Ek gebruik die "humanitêr en Omgewing" afdeling.
Game-drive Saterdag middag ...
Links voor is my broer, langs my is my suster en Surette.

Hierdie is die eerste dier, 'n baie klein jong een (op die foto lyk dit nie so nie)

Een van 3 verskillende troppe in verskillende kampe.


Hulle is te pragtig.

Hierdie is 'n Klipspringer met wit dele wat op die plaas vanself begin het.


Baie jong Buffel wat iets makeer het en nou word hy eers in die kamp versorg.

Hierdie swart teel bul (een van 3) is nie goedkoop met sy +50" horings nie (+20mil)

Oppad terug vir die ete.

Dit lyk te lekker!
Waar was julle gewees? Tyd saam met familie is darem van onskatbare waarde. Julle het dit seker baie geniet.
Willem lekke man
Dit lyk julle n awsome tyd gehad Willem en boonop baie van die dier wat ek nog nooit in lewende lywe gesien het nie maar hopelik binnekort as ek en Berdien oom Paul se tuin gaan besoek ja die Wildehont
Edward se Trofee Kamer ...
Edward se Trofee Kamer, weet nie of als net syne is nie, ek dink sy 4 seuns is ook deel van dit.



Die knaap het groot tande ?






Edward Vorster
Goeiedag Willem,
Ek kuier maar bitter min hier van ons die Surfertjie verkoop het.
As mens so na ander se foto's kyk besef mens eers HOE min menseons ou Volkie wel is. Wat ek hiermee bedoel is dat twee van ons binne minute se gesels 'n gemeenskaplike kennis het.
In hierdie geval: Edward Vorster was baie jare lank die Kommando Bevelvoerder gewees op Tzaneen as ek reg onthou. Uiters suksesvolle Boer ook.
Het die voorreg gehad om 'n paar keer saam met hom te werk en te kuier terwyl ek Bevelvoerder van Soutpansberg Mil Gebied was.
Sy seun Eddie het my 'n paar keer van Messina af Skykuza toe gevlieg tyrwyl hy deeltyds vir die Lugmag vlugte gedoen het.
Klein wêreldjie die van ons.
Groete
Andre
Nostalgie ...
Die tafel is gedek vir die aansit ete. (Ek wag nog vir foto's van die ander)


Laaste foto van die wat oorgeslaap het (die ander is almal Saterdag aand huistoe, wat in Tzaneen bly. My broer het by sy een seun oorgeslaap en my suster se dogter bly ook daar maar sy sterk-aan na 'n rug operasie.
"van links agter, my oorlede suster se een seun en sy meisie, voor sit sy twee dogters. Dan is dit my suster net ouer as ek (sy het die boek geskryf wat Chris B het) en haan man Edward Vorster"

Dan het ek so paar ou foto's in my suster se album afgeneem van my selwers.

Hierdie was op my pa se plaas naby Tshipise.





Andre Smit ...
Ja die wêreld is klein, ek het Edward en sy broer Pieter leer ken toe van my susters aan my Pa se kant vir hulle pa BJ Vorster (na wie die hoër skool Ben Vorster in Tzaneen vernoem is) geboer het en ons seuns het in die winter lemoen bokse in die nag gemaak vir die pakhuis. Nooit gedink my suster gaan jare later met hom trou nie.
Hy is 'n wonderlike en baie interessante man om mee te gesels nou dat ek hom beter en sonder pretensies leer ken die laaste 20 jaar van my suster met hom getroud is.
Die terug rit ...
Ons is soos Vrydag ook 12:00 van die plaas weg en het besluit om George's Valley terug gery sodat ek kan sien hoe lyk die pad as ons Desember KNP toe gaan sleep as die sondebok ons nie weer in-perk nie. Die pad was goed gewees om te sleep, baie ligter as Magoebaskloof. Maar na die erge wind Saterdag nag was dit redelik mistig.

Die Vorsters
Wel, ek kan ook op die Vorster-"wa" klim. Ek het in die vroeë 80's, toe ek in Tzaneen gewoon het, met die destydse BJ Vorster & Seuns, The Junction, Letsitele, besigheid gedoen - inderwaarheid met die seuns Edward en Pieter. Ek het destyds vir die Duitse maatskappy, Bayer Agro-Chem, tussen die Letsitele sitrusboere gewerk.
Edward was in daardie jare, behalwe vir sy betrokkenheid in die plaaslike kommando, ook taamlik aktief betrokke in die politiek (destydse Nasionale Party).
En ja, ek het Willem se suster (Edward se vrou) se boekie gekoop en gelees oor hulle reis-avonture. Ek het dit ook geniet om van my ander destydse kliënte, o.a. Horst Gubitz en Milan Thalwitzer (reisgenote op sommige van hulle toere) te lees. Behalwe vir die gryser kop lyk Edward waaragtig nog net soos ek hom onthou.
Dankie vir die deel van jul naweek.





Willem se Familie Naweek foto's ...
Vrydag middag daar aangekom en stap dam toe. (Die ou agter my is Edward Vorster, my suster (agter hom) se man.
Seekoeie en krokedille is rustig (hulle wy gewoonlik in die nag op die grasperk by die huis)
Pragtige Sonsondergang.