ander parke word wanbestuur nie.  

Waar my wa staan

Arie

Fri, 07/06/2019 - 14:59

Wildehond, ek stem met wat jy se. As ons in die natuur, en daarmee bedoel ek buite Jo-burg of Kaapstad moet mens maar aanvaar dat daar risikos aanverbonde sal wees. 

Ek is ook teen die toekamp van reservate, mana pools het ggeen heinings om die kamplekke nie. Mense weet dit en is gevolglik bedag op die risikos. Die getal mense wat daar beseer of gedood is, is maar persentasie gewys uiters laag?

Ons is te vinnig om "bestuur" te blameer, hier by ons is vroeer die week 'n jong volstruis geskop deur 'n ouer wyfie. Dit het pmtrent tien tree voor my tent gebeur. Ek kon duidelik hoor hoe haar been breek. Daar was geen ander keuse as om haar van kant te maak.

Hier loop nou baie stories rond oor swak wilbestuur in die oord/ wildsplaas??! Tot in Musina loop die storie nou al.

As mens vra wat moes nou eintlik anders gedoen word, is daar geen antwoord?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 18:52

............baie bly hierbo is standpunte wat KNP se bestuur nie noodwendig verdink van swak wildbewaing-bestuur nie.  Ek verdedig Sanparke voortdurend van die stereotipe klagtes en het nog nooit nodig gehad om my jaarlikse besoeke oor meer as 60 jaar aan die Kruger Wildtuin van swak bestuur te beskuldig nie.

Die punt wat ek probeer oordra het is dat drie gevaarlike situasies in een week laat 'n mens se wenkbroue tog lig. Die ronloper leeu Sylvester in die Karoo Nasionale Park en sy kollega van 'n jaar later, Mufasa is nog vars in ons geheue.  En die geval wat ek ook vertel het van die aggressiewe blouaap wat 'n bejaarde dame by die ablusie in Addo aangeval en gebyt het.  Niks is daaraan gedoen nie en die ape pla nog steeds. En dan, "mark my words" : in Shingwedzi gaan daardie aggressiewe bobbejane wat die kampterrein kort-kort terroriseer nog vir 'n ernstige besering of dood veroorsaak.

Ski, ek verskil iewat van jou standpunt. Natuurbewaring is nie moontlik sonder die inkomste wat toeriste voorsien nie en bestuur moet ontspanningsareas vir toeriste veilig hou  -  dit is die toeriste se ontspanplek en moet redelik vry wees van gevaarlike diere.

Ns. Ek hoor nou oor die nuus die 14 leeus is opgespoor in die wildarea van die Foskormyn waar ander wildediere, onder andere ook olifante, rondloop. Hierdie area grens aan die Balule-natuureservaat wat deel is van die Groter Kruger Nasionale Park.  Die eerste mediaberigte het ons miskien almal onder die indruk gebring hulle loop rond in Phalaborwa, die dorp.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 18:59

..............die jongste persverklaring.  Dalk was dit 'n storm in 'n teekoppie :-

07 June 2019

South African National Parks stated this morning that the widely reported pride of lions seen recently in the mining area outside Phalaborwa is not a known pride from the Kruger National Park (KNP) or the adjacent private nature reserves. It has been reported that this pride has been residing for more than a year within the Foskor, Phalaborwa Mining Company and direct adjacent areas, moving along the Selati river system. This area outside but adjacent to the KNP also contains elephant, buffalo and other wildlife.

The pride might have established in this area, due to the current availability of prey in these areas, and due to a lack of competition from other lion prides. The lion population within the Greater Kruger is very healthy, growing, and suitable habitats occupied. It would, therefore, be unwise to relocate a lion pride in the territory of an existing pride. The disease status of animals is also a consideration when looking at possible release areas.

KNP GM: Conservation Dr Marisa Coetzee said in a meeting between various parties it was agreed that a capture operation to be coordinated by Limpopo Economic Development, Environment and Tourism (LEDET) will be carried out as per the approved protocols. LEDET is the responsible authority on this matter. “The plan is to capture the pride and move them to a suitable area outside of the KNP and private reserves, where after they will be closely monitored by LEDET.”

Issued by:
South African National Parks (SANParks) Corporate Communications

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/06/2019 - 04:51

Ek verstaan al n geruime tyd by kollegas wat erg oom Paul se wiltuin is dat alles nie pluis is nie die wiltuin volgeboek of redelik vol is maar hulle sien nie wat gebeur met geld nie infrastruktuur gaan agter uit myself nie feite nie want ek was jare laas innie wiltuin wat self n skande is

Waar my wa staan

Arie

Sun, 09/06/2019 - 13:51

Len!!!!!, daai "Bejaarde Dame van Addo" jy soek mos nou moeilikheid!?

Ken daai meisietjie, sy is g'n bejaard nie, bloedjong, nou die dag eers 70 geword!

Ek is van mening dat die Kruger definitief besig is om agteruit te gaan.

Naamborde waarvan die geel leestekens weg is en wat sommer met n ongeoefende hand oorgeskryf is met verf.

Patetiese eetplekke waarvan die diens en kwaliteit verdag is.

Wildbewaarders wat jag.

Vroulike sanitasie doekies (vuil) wat vir jou loer in die kampplek ens, so kan ek aangaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2019 - 09:24

..............genoeg, my ervaring is nie naastenby so erg nie.  Ek het maar net my leke-opinie gegee na aanleiding daarvan dat ek wonder oor die bestuur van 'n harmonieuse, veilige, toeristeparadys en die wildlewe.  Gegewe die drie voorbeelde wat ek in die inleiding genoem het, het my hieroor laat wonder sonder dat ek konkrete bewyse het van swak wildlewe/toerisme bestuur.

Brits

wessels

Mon, 10/06/2019 - 09:24

Môre Len en ander

Ons is sopas terug uit wille Kruger, tot vir Chris raakgeloop in Satara.

Ek moet ruiterlik erken dat;

1] dit lekker was

2] veiligheid opgeskerp kan word, byvoorbeeld by Malelane kampie is so 'n lendelam plaashek wat mens self moet oop/toemaak.

3] by Afsaal is daar 'n olifant wat gereeld inloop en besoekers se piekniek mandjies fyntrap.

4] ablusies is steeds in goeie toestand en word gereeld skoongemaak.

Fotos sal later geplaas word, dit moet eers effe verwerk word.

Groete

Wessel

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/06/2019 - 12:55

.......dankie man, goeie nuus en dinge is darem nie só erg nie !  Ons wag vir daardie fotos.

As ons nie hierdie jaar teenspoed gehad het nie, sou ons ook vandag (10/6) vanaf die Wildtuin by die huis gearriveer het.

My beplanning vir 'n maand-lange Wildtuin vakansie in Mei/Junie 2020 is reeds gedoen en ek doen eersdaags my bespreking.

(Ns.  Ek kyk toevallig nou op TV na 'n heruitsending van Nasie in Gesprek en dit gaan oor sake-bedrywighede daar in jou dorp, Brits.)

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/06/2019 - 14:36

Na 44 aaneenlopende aande in die wildtuin (nog 2 aande oor) moet ek toegee dat dinge in verskeie opsigte 'n BIETJIE agteruitgegaan het - gemeet aan standaarde van jare gelede. Maar ek glo ons kan dit van toepassing maak op baie dinge in ons land. Maar die wildtuin bly 'n wonderlike bestemming.

Ek was in Letaba toe die hiënas die kamp ingesluip het. Maar my mede-toeriste wat teen die heinings kamp en teen alle reëls die hiënas voer, is van die groot sondebokke t.o.v. hierdie probleem.

By Muzandzeni piekniekplek het die toesighouer 'n bejaarde paartjie, wat stukkies van hul toebroodjies vir die alomteenwoordige voëls gegooi het, ernstig aangespreek omdat dit ook ape lok wat sien dat die voëls kos kry.

Hier in Maroela,  waar ek tans is, plaas 'n (op die oog-af) wel-opgevoede man lemoene op die grond teenaan die draad, waar hy kampeer - en put groot genot daaruit dat bobbejane baklei oor die lemoene.

Ablusie-standaarde is in sommige kampe maar 'powerig', maar in andere (soos hier in Maroela - danksy Zondi en sy vrou) is dit puik. Maar ek neem met my eie oë waar dat besoekers dié geriewe deur hul g@tte trek. Ek kuier nou reeds die hele 'gryskop-tyd' hier. Hier is beswaarlik jong mense of kinders. Maar 'n groot persentasie van die gryskoppe weet klaarblyklik nie dat dit etiket is om 'n stort of toilet netjies agter te laat nie.

Die personeel by ontvangs, winkels en restaurante is deur die bank vriendelik en bedagsaam. Die winkels is goed ge-"stock". Ons het in Mopani (3 keer), Shingwedzi en Satara ontbyt geëet. Ek weet nie of my standaarde maar laag is nie, maar ons het elke maaltyd geniet.

Nee wat, die wildtuin is nog steeds 'n top bestemming. Met my ervaring vanjaar, kom ek verseker weer terug as dit my beskore is.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 15/06/2019 - 18:31

Hi Chris  -  ek weet julle is van vandag af oppad terug beskawing toe.  Hoop julle ry lekker en veilig.  Julle 44 dae in die Wildtuin het soos 'n gedagte verby gevlieg en omdat ons gedurende dié tyd min van julle gehoor het, verwag ons 'n lekker-lees-verslag en fotos.  Ons wil alles beleef.

Ons het drie pare vriende wat ook vandag die Wildtuin verlaat en 'n vierde paar het 'n paar dae gelede teruggekom.  Oumens-afslagtyd is mos nou verby !

Ek sien uit om van jou te hoor as julle by die huis uitgepak en skoon gewas is (nie julle nie, maar die wa en toerusting !).

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/06/2019 - 18:58

Ek sal kyk hoe laat die bedrywige lewe hier by Eiland Spa my toe om verslag te doen. As alles volgens plan verloop, bly ons hier tot mid-Sep. Vanoggend uit Maroela weg.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 15/06/2019 - 20:04

O maggies, skoon vergeet julle moet nog die Kaapse winter gaan vryspring by Eiland Spa.

Ons wag geduldig vir jou verslag.