TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74307 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -16 minutes ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -49 minutes ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -2 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -2 hours ago
Dit wil vir my ook so… Geniepsig Voortrekker -3 hours ago
Dinokeng Red Ons Kampeerbedryf Willem Brits -2 hours ago
Geniepsig ... Geniepsig Willem Brits -3 hours ago

c

HetVis ... Neef ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Fri, 12/07/2019 - 19:03
Forums

Ek kyk 147 Kom Ons Braai en wonder wie is die baardman ?

.

Soos ek verder kyk besef ek maar dit is nie Neerf nie, maar wie is dit dan ?

Toe onthou ek maar ek het hulle al gesien.

Ja, dit is ons Kampforum TV sterre.  Hettie en Jan van Velddrif, HetVis, Hettie en Jan.

.
Jan
.
Hettie

HetVis, plaas vir ons die video hier asb.

Vredenburg

HetVis

Sun, 14/07/2019 - 18:49

Ons het nog nie die video gekry nie.  Hulle stuur dit gewoonlik so week of twee na die eerste uitsending.  Sodra ons dit het, sal ek dit laai.

Secunda

Sleep nou

Tue, 16/07/2019 - 07:40

Ek die episode gemis maar nou is julle beroemd lekke man kom vertel ons bietjie meer

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 16/07/2019 - 07:40

OK, ek het ook die program gekyk maar nie besef dit is 'n forumlid nie!   Hulle twee was wel my favourites want hul het die mooiste geaardhede gehad en sy sin vir humor was uitstekend.  Hy het my nogal aan Neef Herman laat dink.

Mooi julle!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/07/2019 - 07:59

As julle die program gekyk het sal julle ook dié onthou.

.

Dit lyk soooo lekker 👍

Dit is nie maklik om 'n foto op die TV te neem nie, want as jy die groen knoppie druk dan verander die TV beeld en kry jy 'n ander foto 😣

Vredenburg

HetVis

Tue, 16/07/2019 - 10:28

In reply to by Willem Brits

Ons het nog nie die video gekry nie, maar sal dit laai sodra ons dit het.  Ons het nie kanaal 147 nie, so ons het dit ook nog nie gesien nie.

Ek het nie kanaal 147 Via nie, ek hoor maar wat die ander mense sien.  Praat jy nou.  Gister kry Jan 'n oproep van 'n vervaardiger wat hom wil gebruik in 'n fliek wat hulle wil maak.  Dit moet seker die baard wees wat so aanloklik is.

Ek was aaangenaam verras ... die gemoedelikheid en sin vir humor het ek en my vrou gereeld laat lag..( en die tannie het die ordentlikheid om vir die gaste te vra of sy kan rook... en hulle stem in min wetende die tannie rook PYP)

Lanklaas so onmiddelik 'n "liking" in persone ontwikkel... dit lyk na goeie mense en ek sal graag eendag as ek in die weskus is hul besigheid ondersteun

Respek