Is daar van julle (wat hier lees en deelneem) wat al negatiewe kommentaar en video clips gehoor, gelees en gesien het t.o.v. die sogenaamde uiters nadelige gevolge wat 5G inhou vir mens en dier? Daar word sommige skrikwekkende bewerings gemaak, maar ek wonder of dit nie alles met 'n knippie sout geneem moet word nie.
My seun, wat o.a. in die WiFi-bedryf is, stuur vir my allerhande negatiewe dinge oor 5G aan. Wat kan mens glo en wat nie. Daarom my vraag, het andere ook al daarvan verneem en wat is julle opinies daaroor?
Ja ek het al baie video…
Ja ek het al baie video clips gesien waar al die voëls doodlê langs ń 5G Antenna
Daar is ń growp mense wat beweer die Covid is glad nie ń virus nie maar is as gevolg can 5G.
Ek stem met Len dit us die ouens wat sameswerings agter elke liewe klip sien.
Deur al die eeue was/is daar altyd ń groot groep mense wat ontwikeling teenstaan
Toe motors begin het was daar ń wet in London dat as jy jet ń motor ry moet daar ń man 10 tree oor die motor loop met ń rooivlag.
Nee wat ek vertrou maar die ingeneurs en gaan maar voort.
En hier dog ek julle praat…
En hier dog ek julle praat van die 5 grotes (5G, moet mos G5 wees)😂
Arie, Ingenieur is…
Arie, Ingenieur is afrikaans vir Engineer, nogal n krul in die spelling. Maar n Engelse Engineer, is ñ persoon geskool as van n spanner boy tot n wasmasjien operateur. So moet nie als glo wat daai Ingeneurs
verkondig nie. Ek stir maar net so bietjie ![]()
Arie so gepraat van Motors /…
Arie so gepraat van Motors / voertuie. Ek sal nie vergeet van 'n dokumentêr wat ek jare terug gesien het van toe die eerste stoom voertuie en treine ontwikkel was , was daar ook groot teenstand en was daar geglo dat as die mense vinniger as 40km beweeg sy brein sal beskadig en hy mal sou word.
Wel, dalk het ons almal mal geword?
Chris ek volg ook al die…
Chris ek volg ook al die teorië en stories - Ek het die 5G youtube video gesien waar die "kenner" vertel dat die Virus glo binne in die mens se liggaam ontwikkel asgevolg van die 5G seine.
Ja Voorie groot klomp van…
Ja Voorie groot klomp van ons mensdom is veek bang vir verandering en tegnologie vooruitgang.
Onthou julle toe selfone uitgekom het?
Die seine can die foon sou blykbaar jou breins kook as jy die foon te lank by jou oor hou!
Maar ja jy is dalk reg, ons is dalk almal mal met gekookte breine, die wat die wereld in so gemors is?
Soos ek in my inleiding gesê…
Soos ek in my inleiding gesê het - ek wonder of al die negatiewe artikels op die internet en video 'clips' nie met 'n knippie sout geneem moet word nie. Maar dalk is 'n sak sout meer gepas.
Ek het nou-al sóveel van genoemde insette ontvang van mense wat op hol gaan oor 5G se negatiewe effekte op mens en dier (klaarblyklik veral voëls). Om die uitdrukking te gebruik waarvan Arie onlangs so mooi die oorsprong verduidelik het - dit klink 'n bietjie dik vir 'n daalder.
Chris, dit is vir ń "Riem…
Chris, dit is vir ń "Riem onder die hart" dat jy so mooi oplet in die klas!
So van voëls gepraat. Die…
So van voëls gepraat. Die volgende het geensins betrekking op die negatiewe 'rumours' van 5G nie. Ons het nie 5G in Kleinmond nie.
Maar sowat 2 - 3 maande gelede het lemoenduifies (ook bekend as rooiborsduifies) oral in ons dorp gevrek. Ek het in 'n kwessie van enkele dae 5 dooie duifies in my tuin gekry. Maar dit was 'n algemene gespreks-onderwerp in ons dorpie. Inwoners het dit oral waargeneem. Van die duifies het gelyk of hulle op die grond sit en slaap - maar is dan reeds morsdood.
En dit is opmerklik dat rooiborsduifies in my erf aansienlik minder is as voorheen.
in 'n kwessie van enkele dae…
in 'n kwessie van enkele dae 5 dooie duifies in my tuin
Dit gebeur by ons huis ook want ons het twee Jack Russells
Chris nee dit is ń eg…
Chris nee dit is ń eg Afrikaanse uitdruking wat ek maar hier geleer het. Die uitdruking maak vir my geen sin nie?
Ek glo Len kan ons dalk help?
Die mooiste Afr uitdruking en een wat ek goed toepas; "Van sit en staan bly lê die lekerste"
Waar daar n rokie is, is…
Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie.
Die 5G is bad news, check maar net die social media, instant KFC, maar nee, julle mense wil mos niks en niemand glo nie.
Blerrie hardkoppig, wil mos altyd eers voel en dan leer.
Red nou n nasie.
Oom Groot Gees, sit ek nou…
Oom Groot Gees, sit ek nou by my se selwers en verwonner; Jy sal seker die 5G baie verwelkom met die myn bedrywighede van jou?
Spoed sal mos ń groot verskil maak, of is ek nou heel van die baan af?
Nooit oom Arie, ek moet…
Nooit oom Arie, ek moet partykeer vat aan daai toerusting en soek nie bestraalde, radioaktiewe goed wat in die nag gloei nie!





Chris.....
Chris, ek het nog nie iets negatief gehoor nie, maar ek sou my maar verlaat op kenners op die gebied van kommunikasie-tegnologie en hul owerhede se amptelike standpunte.
Ek kan nie dink dat die wêreld se owerhede iets nuut soos 5G sal toelaat as dit 'n bedreiging vir mens en dier inhou nie.
Op hierdie stadium beskou ek dit as 'n tipiese "conspiracy theory"