Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -9 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -25 minutes ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -56 minutes ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Ons dink aan Freda.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Frans het my nou net laat weet dat Colin, Freda se Ingelsman, vanmiddag om 4 uur oorlede is.

Frieps, ons innige simpatie, ons dink aan jou in hierdie uiters moeilike tyd, ons gebede is dat Jesus jou sal omgord met Sy vertroosting,  mag Hy jou lig punt in die tyd wees.

Woorde kan nie werklik vertroosting bring nie, maar, weet dat jy in ons gebede is.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 15/04/2020 - 14:57

Ai Freda my hart is stukkend vir jou, daar is niks wat ek kan sê om jou pyn weg te neem nie.

Gelukig het jy baie mooi herinneringe.

Staan sterk en bly op kyk, ons bly jou ondersteun in die tyd!heart

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 15/04/2020 - 15:01

Freda ek wou nog byvoeg, iets wat ek altyd vir Petra sê; jy mag jou hart uithuil, jy mag kwaad word en dinge bevraagteken. Jy is mens en ons raak opstandig, ons Vader weet dit en laat toe daarvoor, Hy sal jou nooit verlaat nie.

Ek wens ek was nader dat Petra en ek jou ń stywe druk kon gee, maar weet dat ons jou in ons gedagtes styf vashou!

Baie lief vir jou van Petra en Ekke.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 15/04/2020 - 18:27

Ek voel ook net so, wens regtig ons as kampforum vriende kring kon daar wees vir een van ons kosbaarste lede.

Freda, dankie vir die fotos, dat jy nou jou mooi herinneringe met ons deel. Dit sê baie van jou vriendskap bande met ons.heart

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 15/04/2020 - 19:29

Baie sterkte daar Frieda, ons, ek en Nellie treur saam jou met jou groot verlies. Soos Len genoem het, is hy nou verlos van al sy pyn. God sal vertroosting gee, bly net glo

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 16/04/2020 - 07:30

Die hardseer is daar Freda maar dit sal met tyd beter raak maar die goeie memories sal altyd bly staan ons op die forum dink aan jou Jesus jou rots

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 17/04/2020 - 15:13

Ek waardeer al die boodskappe en die mooi woorde van simpatie en bemoediging.

Ek is nou weer alleen by my huis.  Colin se kinders slaap vanaand iewers anders en vertrek môreoggend vroeg terug na hul tuistes.

Te midde van die Corona virus kon ons Colin groet met 'n baie mooi gedenkdiens.  Die Reverend het dit regtig baie spesiaal gemaak vir die 14 mense wat daar was en almal vêr van mekaar moes sit.   Daar was nie 'n orrel of orrelis of vars blomme nie.  Ons het Andre Bocelli se weergawe van Amazing Grace gespeel en die kinders het pragtige blomme, van sy, laat maak.  Daarna geen verversings, almal kon vir 'n rukkie buite staan en gesels en daarna direk terug na hul huise.

Die toekoms lyk bietjie bleek vir my op die oomblik maar ek glo die Liewe Vader, my familie en vriende sal dit laat beter word.

.

.
Dit is presies wat Colin vir ons sou gesê het

Rus in vrede, my Ingelsman.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 18/07/2021 - 14:25

Hallo Anton!! Lekker om van jou te hoor. Dit gaan goed met my, dankie. Ek is gesond en het alles wat ek nodig het. Ek word net te vet. In die laaste tyd isoleer ek maar weer. Die pandemie is te gevaarlik nou. Ek het al my eerste jab gehad en gaan Woensdag vir my tweede. Dan sal ek nog tot einde Julie in die huis bly, tot ek dan veronderstel om veilig te wees? Ek gaan darem 1x 'n week P&P toe maar ek is baie versigtig. Ek het nie kinders hier nie en my broers en susters wat hier woon is almal ouer as ek. As ek siek word, sal ek op die Here se genade hier moet le en myself versorg.

Dan, natuurlik, wat nou in ons land aangaan is afgryslik. Ek sien daar is nou al 4 instigators arresteer. Nou hoop ek hulle plunder nie van vooraf daaroor nie. Hulle is te onnosel om te besef hulle word gebruik en as alles verby is en die lewe gaan aan, voel daai ouens niks vir hulle as hul nie kos het om te eet nie.

Dit is nogal Mandela dag vandag

Hoe gaan dit met die forum. Stuur asb groete vir die wat my nog ken.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 18/07/2021 - 15:39

Dankie vir die deel van haar boodskap, stuur sterkte en groete. 👍🙏

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 18/07/2021 - 15:41

Dankie vir die goeie nuus, dat dit goed gaan met Freda.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus