Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
OU SPANNER.
Ou Spanner, die is so in die laat dertiger jare gebore. Was as jong seuntjie lief om saam sy pa in die motorhuis aan die ou karretjie te werk. Gereedskap was sy lewe. Sy pa het soos n snydokter die grote van die spanner uitgeroep, dan het hy hom so onder die motor vir hom aangegee.
Sy pa het hom Spanner begin noem. Sou hul die dag daar doenig raak en hul het klaar gewerk, het die twee van hulle te naar gelyk as hul daar uitkom. Van die olie en stof besmeer. Al wat wit was is hul oë en hul glimlagte met die wit tande. Baie gelukkig met hulself oor die werk wat hul gedoen het.
Dit is ook toe die beroep wat hy gevolg het. Standerd agt uit die skool uit, en as vakleerling begin werk. Hy het n werktuigkundige geword.
Naderhand het hy in n ander dorp gaan werk. In n losieshuis tuis gegaan. Kry die man daar n nooi in die oog. Begin by haar aanlê en dit was nie lank nie toe begin hul opsit.
Ou broer, maar die nooi se pa was n moelike oom. Die opsitkersies was kort. Elke aand, agtuur half nege dan moet hy in die pad val, Saartjie moet werk môre.
Spanner was n maer en skraal outjie. Man maar as hy vir hom nou oordentlik geskrop en gepolish het, sy kuif so met brilcream agtertoe gekam het, dan was hy nou vir jou n aantreklike klong.
Die hele dorp se meisies het agter Spanner gelê. Hy het nogal soos Elvis gelyk. Gin wonder nie. Saartjie het besef, hier moet sy vashou. Teen haar sjarme, en beeldskoonheid, het die ander egter nie n kans gestaan nie.
Die beeldskone Saartjie en Spanner is later jare getroud. Toe kom die kinders, vier seuns. Almal klein spannertjies.
Oom Spanner vertel, hy het hul spanner1,2,3 en vier geroep. Haai, jy jok vir Jors, sê tannie Saartjie. Sy is nog steeds so mooi soos altyd, sê oom Spanner vir my hier waar ek saam hul in n sonkolletjie in die aftreeoord sit. Die son blink in haar grys haartjies, sy dun grys hare nog steeds so agtertoe gekam. Julle is nog albei baie mooi oom Spanner, toe moes ek met n Wederom groet.
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Ons gaan n bietjie na n plaas toe, seine is maar swak daar. Praat weer aanstaande week.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
KRAG, WAAR IS JOU EINDE?
Volgens gisteraand se nuus lyk dit vir my, sommer kort kort. Ja man, natuurlik praat die oom van Eskom se krag eindes.
Het al vir jul vertel hoe kwaad die Ouvrou is oor my "of the grid" wanopvatting. Maak ek hierdie week n Tilley paraffin lamp reg. Hom gerestoreer, juis vir die of the grid ding. n Ander lamp wat dalk aan jul meer bekend is wat omtrent net so lyk, is n Coleman lamp. Jy pomp hom soos n primus stofie op. Hy maak so n blaasgeluid soos n gaslamp as hy nou mooi brand.
Laat dit my aan ou Rondomlelik dink. Rondomlelik het in die tye van hierdie lampe en die longdrops geleef. Hier in die 1905's gebôre.
Volgens ooprlewering het niemand geweet of was Rondomlelik so lelik gebore, en of het hy hom daai nag so rondom lelik geskrik nie.
Blykbaar het hy die ding self vertel, dan het almal hulself doodgelag. Hy was glo lief om dit om n kampvuur te vertel, die vlamme en hout wat sulke vonke skiet het meer effek en atmosfeer aan die storie laat geskied.
(RONDOMLELIK); Dié nag jaag my maag my longdrop toe. Ek gryp die lamp en is daar uit die huis uit.
(Jors): Ou nig en neef, het jy al op TV gesien as hul dragster renmotors so by die wegspringplek warmmaak. Hy woe...woep ......woepp.. woepoep... so terwyl hy vlamme by sy exaust uitskiet.
(Rondomlelik); Dit is n redelike entjie na die longdrop toe waar hy agter in die plaaserf staan.
Ou broer, kyk. Jy kry mos verskillende tiepes nood. Party is daai wat haastig en ongesiens arriveer. Dan kry jy daai wat stil arriveer, maar sodra jy begin beweeg, dan kondig hy sy koms behoorlik aan.
Hierdie een was so n een. Met elke tree wat ek gee praat hy. Soos wat die lamp swaai, steek hy daai gasse hier agterlangs aan die brand.
Swaai hy vorentoe weg, is dit net hy wat die stikdonkerte verlig. Gaan hy agtertoe, is dit daglig.
Is toe nou daar in die gemakshuisie in. Die ou skewe sinkplaat deur wat aan bloudraad skarniere hang was skaars toe, toe sit ek al. Die knalle het die pampoene van die ou skeens dakplate afgeskiet.
Ou broer, nou weet die oom nie. Was dit nou dalk die geblaas van die Coleman lampie wat hom geroep het, of wat nie. En of hy dalk wou kom kyk wat skiet so nie. Of, miskien was hy die heeltyd daar. Sal seker ook nooit weet nie. Die volgende oomblik hoor ek die ou Coleman lampie het n maat bygekry. Toe sie ek eers die swerkater hier nefens my voete lê. Ou swaer, n pofadder. Dukker as my bobene soos wat hy hom opgeblaas het. Blaas hy uit is hy so dun soos n erdwurm. Maak hy sy bek so wyd oop en wys sy tande vir my, dan suig hy homself weer vol lug.
So het ek en hy vir mekaar gesit en kyk, hy so al blasende, tot die ou lampie se fut beginne opraak het. Toe moes die oom eintlik al geweet het hier kom moelikheid. Want die lampie moet nou opgepomp raak. Van daai pompaksie het hy, die pofadder nie gehou nie. Is hy hier teen my been op, laat val ek die brandende lamp op die hoop koerantpapier.
Vir daai ou gemakkie met al sy gasse was dit toe nou die fonk in die vuurvat. Blaas ek alles in hul dinges in. Of ek en die pofadder saam deur die dak is, die weet ek ook nie. Die klippe, en een groot pampoen op die ou skuins sinkplaat dakkie is saam my die lug in.
Die pofadder het ek nooit weer gesien nie. Miskien wou die pofadder kom teel. Die oom glo tot vandag toe, n Tilley lamp blaas soos n wyfie pofadder.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
SPEEDOMAN SE TROUE.
Oom Kaspaas was heel in sy noppies om van my te hoor toe ek hom weer bel. Ek vra hom toe hoe hy daar in die veld sy selfoon ge-charge hou. Nee, sê hy, dit is sy kleinseun se job.
Wat hy doen is, hy laat net n paar leeus daar by die teerpad rondloop en sodra daar toeriste stop draf hy nader met die selfoon en charger. Soos hy altyd n lift bum by n toeris vra hy of hy gou sy foon in hul voertuig kan charge. Omdat hy so n oulike bobbejaan is wat afrikaans kan praat, help hul dan graag.
Hul het ook maar so die selfoon bekom, eendag toe n toeris daar stop, het hy selfoonfoto's geneem. Oom Kaspaas het so by die spieël kom sit en toe praat hy en die ou te lekker.
Daai dag het oom Kaspaas n selfoon persent gekry. Selfs n selfie van hom en die welwillende toeris met sy nuwe foon geneem.
Oom Kaspaas was uit sy velle uit toe ek hom ook vra of hy die seremoniemeester sal wees. Ons gaan hul Venue daar langs die rivier met Speedoman se troue gebruik en Kapaas kan nie meer wag nie.
Hy moes nog net parkeerareas skoonmaak waar die catering trokke en gaste kan stop en nie ver van die tent moet mobiele badkamers gestop kan word.
Met oom Kaspaas nou ten volle ingelig kon ek en hy nou aflui en elkeen kon nou met sy eie reëlings en take begin.
Ek het onmiddelik na die oproep begin bel om ouens te kry om die catering te doen, die enigste vereiste was, dit moes n bos ete tema hê.
Die ouens van die sirkustent is gekontak en gereël. n Firma wat in mobiele toilette en badkamers spesialiseer is aangestel.
n Groot kragopwekker is gereël om krag vir alles te verskaf.
Met geld wat nie n probleem is nie het ek n geheime surprise vir almal gereël wat eers met die troudag openbaar gemaak sal word.
Met al die drankwette was ek verplig om die Kruger se ouens te gebruik om die kroeg te hanteer. Hier was die vereiste dat dit n opelugkroeg moes wees met baie spasie. Ek moes in gedagte hou dat olifante en kameelperde daar moet kan rondbeweeg.
O ja, Speedoman het aangedring dat dit nie n kontantkroeg mag wees nie. Hy staan vir alles in.
So by myself net gedink, gelukkig is sy bankrekening nie so klein soos sy speedo nie.
Ons arriveer toe n paar dae voor die troue om die finale goedjies in plek te kry.
Wat alles vanoggend gebeur het is die volgende. Nee wag, kom ek begin eers by laasnag.
Besluit ek gisteraand ek gaan sommer hier buite die tent onder n boom op my stretcher slaap. Word ek wakker met hierdie luiperd, kon hom nie ordentlik sien nie maar ek het so in die donker darem n klankbaan op die videotjie gekry. Hy was hier reg langs my. Ann het in Onder Sabie gaan slaap, so sy was darem veilig.
Weet nou nog nie of was dit die luiperd wat my wakker gehou het of die opgewondenheid oor Speedoman se troue nie.
Vroeg vroeg was ons op, die chefs is doenig. Daar is vuur gemaak, het julle al veertig skape gesien wat gelyk gespitbraai word. Dit is iets om te sien. Potte en potte pap word gemaak. In n ander groot pot word Sheba gemaak, dit is nou n tamatie en uie sous. Op halwedrom braaiers is ouens besig om bakke en bakke wors te begin braai.
In die mobiele kombuise is ander besig om groentegeregte voor te berei.
n Ander kombuis berei weer net slaaie. Ander personeel maak net nagereg. Hierdie ouens ken van onthaal.
Die kelners is besig om die tafels klaar te dek in hierdie massiewe sirkus tent. Al die ruikers, honderd en vyftig van hulle word na tafels toe aangedra. Die groot ruiker by die hooftafel teenaan die arena.
Die orkes speel n paar liedjies om op te warm en die Kruger se ouens kom met die kroeg se voorraad, ys en n koeltrok met ciders en bier. Enige drankie kan jy maar vra, hulle sal dit hê. Weens die hitte het ons nie die kantseile van die tent opgesit nie. Die luggie trek heerlik deur die tent.
Soos wat dit later raak begin die diere aankom. Leeus, olifante, die groot vyf is almal daar. Wilde honde, hiënas, kameelperde, jy noem n dier in die Kruger en hul is hier. Ou broer, dit is n miernes van bedrywighede. Selfs was hier n klomp miervreter wat seker daarvan gehoor het.
Toe arriveer my surprise vir julle. n Konvooi trokke. Trokke en trokke van Fruit and Veg. Trokke piesangs, lemoene, pawpaws, van alle vrugte wat in n diere dieët is, is daar. Vleis trokke vir die vleisvretende diere. n Paar trokke met lusern bale vir die gras en blaarvreters. n Trok met dierepille, voëltjiekos, meel en mielies. Die meeste van die voorraad is geborg deur instansies en diereliefhebbers. Dit alles om dankie te sê vir oom Kaspaas hul en al die diere.
Daar is nou regtig iets vir almal.
Drinkbakke met maroelabier. Maroela mampoer wat ou Kaspaas daar by sy boskroeg gestook het. Ou broer gallons en gallons van daai goed. Die ope kroeg is ook vir die diere beskikbaar. Die diere het n fees soos wat almal daar saamkuier.
Die mense kom in hul hordes aan en begin hul sitplekke inneem. Ander staan rond en kuier. Hulle verkyk hul aan die diere. Daar kom selfs mense met helikopters aan.
Die mense is uitgevat. Meeste mans het sulke Tarzan broekies aan, die vrouens sulke vel skirts en bloesies. Van die vrouens met hoedjies, ander met pouvere. Volstruisvere is ook gewild. Party mense se klere is van goingsakke, ander van bruin leer. Party het klere van dierevelle. My broek is van n skaapvelletjie gemaak. So was daar nog baie ander wat ook dieselfde gedink het en ook skaapvel uitrustings dra. Daar is mense met plakkies, ander bootse.
Intussen het oom Kaspaas sy werk as seremoniemeester begin doen en almal nadergeroep, baie het uitbeweeg om na al die diere te gaan kyk. Hy sê die mense moet hul self help aan n koel dingetjie, en dan hul plekke kom inneem vir die verrigtinge.
Die bruidegom arriveer met n donkiekarretjie wat deur twee zebras getrek word. Hy klim af, hy het sy luiperdvel Speedo aan wat spesiaal vir hom laat maak is. Hy is die ene glimlagte. Oom Kaspaas het intussen nader beweeg na hom en so met sy sweep geklap. Onmiddelik het twintig leeus n erewag by die tent se ingang gevorm vir hom. Toe hy so tussen hul deurloop het hul so regop op hul agterpote gesit. Hy het sy plek naby die preekstoel ingeneem.
Op die kop tienuur kom die bruidsmotor aangery, dit is oom Ben en Babsie se boomstomp motor. Oom Kaspaas klap weer n paar maal met sy sweep en twintig olifante vorm ook vir die bruid n erewag. Die orkes speel die troumars en sy beweeg in. Sy is getooi in spierwit volstruisvere wat ek aanneem aan n rok vasgewerk is. Sy lyk pragtig. Aan haar voete het sy fyn leerplakkies met sulke riempies wat oorkruis aan haar kuite gebind is, ek dink dit is baie stylvol.
Ou Willie bring haar verder in met Pollie wat genotvol op sy skouer sit ek kwaak.
Van hier waar Speedoman, ek en die predikant by die preekstoel staan is dit n pragtige gesig om hul so aangestap te sien kom.
Ou Speedoman pik n traan en die goeie vriend en strooijonker wat ek is offer ek hom n sakdoek.
Speedoman en die weduwee het toe na die preek hul troubeloftes afgelê en as pas getroudes gestap na die hooftafel, dit alles onder n handeklap van die mense. Die olifante het trompetter, die leeus het gebrul, al die diere het hul in hul onderskeie klanke toegejuig.
As seremoniemeester het Kaspaas hul asook almal teenwoordig verwelkom.
Almal het heerlik gekuier. Oom Kaspaas kondig toe soos n ringmeester aan dat hul as diere vir ons iets gaan wys.
Hul bied vir ons daar n ordentlike sirkus aan, kompleet met daai afwagtende musiek wat klimakse in n optrede so laat opbou, jul onthou seker nog daai drommer wat al vinniger sy dromme so slaan.
Die mense is in vervoering. Tussendeur het die kelnerinne die mense tafel vir tafel geneem om te gaan opskep.
Die gaste het heerlik ge-eet. Die diere het self lekker gevreet aan hul kos. Na ete is die arena skoongemaak en het die mense begin dans.
Dit was n heerlike troue en ons moes klaarmaak dat die mense kon uit en in kampe in die Kruger kom voor die hekke toemaak. Van die gaste wat ingevlieg het, het ook begin vertrek.
Ek en oom Kaspaas het met tranerige oë afskeid geneem van al die gaste. Veral toe Speedoman en sy bruid ons kom bedank was dit n tranedal.
Ou broer, wat vir n troue was dit nie. Die grootste een wat ek nog ooit op was.
Vreugde en vrede vir jul elkeen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
SPOOK ASEM
Ag, voor ek nou die spel polisie so vroeg in die oggend ontstel, eķ het hom aspris so los gespel. Julle sal later verstaan hoekom. Almal ken mos spookasem, maar wag ek wil nou nie die storie vooruit loop nie.
Vanoggend vat ek jul terug na die middel sewentigs toe.
Daardie jare ry ek so n Datsun 1200 de Luxe karretjie. Wingat boetie. Blink mags, vet tyres met n 8 Track Tape, die toetie. Beatles, Fleetwood Mac, Bee Gees en nog n klomp van daai tyd se musiek in die musiek tassie wat agter op die seat lê.
Orkney begrafplaas was die plek waar die manne die girls gaan bang maak het met hul spookstories, en dan na die tyd styf kon vashou. Kamstig met "ek sal jou beskerm"
Nee kyk die manne het met baie planne vorendag gekom daai jare. Dan het die vashouery in n vryery ontaard. Hoe nou anners.
So was dit ook die aand. Ek en n pêl, hy met sy Volla, het twee girls van Klerksdorp vertel dat dit by Orkney se begrafplaas spook. Die is so tussen Orkney en Klerksdorp geleë. Hy lê so langs die pad. As jy indraai na die begrafplaas, op n sekere hoek, dan kan jy hulle sien daar tussen die grafstene. Nou net daar, daar stop jy en kan dan alles sien wat die spoke aanvang.
Party keer lyk dit of hul baklei, ander kere is hul weer meer liefdevol teenoor mekaar, of so lyk dit
in elk geval. Eintlik kan jy hul nie duidelik sien nie, dit is n kleurespel wat jy sien. Na ons hul getroos het wys ons hulle die trick. n Ent terug op die horison is n inry, die se kleure en lig weerspiël teen die blink grafstene. Van daar die spoke. Lag ons te lekker oor hul so bang was.
Hy en die meisie is toe daar weg en ek vat toe ook weer die enetjie wat saam my was terug Klerksdorp toe. Nou moet ek weer dieselfde pad terugry Orkney toe waar ek in die enkelkwartiere gebly het.
Dit was seker so elfuur toe ek uitry uit Klerksdorp. Net buite die dorp, is daar n skerp draai in die pad en my ligte val op iemand. Staan daar n meisie wat ryloop. As dit n man was sou ek dalk nie gestop het nie. Ek kon tog nie toelaat dat die meisietjie in die nagtelike ure hike nie, netnou tel die verkeerde ou haar op en daar gebeur iets slegs met haar.
Stop toe, ja sê sy sy gaan Orkney toe. Man maar dit is n mooi kind. Die bloed pomp sommer vinniger. Sy het so n witterige minitjie aan. Donker lang hare. Blink lippies. En ek sê, hop in ou girl.
Toe sy hier neffens my sit ruik ek spookasem. Julle weet mos hoe ruik spookasem. Hy het mos so n lekker reuk. Naderhand ruik die hele kar so. Lekker man, lekker sê ek jou.
Dit blyk toe te wees dat sy by haar ouers bly en dat sy oppad is huis toe. n Baie aangename meisietjie en ons gesels te lekker. Nou ry ons weer by dieselfde begrafplaas verby, was eers lus en draai daar in, maar met die wat die inry al toe is weet ek dit gaan nie meer spook nie. Ek vertel haar van die spoke daar en sy lag te lekker. Nee, sê sy, van dit kan ek haar niks vertel nie, sy ken van spook.
Stop ons voor hul huis en ek klim uit om saam haar in te stap. Nee, sê sy, sy wil nie hê haar pa hulle moet wakker word nie. Ek sien haar by die hekkie af. Draai sy na my, sit haar arms om my, gee my n drukkie en n soen op die wang. Sy voel so sag en met haar lippe hier op my wang ruik ek weer die kenmerkende heerlike reuk van spookasem. Met haar in die erf maak ek die hekkie toe, sy sê dankie en leun so oor die hekkie en gee my n soen op die mond. Maar julle weet, dit is van daai soene wat n ou sal onthou, hy brand nie maar hy is warm. Ag man ek weet ek hoef jul nie te vertel nie, julle weet wat ek beduie.
Met n Baai, draai sy om en stap weg. Vir n sekonde was sy nog daar en toe is sy weg. Kompleet gelyk asof sy in miswolk instap. Weg soos in weg, daar is niks. Alleen staan ek voor n wildvreemde huis in die middel van die nag. Daar is niemand naby nie. Ek maak die hekkie oop en stap in tot by die voordeur. Die huis staan dol leeg.
Met koue rillings wat soos weerligstrale teen my rug afslaan ry ek daar weg met die reuk van spook asem in my neusvleuels. Daai nag kon ek nie slaap nie.
Wat n nag ou broer, wat n nag sê ek jou
Daai reuk kon ek nooit uit daai karretjie uit kry nie. Het hom later so verkoop.
Vertel ek die ouens by die werk van die ding. Hulle vertel my van die meisietjie wat jare gelede op daai selfde draai verongeluk het. Tot vandag toe sien mense haar daar op daai draai. En ja, sy is ook in Orkney se begrafplaas begrawe. Haar ouers het in daai huis gebly. Hulle het getrek. Sederdien wil niemand daar bly nie. Dit spook glo daar.
Ou broer, nou weet ek jy gaan my nie glo nie, ek het nou net weer haar lippe op my gevoel en ek ruik spookasem of is dit dalk n spook se asem. Brrr, my nekhare staan nou skoon regop soos my hond sin.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
DIE LEKKENDE DAK.
Kyk, laat die oom jou nou vertel, dit is n ding wat moeilik is om op te spoor, n daklek. Hy staan mos dooikant en lek, en dan kom drup hy deeskant. Waar soek jy hom nou. Klim jy op die dak, het jy geen idee waar hy lek nie.
Die ander probleem is, ek sê altyd, as jy oor veertig raak, mag jy nie meer val nie. Het al van van te veel ouer manne gehoor wat of van n leer of van n dak af geval het. So kry ek toe n ou wat ek al jare ken, n kleurling bouer, om die dak se pap en lap vir my te kom opknap.
Hy begin toe op die dak, nou is die oom teen sy beterwete kort kort daar teen die leer op, klim op die dak, en gaan kyk dat hy goed werk.
Ons huis se dak is in 11 valle. Nou hoor ek maar hy praat van valleys en perdeputte.
Ewenwel broer, kom hy vanoggend sewe uur hier aan. Man Bethlehem is koud vanoggend, die ryp lê spierwit. Praat nogal so oor die koue. Sê hy, hy dink hy het die plek gekry waar die water inlek, n dakteël met n haarlyn kraak, bo naby een van die nokke.
Plaas los ek my nuuskierigheid, maar nee, nou wil ek loop kyk op die dak. Plaas het ek ook eerder eers vir my die regte klere en skoene gaan aantrek vir die trippie, maar nee. Met die wat ek nou net opgestaaan het is ek nog in my winterpajamatjies, rooi komberstof japon met my lekker warm skaapwol pantoffels. Die is ek ingetooi.
Nou is ek daar teen die leer op in my amper superman gewaad. Met my eerste paar tree op die dak, toe weet ek, ek sal moet mooi trap. Hy is so witterig van die ryp.
Iedergeval, ou nig, wil ek toe vir die ouvrou daar bo van die nok af n foto neem, sodat sy nou kan sien hoe dit lyk.
Nou weet die oom nie, het hy sy voete geskuif na n paar fotos, om n beter angle te kry nie, of het ek hul geskuif om n beter vastrap plek te kry nie. Iedegeval, gly my voete en daar val ek toe plat op my alie. Nou is ek daar so sittende teen die skuinste af. Nou weet jy seker hoe lyk dakteëls, hulle het mos die rondings.
Ou broer nou is een van daai rondings net so mooi in die "valley" van die oom se boude, hier van voor tussen die bene tot agter uit. My ou maat, dit is soos n rollercoaster spoor, hy hou nou vir my in lyn.
Nou is dit ek en die afdraande, nes ek dink ek verminder spoed vang ek n rypkol en vermeerder weer spoed. Laas so geskree as kind op n rollercoaster. Jy weet mos hoe werk n trein se brieke so op sy wiele. Dit is staal op staal. Nou net so knyp ek met my boude daai teel se riffel vas so tussen hulle. Hulle skree.
Teëls se afwerking het mos so asof hy n growwe sanderigheid het, ou broer skuur daai goed my pajamabroek deur, toe is dit nou regtig n gemors. Nou is dit daai skuurpapier op vlees.
Ek sien die einde van my spoor kom nou vinnig nader, toe vat ek nou al gillende vir hom oordenlik vas met die boude. My japon se rooi pante hang soos superman se suit agter my in die wind.
Neef, stop ek daai weghol vrag op die rand van die dak. My bene hang soos Humpty Dumpty se bene van die dak af.
Daar het hul die leer toe onder my kom inskuif. Man die ouvrou moes mooi praat. Ek was te bang om die brieke te laat skiet.
Nou het die dak 12 valle, as jy myne by tel. Sit ek so seerboude later en dink oor die saak. As ek nou aambeie gehad het, was hul nou redelik goedkoop verwyder. Maar nou ja wat, eerder brandboude as gebreekte bene.
Vreugde en vrede vir julle.

Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
HUGO, BEL DIE PYNPOLISIE.
Ou broer, staan jy nou in die oggend op en daar het n pyn bygekom. Dan roep jy nou die Pynpolisie in. Hulle moet nou kom vasstel waar kom die ding vandaan.
Ja, hulle werk baie dieselfde as ons polisie. As daar pyne wegraak, ondersoek hulle dit ook nie. Hulle werk baie meer soos die belastinggaarder, as jy kry, sal hulle dit ondersoek.
Maar hierdie keer is dit n vrou, by name Adj. Ann van Heerden wat die saak kom ondersoek.
Nee man, kyk, die saak werk eintlik so, laat ek by die begin begin. Vanoggend word ek wakker met n rug aan my. Ja man, ek weet ek word elke oggend wakker met n rug. Ek bedoel eintlik met n pyn wat bygekom het. Nou weet jy, as jy nou rugpyn het begin jy anders loop om die pyn te probeer voorkom.
Is ek nou vanoggend daar gang af, loop so half en half met een graad 3 been, en een graad 12 been. Dit is nou een kort en een lang been. Het al menigmaal vir die vrou gesê ons moet die bloemen los matjies in die gang weggooi.
Haak daai graad 3 been, dit is nou die kortetjie aan daai matjie. Ou broer, jy moes dit kon sien. Het jy al n graad drie teen n matriekulant gesien resies hardloop as hul aanmekaar vasgemaak is. Hulle moet mos nou gelyk daar aankom. So is my bene, een met kort treetjies en een met lang hale daar gangaf. Oom Paul en die Bloedrivier portretjies saam met die uniegebou van die gangmure afgeklap.
Die bloedrivier een het om my nek vasgehaak en so voor my bors bly hang. Lyk kompleet soos n boemelaar bordjie. In die kombuis net net tot stilstand gekom. Met my arms so vooruit om te keer om trompop in die countertop vas te hardloop. Met die laaste drukslag terseldertyd die koffieketel aangeskakel.
Vat toe vir die Ouvrou koffie, en nou die portret om jou nek, sê vra sy, moet nou nie vir my sê jy is nou weer n Voortrekker vanoggend nie. Vertel toe vir die Adjudant daarvan, van my rug en die matjie.
Nou ondersoek sy die saak so lêende, met n koppie koffie wat ek in pyn vir ons gaan maak het.
Dan word jy mos ondervra. Sommer ook dadelik beskuldig. Nou sê sy, dit is van jou creeper ryery laas week. Of nee, dit is van jou dakklimmery toe jy amper afgeval het. So word ek nou van allerhande dinge beskuldig. Tot gesê, jy moet vir jou warmer aantrek, dit is winter. Trek sy sommer die komberse tot so tot diep onder haar nekkie in.
Toe ek noem van iets wat ek vir haar gister van die bakkie moes afhaal, kry ek hierdie antwoord, "kan nie dit wees nie, hulle was nie eers swaar nie." Asof sy nou sou weet, Game het dit vir haar opgelaai, en ek het dit afgelaai.
Nee ou broer, dit is n hopelose saak. Het toe maar net opgehou praat daarvan, toe is die saak gesluit. Is dit nie ook maar so in die hedendaagse sake nie.
Die oom het toe darem weer al die ou potretjies op hul plekke loop hang, so met die een graad 3 en een graad 12 been. Moes so op die graad 12 een staan om by te kom.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
ONS STAMP KOPPE.
Vanoggend wil ek oor iets anders gesels, "GEWIG"
Ou broer, moenie dat iemand jou vertel n kg vleis weeg dieselfde as n kg water nie. Dit is nou n liter water om presies te wees.
Nou het die oom al gehoor van soortlike gewig. Dit is nou waar die digtheid ook in berekening gebring word. Praat hul van soortlike gewig of SG.
Man, kom ek jou nou sommer prontuit vertel, n oumens se boude weeg baie swaerder as n jong mens sin. Kyk net n bietjie hoe sukkel n oumens om sy agterend te lig. Jong mense sin is baie ligter. Tjop tjop is hul regop. Miskien is dit die gewigverspreiding waarvan die caravaners so van praat, anders begin die ou caravantjie mos so swaai, praat hul mos van so n ding soos jackknife. Kampeerder sal jou vertel jy moenie jou gewig agter in karavaan te swaer maak nie, dit sal maak dat sy gat rondswaai.
Nee jong, as n oumens se gewig eers in die agterstewe gaan sit het, het jy moeilikheid om dit weer in die lug te kry.
Hou ons maar dop, ons gaan sit nie, ons val in die gestoeltes in. Om ons weer regop te kry is n ander storie. Skuif mos eers so vorentoe op die bank of stoel.
Nou begin jy jou bolyf soos n onderstebo pendulum van n Grandfathersclock so vorentoe en agtertoe swaai. As jy goeie momentum opgebou het, jackknife jy nou mos heelemal, gooi jou kop so tussen jouse kniege in om te counterweight, onse koppe moet mos eers laag sak om onse agterstewes in die lug te kry. Eers dan kom ons so in paaiemente regop.
Ou broer, dit is nou hier waar jy versigtig moet wees, veral as daar mense is, want daai opdruk is baie dieselfde as n toilet se afdruk. As jy nie mooi knyp nie, staan jy met n "blast" op.
Dit is ook n fyn kuns om dit reg te doen. As jy nou jou kop te vinnig vorentoe gegooi het, kom jy te vinnig regop en met die wat sy momentum so hoog is bly jou stilstaande bene nog stil, terwyl jou kop nou horisontaal vorentoe vlieg. Dan kan jy nou aant holle raak en die sitkamertafeltjie kan in die slag bly.
Een aand kuier ons en vriende. Ons wil opstaan uit die stoele uit om vir ons n ou versterkingkie te gaan ingooi.
Dit is toe nou net mooi wat met my en die vriend gebeur het. Oumense se stoele, sal jy sien, staan ook regoor mekaar waar hul kuier. Anders word hul nekke seer as hul die heeltyd links of regs moet kyk.
Sê ek, kom ons gaan gooi vir ons n ietsie in. Begin ons gelyk hierdie opstaan proses, so regoor mekaar. Ou broer, jy gaan my nie glo nie, met dieselfde vorentoe swaai kom ons gelyk so kop omlaag uit ons stoele uit wat regoor mekaar staan en raak albei aant holle. Reg bo die sitkamertafeltjie is ons kop aan kop in n botsing.
Breek ek darem die ys en sê "Cheers, laat hy val waar hy wil, op nog vele kopstampe"
n Gewigtigde saak man, n gewigtigde saak, sê ek jou.
Die volgende oggend was my kop so seer, ek dink dit was van die koptampery.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
GESKIEDENIS.
Ou broer, is dit nou vir jou n ding wat baie verander het die laaste klompie jare. Op skool ook, dit smaak my die boeke word daagliks aangepas, so verander die dinge.
Bel ons skoondogter nou een dag en sê dat ons kleinkind nie leer nie. Die juffrou sê dat hy swak gedoen het in n toets. Die vraag het gelui, noem drie uitstaande eienskappe van Nelson Mandela. Hy antwoord toe so, in een sin. "Hy was oud, hy was jonk, en hy was in die tronk".
Oupa wou hom dood lag, lag ek myself in n hoesbui in. Nodeloos om te sê, hy het nie punte gekry vir sy antwoord nie.
So laat dit die oom toe ook aan ons dink, ons was jonk, nou is ons oud en amper geskiedenis.
Ek is nie baie lief vir shopping nie, eintlik glad nie lief daarvoor nie. Om so rond te loop tussen rakke en goed te soek, staan my nie aan nie. My rug breek omtrent af. Dan gaan sit ek eerder op een van daai bankies in hul breë wandelgange. Kan ek my nou verkyk aan die mense.
Dit is nogal n moeilike besluit om te maak in watter rigting jy wil kyk. As jy nou gangaf kyk. Gaan daar iemand verby, dan wens jy jy was omgedraai, dat jy kon sien hoe het hul gesigte gelyk.
Kom hul eerste met hul gesigkant, wonder jy hoe lyk hul van agteraf. Kyk jy in die winkel rigting, stap ouens weer agter jou verby. Net nou die dag sit ek weer die mense so en kyk. Ek kyk gangaf.
My ou maat, ek skrik my morsdood. Hier kom n trollie in my rigting, gelyk vol gepak met kruideniers. Maar daar is niemand wat hom stoot nie. Ook niemand wat naby hom stap nie.
Toe hy nader kom sien ek n vrou se kop bo op n Post Toasties boks lê, bo in die trollie. Ek dog dit spook helder oordag in die mall. Gaan die trollie toe voor my verby. Toe sien ek nou wat hier aangaan. Dit is n bejaarde tannie, nie veel ouer as ek nie. Sy lê plat op die trollie, met haar kop op die Post Toastie boks. Haar buuste druk so hier in waar die kindertjies gewoonlik in die waentjies sit. Sy is nogals groot, vir my baie na n tweeling gelyk.
Toe sy verby is, is al wat jy weer van agteraf sien, hierdie twee boude wat in hierdie rek jeans ingeprop is. Dit lyk regtig of dit net n onderlyf is wat die waentjie stoot. Selfs hulle het ook na n tweeling gelyk.
Nou kyk, die oom sukkel self met sy rug, maar ek weet nie hoe gaan sy hom ooit weer reguit kry nie. Sy sal moet push-ups doen om haar bolyf weer bo te kry, en dan sal haar onderlyf onder die bolyf moet instap om alles weer in lyn te kry.
Was eers lus en stap agter haar aan om te gaan kyk hoe sy al die parte weer op die regte plekke kry, maar ek was bang die Ouvrou kom uit en dan is ek weg. By dieselfde Mall het ek die anderdag n koplose man gesien. Daar gebeur snaakse dinge by n mall.
Die koplose man was toe die heeltyd, so kop onderstebo doenig met sy foon.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende.
MASKERLOOS.
Ai....ja ...jaai. Man is daar nou groot vreugde in die land oor die ding dat ons nie meer maskers hoef te dra nie. Nou lyk ons darem nie meer soos n spul crooks nie.
Ou broer, loop ek gister toe iemand bekends by die koöperasie raak. Het die man nou vir jou oud gesta en raak so agter die skerms in die covid tyd. Hom amper nie erken nie. Nou weet die oom nie so lekker nie, miskien verbeel ek my, maar is dit nie asof almal se tande nou so half en half geel gesta en raak het met die maskers nie. Let net n bietjie op hoeveel geel smiles sien jy nou. Sal sweer almal het intussen begin te rook.
Of altemit het hul opgehou tandeborsel met die dat hul maskers moes dra. Net so, noudat ek daaraan dink. Kan jy nou dink wat se straf dit moes wees met so n asem agter n maskertjie. Hoeka gesien die mense in rye, staan nou baie verder van mekaar af sonder maskers as wat hul met maskers gedoen het. Seker maar daaroor, hoe dink jy?
Ek dink, al wat die goewement moes gedoen het is tandepasta en tandeborsel verbied het, dan was almal ver van mekaar af. Maar ja, vrotasems nou eers daar gelaat.
Kyk ek gisteraand nuus, kondig hul toe nou die maskertjies se nie dra nie, aan. Direk daarna sê hul dat daar nou n eerste geval van "Monkeypox" in Suid Afrika aangeteken is.
Nou is die oom dom met die goed. Eers die Vlermuis siekte en nou Aapsiekte. Hy word nou oorgedra deur, nee nee nee, wag laat die oom nou liewer nie daar gaan nie. Netnou word ek deur die mense gestenig en wens hul my een en n ander Klipspringer siekte toe, as n mens nou so iets kan kry.
Ek weet nie of dit verband hou met Aids nie, die het hul mos gereken kom van bobbejane af.
Maar in ieder geval, as die Kopdoek tannie nou seker n aanbeveling moet maak, dan gaan almal nou kurkproppe en kuisheidsbelde moet dra. Ou broer, kan jy jou indink hoe dit gaan lyk, al die mense met n koddige stappie met kuisheidsbelde aan. Ek dink dit gaan genoeg wees om dan maar weer n ou maskertjie te dra, uit skaamte natuurlik, nê. Die vlermuis siekte het jy glo ingeasem, die een werk nou weer anders. Kyk nou maar net ook met die varkgriep gedoente.
Kry n mens dan nou nie meer mens siektes nie? As ek die ding so kyk, gaan ons een van die dae almal veearts toe as ons siek raak. My broer se kind is n veearts, moet tog vir die kind vra of kry varke nou mensgriep? Vra ek jou nou, hoe lyk n bobbejaan wat aan stress ly?
Ek moet tog weer n slag vir oom Kaspaas in die wildtuin gaan kuier, net om ook sy mening te kry.
Ou Nig, hul vertel mos ons stam van daai kant af, so miskien is dit nie verkeerd om te sê iemand is n aap nie, of hul is n klomp bobbejane nie. Dink ek nou weer aan "Planet of the Apes".
Nog n ding, wat ek nie lekker die kloutjie by die oor kan kry nie, sien ek nou die dag dat Engeland politieke vlugtelinge invat, maar hul het glo n ooreenkoms (seker maar geld) om hul Rwanda toe te stuur om daar te gaan bly. Rwanda van alle plekke.
Kyk ou broer, ek is n aap, en ek is n ou aap, maar daar wil ek nie bly nie.
AAPGROETE
Vreugde en vrede vir julle.
(Google foto geleen)
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende.
KOM ONS PRAAT KOPSAKE.
Ek wou eintlik vanoggend oor n heel ander storie geskryf het, maar het so pas besluit ek wil met jul oor heeltemal iets anders gesels. Kopsake.
Het jul al vertel, maar kom ek vertel jul maar weer.
Kyk n mens is mos n verskriklike stupid ding. Ons, en nou praat ek van mans en vrouens, se koppe vat mos nie aldag lekker nie.
Ek maak eers vir jul n lekker koppie koffie. Ek weet dit is nou eers net na 5 in die oggend, maar gaan jul omgee as ek vir myself nou n driedubbelle whiskey ingooi. Terwyl jul nou rustig met n warm beker koffie sit is ek lus en down hierdie glas nou.
Kom ek vertel jul nou wat het aanleiding gegee dat ek vanoggend n wrak is.
My flukse vroutjie spook mos met allerhande goed. Sy hou so vier vyf keer n jaar n mark. Ann se Huiswinkel Mark noem sy dit. Haar huiswinkel is altyd in bedryf, so n deel van die huis gebruik sy om te woeker met haar talente. Nou kyk dit is so drie dae grappie, die markte. Dan kom die kliënte in hul getalle hiernatoe om te kom koop. Hier is uitstallers in die tuin, in die garage, onder die afdak en hy is groot, daar kan so vyf karre onder hom inpas en nog die karafaan ook. Kamp sommer as ek lus is ook sommer onder hom. As my kampmal kop my los, draai ek die karafaan dwars onder die afdak en slaan sommer die tent ook op, alles onder die afdak.
Man dit lyk naar. Die vrouens is besig om my mal te maak. Hulle klets mos aanmekaar.
Kyk, dan is ek mos nou die selfaangestelde sekuriteits streep karwag. Ek help ook om alles by die kliënte se karre te kry. Dra hul pakkies en aankope vir hulle.
Dit is nou vir jou n ondankbare werk, ek het nog nie een tip gekry nie. As ek kla sê Ann, dan weet sy die mark is n sukses, hulle beursies is leeg, hul het nie meer geld vir n tip nie. Asof dit my nou moet laat beter voel.
Ek weet nie lekker hoe meet n ou een ou se sukses teenoor n ander ou se verlies nie.
Maar dit nou daar gelaat. Deesdae moet n ou maar versigtig wees, so die hoof van sekuriteit (ekke) het n paar dinge gedoen om dit vir almal veiliger te maak.
Dit is redelik veilig hier, maar n ou weet nooit. Gaan slaap ek die aand gaan ek eintlik net in nagwag "mode".
So was dit ook laasnag. Ek slaap maar slaap ook nie eintlik nie. Jy drift mos net so in en uit die slaap.
Word ek vanoggend wakker, so teen twee uur. Drift weer net so weg. Skielik hoor ek iets. WAT WAS DIT? Lê en luister, hoor nie weer iets nie. Nou skop daai stupid kop in.
Is daar iemand besig om iets te steel by die uitstallers se stalletjies buite die huis. Lê fyn en luister. Miskien moet ek maar gaan kyk.
Vat die nege mm pistool en staan op in die donker, sit net die ganglig aan. So beweeg ek deur die huis, niks nie. Beweeg in rigting van Ann se huiswinkel so in die semi donkerte met die vlou ganglig ver in die agtergrond, pistool so voor my uitgehou.
Wat se flou lig skyn so in haar winkel, daar is ook beweging hier voor. Skielik is hy hier reg voor my, die blik....Ek skrik my g... af. Net voor ek die sneller wil trek loop ek in die glas skuifdeur vas wat Ann toegertrek het. Hy staan altyd oop. Nou is hy toe.
Amper skiet ek my refleksie met ruit en al in hulle se moer in.
Ek staan daar en bewe.Toe sit ek al wat n lig is aan, die buite spotlights ook. Alles so deurgekyk, maar alles is wel.
Ek is n bleddy wrak. Sondag gaan ons Marloth Park toe. Ek moet nou op vakansie gaan.
Gooi nog n koffietjie vir jouself, maak daai whiskey van my nou net so vyf vingertjies jong, ek moet nog die kliënte se karre gaan oppas.
Vreugde en vrede vir julle, en wees veilig.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
AG, HET MEVROU NIE VIR MY N PAAR RANDJIES NIE.
Ou Broer, nou hierdie glo ek het julle seker al almal gehoor. Dit is net die aanspreekvorm wat verskil. Uit die aard van die saak kan dit Meneer word. Jong dametjies weet weer waar lê ons oumense se liefde en benader dit weer met n ander inslagspunt.
Môre oom/tannie, pluk dan n verrimpelde fototjie van n kleine kindjie uit wat verwese na die kamera staar. En sê vra, het oom nie vir my geld om kos te koop vir my kind nie.
Hier by ons is weer n bejaarde dame wat die dorp bewandel, wat altyd geld bedel vir die geld wat sy kwansuis vir haar voorskrif kort. Noudat almal haar en haar pil afhanklikheid ken, teiken sy die GP en N registrasie voertuie by die vulstasies.
My broer vertel weer van n ou wat by sy huis aankom omdat hy altyd ietsie te eet daar kan kry. Soos dit n goeie bedelaar met broederliefde betaam het hy sy vriende van die huis vertel. Nodeloos om te sê, daar is nou gereelde besoekers.
Vertel iemand gister dat sy vir kinders in die Kaap gaan kuier en sy gaan bus ry. By die bushalte in Pretoria wag sy vir haar bus. Daar kom n dametjie en sê, het tannie nie vir my R600 vir my kaartjie Durban toe nie, of net die helfte sal ook al help. Haar ma is siek en sy wil dringend daar kom
Die man langs haar sê vir haar, mevrou, gee jy die helfte en ek sal die ander helfte gee. Wat sy toe ook doen. Dadelik haal die man ook sy beursie uit en gee sy deel, ook R300.
Die Durban bus vertrek eerste en wie klim saam saam op die bus? Die paartjie wat haar pas uit haar pension geldjies beswendel het.
Ou Sus, nou moet ek klaarmaak, airtime is duur. Julle het nie vir my ook n paar ou randjies wat nog oor is in jul beursies nie. Myne is nou ook al leeg soos wat die ouens my ook maar vang. Elke keer sê ek, dit was nou die laaste, elke keer vang iemand my.
Vreugde en vrede vir julle.





Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
KOM KUIER IN DIE OOS VRYSTAAT.
Laas week al vir die Ouvrou gesê ons moet n bietjie weer Clarens toe gaan. Die rede, omdat dit so mooi is daar, veral nou in die herfs.
Ry ons toe Satersdag soontoe, van Bethlehem af, n kettieskiet ver, dit is nou so bietjie verder as n klipgooi ver. Te perd seker so twee drie ure, so terwyl ek nou van hulle gaan praat.
Ou broer, as jy kan kom, doen moeite, dit is dit werd. Hier vergeet jy van hoë petrolpryse en van dit wat jou bloeddruk opstoot. Man, eintlik moet die ouens my betaal om hul dorp so te promofeer. Ek dink nie daar is n plek in Suid Afrika waar daar soveel eet en kuier plekke per vierkante meter tussen klowe, berge en herfsblare is nie.
Maar nou moet ek jul eers vertel. As jy nou ingedraai het Clarens toe dan kom jy by n sirkel, in armytaal kom jy so by ses uur in. Nee, wag laat die oom dit anders doen dat jul dit mooier kan sien en verstaan. Kyk jy moet nou die ding mooi kan sien.
Weet jy hoe lyk n perd as jy nou reg agter hom staan. Jy sien mos hierdie twee groot ronde boude. Jong nee wag, ek gaan nou eers anders moet beduie sonder om nou heeltemal die storie byster te raak.
Kyk ek is self stewig, dra n 42-44 jean. Dit is nou as ek hom in die hande kan kry. Hul maak mos die goed deeske dae net vir maer mense. Waar die swart dames hul in die hande kry, die weet ek nie. Maar die oom het nou al van hulle gesien wat in daai broek ingedruk is, hoe hul gaan uitkom weet net hulle. Kyk, dan sit hy nou vir jou styf, soos n tweede vel. As jy dan nou so opwaarts teen die bene opkyk lyk dit soos ons paaie, so vol slaggate. Die een pothole op die ander. Dink hul noem dit een en ander sateliet, nee help die Ouvrou my reg, dit is selluliet .
Ewenwel, kom ons by die sirkel. Daar is n klompie mense by perde, daar kan jy nou betaal dan ry jy met die perd om die sirkel. Ons het n vorige keer die kleinkinders laat ry, dit is hoe ek dit weet.
Toe ons so aankom, teen n slakkepas, want Clarens is besig, en ons draai in die sirkel in, toe staan hierdie perd met sy gat na ons toe in die pad. Die helper wat die perd lei probeer hom uit die pad uit kry.
Ek sien net hierdie perd het vier boude. Vier grotes, my maat. Twee bruines onder, en twee bloues reg bokant hulle. Hy staan met sy bene weerbarstig ver uitmekaar soos hy vaskop. Kompleet so stil soos Oom Paul van ouds se standbeeld, staan hy daar. Langs sy lyf af hang twee boomstompe wat hom in n stoeigreep knyp probeer vasknyp.
Toe ons uiteindelik verby kan kom sien ek hierdie groot dame. Sy het hierdie perd van agter af omhels, hier om sy nek probeer sy hom beetkry. Sy klou vir lewe en dood. Haar spierwit oë is groot oopgerek en sy praat skree in n swart taal, maar aanmekaar. Die ander wil hul doodlag vir haar.
Hoe hul haar daar opgekry het weet ek nie. Hoe hul haar weer daar af gaan kry weet ek minder. Ek weet net as sy afval en sy val jou raak is jy morsdood. Wat n gesig.
Ons het toe nou lekker daar rondgehang in Clarens. Ietsie gaan eet en weer terug gekeer huis toe. Kon darem vir jul n paar fotos neem. As die oom nie op daai staduim bestuur het nie sou ek haar en die perd darem graag wou afneem.
Vreugde en vrede vir julle.