Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -6 hours ago

Kampeer bekostigbaarheid

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Môre Warren en ander vriende Ek begin die gesprek om Warren se "pet topic" onbesoedeld te laat. Wat is deesdae bekostigbaar, veral in vergelyking met die verlede. As ek bloot net kyk na woonwa pryse, sidder eke; 1995 Jurgens Fleetline R37000 nuut 2001 Jurgens Palma R65000 gebruikte wa [3maande oud] 2016 Echo Kavango R320 000 vir 2de handse wa. Laasgenoemde sluit weliswaar klomp ekstras in. Sekerlik is dit nie net Jurgens/Ci wat pryse laat eskaleer het nie, dus kan ons nie hulle blameer vir onbekostigbaarheid nie. Vroeë dae se pryse was maar baie hoog ook, vir daardie tyd se salaristrekker. Dan wil ek nie eers kyk na sleepvoertuig pryse nie. Arie bekommer hom oor slapgat kinders wat groot word, ek wonder oor ons gemaksugtigheid, wat pryse opjaag. Ekself is skuldig, voertuie moet kragstuur, aircon, blou tand [wat dit ookal is], ABS, HDC, en die hele verdere alfabet bevat. Dan wil ons ook warm water en storte, toilette ensovoorts in die "boswaens" hê. Arie se grafie toilet werk nie meer lekker nie. Ek vermoed onsself is in 'n groot mate self te blameer vir die onbekostigbaarheid van kampeer. Kyk net na die standard waaraan ablusieblokke verkieslik moet voldoen, tot met ou vars blommetjies. Waar is die dae dat dit net 100% skoon en diensbaar moes wees. O ja, die personeel moet aan diens bly tot 22h00 om agter ons blakers skoon te maak. Ons kan mos nie 'n besem/mop of toiletborsel gebruik nie. Nou wie is rerig te blameer vir hoê kampeerkoste. Groete
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 09/12/2019 - 11:09

Johann, dit is soos ek op daai draad ook genoem het.  Toe ek my eerste nuwe woonwa gekoop het het dit vir my soos 'n huis se prys gevoel.  Ja ek stem oor die koste saam jou, dit is ons verwagtings wat die prys jaag.

Soos die swembad met ligte in die aand en beskerming teen die son ?

.

Want ons wil nie meer in 'n ou plaasdam met so lagie slik in swem nie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/12/2019 - 12:31

Ek (en baie van julle) het mening/s hieroor al gelug by ‘n soortgelyke draad hier onder. Ek glo steeds meeste voertuie (veral Toyota) is overpriced maar daar is duidelik genoeg mense wat vermoënd genoeg en bereid is om die belaglike pryse te betaal. Ek koop maar 2de hands en gebruik my voertuie so lank as moontlik sodat ek kan saamspeel  

https://www.kampforum.co…

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 09/12/2019 - 13:04

Kamp is wat jy van dit maak begroot soos dit jou pas moenie bo jou vuurmaak plek lewe nie kamp bly koning en alles kom met n prys

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 09/12/2019 - 13:10

Daarom dat ek maar vashou aan my 1993 model wa. Ek het dit in 1998 (in uitstekende toestand) vir R31 500 gekoop. Elke ou reken mos hy pas sy goedjies goed op, maar ek kan met sekerheid sê die wa is vandag steeds in 'n uitstekende toestand - 26 jaar oud, waarvan 21 jaar in my besit.

Gesien in die lig van hedendaagse pryse van waens, asook die aantal kere wat ek dit per jaar gebruik (alhoewel dit deesdae meestal vir 'n paar maande aaneenlopend is), kan ek nie regverdiging vind om sóveel te betaal vir 'n jonger model nie. Ek het ernstig oorweging gegee daaraan om 'n nuwe Fleetline na my aftrede aan te skaf, maar om nagenoeg R200 000 te moes opbetaal, het nie vir my sin gemaak nie.

My bakkie is 'n ander geval. Ek gebruik dit baie (nog semi-werksaam) en ry 30 000 km+ per jaar daarmee - en baie daarvan met swaar vragte. Gevolglik word dit relatief gereeld vervang. En gesien in die lig van my ervaring oor etlike jare, gaan ek nie maklik van fabrikaat verander nie - al word daar gereken dat my "brand" is "overpriced".

0

Middag Chris en Chris

Die ene kan ek nie laat verby glip nie!!!

Chris-wildehont: Ons betaal effe meer vir ons 2de handse Toyota's MAAR dit loop darem nie druipstert met 'n vraggie nie. laugh

Groete 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/12/2019 - 15:56

Middag Wessel en ander Toyota eienaars. 
Gelukkig het dit minder as R3 000 gekos om my Fordjie se gat te wip en daardie probleempie aan te spreek. 
Ek koop ‘n voertuig om dit te gebruik, nie om dit weer te verkoop nie. Daar is niks fout met Toyota nie, hulle is net te duur - veral tweedehands. Die Everest (‘n 4x4) het my R205k gekos toe dit drie jaar oud was met 78 000km op. Daarvoor sou ek ‘n 10 jaar oue Fortuner  met 250 000km op gekry het en ek verkies in elk geval die Everest se uitleg. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 09/12/2019 - 22:41

Stygende kampeerkoste is maar relatief en styg saam met alle ander kostes, vernaamlik as gevolg van inflasie en stygende behoeftes, maar ook saam met stygende inkomstes.

Ek kry dit nou al 50 jaar reg om minstens eenkeer per jaar (en deesdae sommer tweekeer per jaar) 'n lekker lang kampeervakansie te hou, en so tussenin nog hier en daar 'n langnaweek wegbreek.  In my geval gebruik ek my 14-jaar oue wa (waarvan soortgelyke nuwe waens my NIKS meer kan bied nie) en kies my kampering op nie-spitstye en waar ek daarvoor 'n billike berdrag moet betaal.

 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/12/2019 - 07:25

Ag dit alles hang seker maar af van "what floats your boat"?   Party mense kamp nie maar spandeer paar honderd duisend aan 'n super bike, of 'n fancy boot of 'n jetski - en party spandeer soveel aan 'n trapfiets!   Ander spaar weer om eenmaal elke jaar of 2 'n oorsee vakansie te hou wat R150 000 + kos.   Dan is daar diegene wat voel dat 'n luukse woonwa groot prioriteit is.     En dan natuurlik diegene soos ek wat nie enige van bogenoemde kan bekostig nie en maar met my CampLite kamp!  laugh (en hom met 'n ou volksie sleep) cool

0

Môre Warren en ander vriende

Nou wonder ek waarom Warren nie deelneem aan die draad nie.

OF, is hy alreeds oppad na sy 10 passe in/om Lesotho!!!

Groete

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/12/2019 - 08:39

Ag nee wat, die prys van kampering pla my nie,  ek kan dit bekostig😉

Solank dit met my ou 2005 Penta is, buite seisoen en in midweek. 

Die model, die "size"  of die luukshede tot jou beskiking, is nie wat jou verblyf bepaal nie,  julle maak dit lekker, of nie.

My wa is nie op skuld nie,  my kar is nie op skuld nie,  wat die jong mense op paaiemente moet betaal, het ek dankie tog, niks van nie, so ek en my vrou gaan so gereeld moontlik met ons ou karavaan weg.

Ja, die koste van kampering is hoog, maar dan, wat is nie hoog nie. Sou jy in 'n woonstel / chalet of hotel gaan vir die selfde tydperk,  gaan dit jou BAIE meer kos, net om in 'n onpersoonlike atmosfeer te gaan "vakansie" hou.

Om met vakansie weg te gaan, is so noodsaaklik soos water drink, jy verfris jou gemoed en kry tyd om te her besin.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 10/12/2019 - 08:42

Dit gesê, ek kyk steeds na die veiligheid, die prys per nag, die ligging van die oord ens. voor ek besluit waar,  en wanneer. Prys bepaal grootliks waar ons gaan, maar is nie hoogste priotiteit nie.

0

Had 2 wisdom teeth on the same side taken out, was in surgery for 2H and been off work.

Bottom one had 3 roots that had curled into the bone.... phockit.....

Got stitches in my mouth and am eating pro neutro & scrambled eggs.... I've come in to clear a few issues and am going home in a little bit.

I'll clock in here when I've read all the posts....

The dentist asked me if i wanted to keep the teeth, I said no you better keep them because if you've tasken out the wrong ones, you are jolly well going to put them back and take out the right ones...

Regards

0

vehicles aside.

If you include: - general camping gear / caravans & tents / site fees / elevated grocery costs at the holiday destinations, over 40 - 50 years I'm of the opinion the cost of camping has risen far faster than the cost of living. - and that is where I believe Jurgens & Caravan & Outdoor have had a big hand in... But that's another debate on another forum.

What my beef is: - Are you getting value for your money? or is it better value to just book into a chalet?

Yo will make that decision, each of us is different.... I'm just not comfortable spending R600 / night for me on my own... I'm not coomfortable spending R350 000 for what is esentially a box on wheels.... I've struggled far too hard in my life to willy-nilly throw away money.

Anton is right, whatever floats your boat.... For Me? I just want to be mellow... mellow with what I'm doing (Tent camping / roadside camping  whatever, and mellow about how much I'm paying for it, and mellow that I'm getting value for my hard earned bucks...

Ok so this will probibly be one of my last posts this year, we close today, so please have a gentle holiday and enjoy...

Regards to everyone, too many to mention

Warren

 

 

 

0

Môre Warren en ander ook

Ek het ook lank gedink en gewonder oor die prys vir 'n boswa-dosie op wiele. Opgeweeg die voordele van geld op belegging hou en net rente aanwend vir chalet-vakansies. Die kamplewe het gewen.

Ek wil glo dat met die tendens dat waens hulle waarde behou, ek tog eendag my insetkoste sal terugkry. Daarom pas ek my wa op, hou dit in stand, MAAR geniet en benut dit ook.

Almal wat gaan reis, sleep en vakansie hou, kom veilig terug.

Groete

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 13/12/2019 - 11:21

Hierdie was regtig tong in die kies 

Ag nee wat, die prys van kampering pla my nie,  ek kan dit bekostig😉

Ek glo darem almal weet.

Wessel, ek moet 100%  met jou saam stem,  alle forme van op gepaste woonwaens behou, of selfs verbeter in waarde met tyd. 

Ek sê steeds, dit is nog die beste manier van vakansie hou,  met die voordeel van;

Jy slaap in jou eie kooi, 

Jy is nader aan die natuur

Jy ken jou bure, en meeste mense om jou

Die vakansie gees is ongeewenaar en geen ander manier kan eers begin vergelyk nie

Daar is geen ander manier waarmee ek en my familie beter kan bind,  en ontspan nie

En so, kan ek vir lyste saamstel van voordele.

Ja, dit is duur om te begin, maar oorde maak daagliks toe,  en ek glo nie dit is omdat hulle genoeg geld gemaak het nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 13/12/2019 - 12:11

 Are you getting value for your money? or is it better value to just book into a chalet?

If I look at what chalet accommodation will be costing me for 8 nights (5 persons) when my children from Romania is visiting us shortly, I cannot believe "it is better value to just book into a chalet". Camping for the first 2 nights in Karoo National Park would have cost me R1 254. Chalet accommodation (in which we booked) is costing us R5 840.

The next 2 nights is in a Lekkeslaap self-catering facility in Oudtshoorn, costing me R2 870. Unfortunately I don't know what it would have costed me for 5 persons at either Kleinplaas or Oppidam. The latter qoutes R370 per night for 2 persons. But it would surely be considerably cheaper to camp.

The last 4 nights in Hartenbos (ATKV) is costing me R4 120 in chalet accommodation. Camping would have costed me R880.

Thus I reckon camping with my van which costed me R31 500 in 1998 - in spite of higher fuel usage - is costing way cheaper than chalet accommodation. And after all this said, I can only repeat what Johann Lock has said above:

Ek sê steeds, dit is nog die beste manier van vakansie hou,  met die voordeel van;

Jy slaap in jou eie kooi, 

Jy is nader aan die natuur

Jy ken jou bure, en meeste mense om jou

Die vakansie gees is ongeewenaar en geen ander manier kan eers begin vergelyk nie

Daar is geen ander manier waarmee ek en my familie beter kan bind,  en ontspan nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus