Lekke Wessel
Gaan groot Swadini ook nice so op jou pad na oom Paul se tuin
Effe bekommerd
Middag vriende
Ek is nogal effe bekommerd, ek was seker so 15 jaar gelede daar, en mens wonder altyd of daar nie groot agteruitgang plaasgevind het nie. Op hulle webblad lyk alles egter nog heel netjies.
Wie van julle was onlangs daar?
Mooi so! Ek hou hierdie…
Mooi so! Ek hou hierdie draad dop.
Wat Swadini aanbetref kan ek net noem dat dit een van Koos Mol se besoekplekke is. En dit sê vir my al baie van Swadini. My seun was 3 of 4 jaar gelede daar en was heel beïndruk met die oord. Die blote feit dat dit 'n Forever Resort is, sal my persoonlik gerusstel.
Ek sal maar die forumnaam…
Ek sal maar die forumnaam verander na KNPforum toe
Roete
Ek sal maar wag om te kyk wat met Covid gebeur voor ek ‘n draad oor ons KNP toer in Julie begin.
Watter roete gaan julle gebruik Swadini toe? Ek neem aan oor Tzaneen, gegewe die konsensus oor hoe sleg die roete oor Lydenburg is. Dis darem jammer, ek was baie lief vir daardie roete. Dis so ‘n wonderlike oorgang van hoëveld na laeveld.
Ons het jare terug oor…
Ons het jare terug oor Dullstroom gery, en dit was verskriklik mooi, maar ongelukig is daai pad nou onbegaanbaar, self sonder sleep. Hou van ontdekings, nuwe omgewings en nuwe roetes.
Wessel julle moet dit geniet Swadini is 'n baie lekker oord, veral omdat dit in 'n bewarings gebied lê, word dit streng beheer.
Swadini......
Wessel.
Ons was begin Maart vir 5 nagte op Swadini. Puik oord, baie rustig, plavei staanplekke en groen gras, eerste klas ablusiegeriewe, alles om 'n heerlike kampervaring te verseker.
2 Dae...... te kort. Jy kan gerus vroeër tuis vertrek en 'n dag of wat byvoeg. Ons het die pensioenaris storie opgedis en betaal toe net R1,000 vir die 5 nagte.
Die pad na Orpen is goed. Wees net bedag die pad tussen Swadini en die afdraai na Orpen is 'n nou pad.
Geniet Swadini, julle sal dit geniet.
Swadini
Middag vriende
Koos, baie dankie vir die terugvoer, met foto en al. Nou sien ek rerig uit na die Swadini besoek. Ek tree eers einde Augustus af, dan kan ek veel langer by plekke oornag.
Chris S: Op die oomblik beplan ek om dit van Tzaneen, Mica se kant af te benader. Ek was jare gelede teen die Abel Erasmus pas af, deur my tonneltjie [ Strydom] met 'n Astra en 'n Jurgens Fleetline. Ratkas het harder gerem as die remme, maar ons was veilig daar af.
Waarom Mica?
Wessel, daar is ‘n meer direkte roete as oor Mica. Vind ook maar uit oor die padtoestande, die vragmotors het van die paaie nader aan Phalaborwa flenters gery toe ons laas daar was (weliswaar nou al amper twee jaar gelede).

Jy wil nie daardie meer…
Jy wil nie daardie meer direkte roete ry nie - veral nie sleep nie. Glo maar vir my. Die Gravelotte/Mica roete is 'n puik pad.
Besig met voorbereiding
Middag vriende
My tydjie vir die Swadini en Kruger vakansie snel op my af. Ek is so stadigaan besig om reg te maak daarvoor, maar gaan NIE eers daaraan dink om so "nes" te skrop soos sekere ander forumlede nie. Ek is te lui daarvoor.
Ek het vanoggend my 3kg gasbottel gaan volmaak na die 8 dae se gebruik by Augrabies en Twee Tivieren. Groot is my verbasing dat ons net 1kg verbruik het oor die 8 dae. Dit was hoofsaaklik vir die stoofplate en geyser, vir skottelgoed was.
Ek kon nie tot hede 'n idee kry van gasverbruik as mens in die wa sal stort ook nie.
Op die oomblik laai die sonpanele die batterye, maar die winter son is maar flou. Waar ek gewoonlik 16amp meet, is dit maar 12 amp tans. Nogal iets om ingedagte te hou. Dan praat ek nog nie eers van bewolkte omstandighede nie.
So kom alle dinge tot 'n…
So kom alle dinge tot 'n punt, nou die leķker "finishing touches" van voor bereiding, en dan daai lekker gevoel van aan haak, seker die lekkerste deel van als behalwe die gaan sit vir daai eerste koue ene![]()
Wessel lekke
Lekke vooruitsig Wessel sien daar is n paar lank staan kampers by Swadini julle moet die beplanning geniet
Ek oefen ....
More Chris B
...om 'n pensioenaris te wees.
Jy's reg, hier gaan ons alweer, dit terwyl julle steeds met 'n aaneenlopende vakansie besig is.
Geniet die "warm" klimaat hierbo.





KNP 2021
Dit klink nou baie lekker.