Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus

Onrus Karavaan Park

Resensies

Worcester

Wildehont

Thu, 30/09/2021 - 20:31

Ons was nou al twee keer vanjaar vir ‘n langnaweek by Onrus karavaanpark en het dit baie geniet. Ons het nie tydens een van die twee besoeke probleme met sekuriteit ervaar nie, en die onderhoud was oor die algemeen goed. Die naaste swemstrand is net buite loopafstand, maar die getypoel voor die oord en die baai waarin dit is, bied ‘n mooi uitsig en lekker see geluide om mee aan die slaap te raak. 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
23 - 26 Sept 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras met skadu
Swembaddens?
See
Winkel?
Ja
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
4uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Worcester

Wildehont

Wed, 23/02/2022 - 15:39

Wessel het my vanoggend geskakel met ‘n paar vrae oor Onrus voordat hy daar bespreek het vir Mei. Een van sy onsekerhede was oor permanente inwoners. Ek plaas sommer my mening hier vir ander voornemende besoekers. 
Die "permanente" inwoners is in die eerste drie blokke aan die westekant van die ingang (lg is oorkant 1C op die kaart van die oord op hulle webwerf). Ek sal my egter glad nie oor hulle bekommer nie. Die ry staanplekke aan die Suidekant van die pad, Wes van die hoofingang is na my mening die lekkerste. Ons het al op 2C gestaan. Lekker uitsig maar ‘n entjie van ablusie. Die laer nommers tot so by 76 het meestal nie ‘n uitsig nie maar lekker skadu. So van 78 tot 90 het ‘n uitsig en gedeeltelike skadu. Ek sal nie aan die noordekant van die pad bespreek nie, en ook nie Oos van die hoofingang nie. 

Worcester

Wildehont

Mon, 25/04/2022 - 20:52

Dit was ons derde besoek, en ek geniet die oord elke keer al hoe meer. Chris Jnr reken selfs dis sy gunsteling oord van al die waarby ons al was. Ek weet hoekom; want hulle kan na hartelus fiets ry. Ons was drie gesinne, elk met twee kinders (die jongste 3 en die oudste 7). Ons drie gesinne het ook vir my verjaardagnaweek buite Tulbagh saam kampeer, en dit werk lekker. Daar is drie seuntjies en drie dogtertjies en hulle ken mekaar goed en speel meestal lekker saam. Elke gesin kry 'n dag om kos te maak en skottelgoed te was. Die eerste aand het ons sommer pizzas gemaak in 'n Pizzabraai op die vuur.

Ek gaan nie 'n reisverslag hier gee nie, ons het meestal net ontspan by ons staanplek, te lekker en te veel geëet en die kinders het hulle harte uit gespeel. Ons het in Januarie twee staanplekke bespreek, want die een gesin sou saam met ander vriende Mosselbaai toe gaan. Toe raak parstyd al hoe langer (die ander gesin waarmee hulle saam sou weggaan se manlike lid is die wynmaker by Aan De Doorns op die Villiersdorp pad buite Worcester - ek het hom gister by die kerk gesien en hy pars nog steeds) en hulle gaan nie meer Mosselbaai toe nie.

Ek kyk toe op die oord se voorwaardes, en dit laat ses mense per staanplek toe asook 'n maksimum van drie voertuie en 'n tent. Die gesin wat oorspronklik sou saamgaan van Januarie af kampeer altyd met 'n tent, so toe laat ons bespreking toe vir twee karavane, drie sleepvoertuie, die tent en 12 mense. Ons nooi die derde gesin toe saam. Twee dae voor ons sou ry, bel die gesin wat met 'n tent kamp se manlike lid my. Hy wil weet of dit 'n probleem gaan wees as hy 'n karavaan koop.

Om 'n lang storie kort te maak is ons toe op die ou en met die Kavango, 'n Penta en die nuwe 1997 Fleetline en drie sleepvoertuie daar op twee staanplekke. Die oord het geen probleem daarmee gehad nie, en ons het baie netjies kamp opgeslaan. Die drie waens het ons in 'n U-vorm getrek, met die tente wat na mekaar wys. Niemand het die voorkant van hulle tent opgesit nie, en ons grondseile het bymekaar gekom in die middel. Die waens se rugkante was na die naburige staanplekke en die pad gekeer, en ons het 'n uitsig oor die see gehad. Ons drie sleepvoertuie het netjies ingepas weerskante van die Fleetline. Ek plaas later 'n foto of twee.

Dit was 'n heerlike naweek, en ek beveel weereens Onrus karavaanpark aan. Net vir interessantheid; ek het by die hek gevra oor die "permanente" inwoners. Hulle huur staanplekke vir ongeveer R22 000/jaar op 'n kontrak van drie jaar op 'n slag wat dan hernu word. Niemand van hulle bly permanent daar nie, hulle gebruik dit as vakansie"huise". As jy naby genoeg woon om elke naweek en Desember vir drie weke te gaan maak dit seker sin, maar dan moet jy daarvan hou om elke keer na dieselfde plek te gaan en bereid wees om jou wa daar te los.

a

B

C

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
14 tot 18 April 2022
Koste
+-R1 500/gesin vir vier aande
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
See
Winkel?
Ja
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
4uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/06/2022 - 19:46

Ons was daar vroeg in Mei 2022. die oord was omtrent leeg, en ek het my verkyk aan die groot ablusieblok met baie geriewe. 

Ons gaan noodwendig 21/06/22 weer daar oornag.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
Kamp Datum
Mei 22
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Swemgat / poele
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
4uit 5
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 10/11/2024 - 12:10

Ek plaas die volgende foto namens Maurits. Hy sal self kommentaar plaas.

Onrus