
Ons was vanoggend na die erfenisfees wat by Voortrekker Hoogte gehou word.
Die groep wat met die ou ossewaens uitkamp was nog indrukwekkend en hulle doen vreeslik baie moeite - hulle kamp van Donderdag tot Sondag.
I








Kanonne afgevuur...

Praat met die jongste dogter…
Praat met die jongste dogter, kleinkind is in gr.10 sy is baie negatief, ek verstaan dit maar jy gasn my self nie oortuig dit is beter daar anderkant nie, dalk is ek maa net te blind om raak te sien war ander sien 😣
Dogter hoor die positiewe kant maar reken die slegte kant wen ![]()
Wel ek is hier tot ek my kop neer lê.
Anton dankie
Dis geskiedenis wat niemand kan weg vat van ons DNA
Anton, dankie vir die deel…
Anton, dankie vir die deel van die fees. Ek sou graag daar wou gewees het maar het nie daarvan geweet nie totdat ek jou draad gesien het. Het ongelukkig reeds ander afsprake gehad.
Indrukwekkend !
Dis 'n indrukwekkende voorstelling van ons geskiedenis en ek is dankbaar dat daar mense is wat dit vir ons nageslagte behoue laat bly.
Ek onthou toe ek as'n tjokkertjie 'n Penkop-Voortrekker was het ons gereeld sulke feeste by die einste Monument bygewoon, ongelukkig (gelukkig ?) destyds net tydens Geloftefeeste.
Dis tog belangrik dat die Afrikaner se geskiedenis en kultuur (en nie net soos deesdae die ander kulture nie) vir ons nageslag behoue bly.





Lyk amper soos die 1842 Penta ?