Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -9 hours ago
Bome omwaai November 2026 Geert -15 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -1 day ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -1 day ago
Hael November 2026 Geert -1 day ago

Opsoek na rally tent

Pretoria
Submitted by LouiseM on
Forums

Ons is opsoek na 'n tweedehandse rally tent vir 'n Sprite Supersport 1993 karavaan, soos die een in die foto. Laat weet as iemand dalk een het wat hulle wil verkoop.

 

Voorbeeld van Rally tent

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 22/03/2023 - 16:23

Welkom hier Louise, hoop jy gaan lekker saam gesels.

As jy nie een kry nie kan jy (soos ek) een laat maak by Houlingmoon, hulle is tans in die Kaap.  Ek het vir by 3B een laat maak, hulle het nog die oorspronklike planne gehad.

Sterkte.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/03/2023 - 16:29

Middag Louise

Probeer die groot woonwa handelaars, partymaal het hulle sulke gebruikte tente, selfs "add a rooms" nog in hulle store.

Mense ruil hulle waens met alle tent bybehore in, en handelaar verkoop die seil komponente dan weer apart van die woonwa.

0
Pretoria

LouiseM

Wed, 22/03/2023 - 17:49

Dankie vir die raad Willem en Wessel! Gaan albei opsies ondersoek. 
 

@ Wessel, weet jy of Brits karavane nog bestaan, kry hulle glad nie telefonies in die hande nie. Wou hulle vra oor die rally. Jaco stuur groete😁

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/03/2023 - 19:38

Naand Louise M

Jislaaik, nou sal ek sommer mooi in my spoor moet trap, en my woorde baie versigtig moet kies. Ek het mos groot respekte vir my oud vriend en kollega, en die se vrou ook.!

Hulle bestaan nog, en jy moet Francois bel by 082 572 6529. Skree maar as ek met iets daar kan help. Hulle het baie afgeskaal, maar kontak hom gerus.

0
Pretoria

LouiseM

Wed, 22/03/2023 - 21:56


Naand Wessel, 

Lekker lag ek nou! Jou ou vriend is so besig by die werk die ek maar sokank rondkyk vir ‘n tent. Darem het hy binnekort ‘n blaaskansie, ons ry Vrydag bietjie Wildtuin toe. 

Dankie vir die raad, gaan Francois defnitief bel. 
 

Mooi aand vir julle (Sien julle het ook ‘n lekker vooruitsig van ‘n Wildtuin vakansie. Ons was nog nooit so hoog noord nie, sal graag wil hoor hoe dit was)

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/03/2023 - 06:37

Môre, wat 'n lekker vooruitsig om wildtuin toe te gaan. Gaan julle met die woonwa, of knus tussen die formele gestyfde lakens?

Geniet en ry veilig. 

0
Pretoria

LouiseM

Thu, 23/03/2023 - 07:29

Ons gaan met die karavaan en pak ons eie gestyde lakens in😁

Mooi dag vir julle

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 23/03/2023 - 08:25

Goeie môre LouiseM, baie welkom op die forum, hoop jy gaan lekker saam gesêls.

Julle moet die rit en kamp baie geniet👍

ons ry Vrydag bietjie Wildtuin toe. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus