Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

'n Regte, egte plaastroue..............

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Alhoewel dit niks met kampering te doen het nie, het ek gewonder hoeveel van ons het al 'n regte, egte plaastroue bygewoon.  Ons het verlede naweek die voorreg gehad om 'n plaastroue in die Oos-Vrystaat van die dogter van een van ons vriende by te woon.  Wat 'n wonderlike voorreg !

Met ons aankoms op die plaas die vorige Vrydag was alles al in rep en roer om alles vir die geleentheid in orde te kry.  Twee van vier, reuse aangrensende aartappel-store is omtower in 'n sprokies dans- en onthaalarea.  Vyf kilometer verder, langs 'n dam onder bome is die huweliksbevestiging waargeneem.  'n Eeu-oue klip hoekpaal met 'n ander plat klip daarop dien as die kateder waarop die predikant sy bybel en preek kon plaas.   Voor die kateder is 'n ander klip hoekpaal plat neergelê met twee wit kussings daarop waarop die bruidspaar kon kniel.

Die bruid arriveer in 'n eeu-oue perdekar getrek deur twee pikswart perde !

Dit is nie aldag dat 'n mens so bevoorreg is om so 'n troue by te woon nie.

Die aartappel-skuur onthaalsaal

Troukar

"Kerkgebou"

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 05/05/2017 - 06:42

Ja, ek het ook op 'n slag so 'n troue bygewoon.  Ook 'n aartappelboer van Patensie.   Die stoor was ook so pragtig drapeer en opgemaak.   Ek kan nie onthou hoe die bruid arriveer het nie.  Wat ek wel kan onthou was die tafels vol warm gekookte boerekos.   Ja, so 'n troue is regtig spesiaal.   38 jaar gelede het my broer en sy vrou ook op haar pa se plaas in Reitz getrou.  Hul het egter 'n markiestent opgerig.   Ek kan nie meer veel daarvan onthou nie.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 13/05/2017 - 17:57

Len ek en Berdien was ook op n plaas getrou buite Nelspruit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus