Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -22 minutes ago
Double cheese burger November 2026 Geert -5 hours ago
30% November 2026 Geert -12 hours ago
see water November 2026 Geert -12 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -16 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -20 hours ago

Beurt luister

Bethal
Submitted by Skallie on

Weet nie wat ek nou weer verkeerd gedoen het nie maar my vorige boodskap het nadat ek dit geproeflees het net eenvoudig verdwyn.

In elk geval sit nou weer vanaf 07:00 af en luister na die gesuis van af RSG. Nouja in die laaste tyd is dit regtig snaaks dat die sender verdwyn omtrent altyd as die nuus opkom of gedurende die nuus as iemand iets wil se of besluit of wat ookal.

Nou wonder ek net het Eskom die SAUK oorgekoop en on middellik met BEURT LUISTER begin(sonder om 'n program uit te stuur) of nog erger pas ons liewe President nou sensuur toe want ons mag mos nie alles weet of verslae beskikbaar kry nie?

Ek voel regtig nou soos ons President en omtrent al die ministers wanneer hulle plegtig aankondig dat hulle bekommerd voel. Regtig dit is nou waaragtig nuuswaardig. Om dan nou nie eers te praat van al die ander snert waarvoor ek betaal nie.

Terwyl ek nou mooi opgewarm is wil ek praat oor ons kanaal 192, TV 2. Ons word regtig slim en deeglik geindoktrineer en die pragtige ou mooi gesiggies van my volksgenote se dogters word stadigaan vervang. Quo Vadis?

Genade daar kondig RSG nou met groot fanfare aan dat iemand in die k..k is omdat hy 'n meisie op die mond gesoen het. Genade baie dankie RSG nou weet ek ook.

Help Vriende die duister neem toe!!!

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/08/2023 - 20:23

Ek wonder nou op watter ander plek wou die kritici gehad het hy moes haar gesoen het ?

Ek is ook 'n getroue RSG luisteraar, maar tydens nuusdekkings is dit duidelik dat die nuusberigte uit 'n sentrale nuuskantoor van die SAUK kom, heelwaarskynlik deur dieselfde ouens wat besluit het dat Afriforum se advertensie om finansiële ondersteuning, nie toelaatbaar is nie.

Ek vind dit ook irriterend net as die Weskaap se weer voorspel word, gaan RSG dood of ook, net as ek wil hoor waar staan die Rand of olieprys, dan word die uitsending met 'n gesuis vervang.  Het eenkeer geluister na 'n ou van Sentek wat die SAUK se seine landwyd versprei, wat sê dis vernaamlik beurtkrag op verskillende tye by verskillende plekke landwyd.  Hy sê meeste van hulle substasies is onbeman en as dit na batterye wil oorskakel, is die batterye gesteel !  By groter sentra word die onderbrekings gouer herstel omdat daar bemanning en kragopwekkers beskikbaar is.

Skallie, ek kyk liefs nie kanaal 192 nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/08/2023 - 07:57

Ek weet nie hoe kry hulle dit nog reg binne die raamwerk van die SAUK nie, maar RSG lewer steeds goeie inhoud en produksies. Hulle nuus vind ek nog redelik objektief. Ek luister by die werk tot 09:00 en tussen 12:00 en 14:45, en kry ook van tyd tot tyd ‘n kortstondige gesuis.
 

As ons satelliet radio gehad het soos die VSA sou dit seker nie gebeur het nie, maar die ANC blokkeer mos tegnologie en hou ons in die donker eeue. Kyk nou maar bv na Musk se Starlink.  Die ANC verskil nie werklik veel van die NP nie. Dit laat my dink aan hoe lank lg geskop het teen TV en hoeveel later as die res van die wêreld ons dit gekry het.
 

Hulle was gedeeltelik reg dat TV ‘n boosheid is, want ek glo Amerika se politiese korrektheid wat mettertyd ontaard het in die woke snert waarmee ons tans sit het grootliks deur Amerikaanse media (TV programme en rolprente) na die res van die wêreld versprei. Intussen het die internet natuurlik ook bygekom om dit verder te vererger. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus