Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 minutes ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 minutes ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -28 minutes ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -47 minutes ago
Augrabies canyon Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -55 minutes ago
Rona... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 30/10/2023 - 10:26

Ek dink weer die skeidsregters was bogemiddeld goed hierdie keer.  Ek wens al die games kon so handteer gewees het.  Dis waarom ek nie kla nie.  Skeidsregters maak foute maar onthou deesdae is daar vier van hulle.  Dis amper onverskoonbaar as hulle deesdae een maak wat die finale uitslag van die spel beinvloed.

Ek gooi gou die bal in die lug met hierdie een.  As 'n speler die bal vorentoe aangee met 30cm is dit 'n fout en hy word geblaas en gestraf.  As 'n speler die bal vorentoe aangee met 1 meter is dit dieselfde fout en hy word geblaas en gestraf.  Altwee het die bal vorentoe gespeel ongeag die afstand.  Beide is verkeerd volgens die reels. 

By kopstampe is dit dieselfde.  Kop kontak bly kop kontak en moet gestraf word volgens die reels.  In beide gevalle (Sam en Kolisi) was daar kontak met geen bloed nie.  Albei spelers wat getref was het aanhou speel sonder probleme en niemand is vervang nie. Niemand is afgestuur vir harsingskudding toetse nie want die besering was gering en nie ernstig nie.   LET Wel--Die Skeidsregters is nie gekwalifiseerde dokters nie. Jy kan iemand hard teen die kop klap en hy kom niks oor nie.  Klap iemand op die verkeerde plek saggies teen die kop en hy het breinskade.  

Albei kop stampe verdien die selfde straf.  Dis my siening maar gelukkig is ek nie 'n skeidsregter nie.  Reels moet konsekwent toegepas word vir albei gevalle.   

0
Worcester

Wildehont

Mon, 30/10/2023 - 11:02

Dit sê nie die kaart word opgradeer as iemand seerkry of afgaan weens harsingskudding nie. Die reëls gaan oor wat die intensie was. Kyk na die twee foto’s. Cane staan te regop en is bo Kriel se skouers. Siya is vooroor gebuig en sy kop en skouers is onder Savea se kop en skouers. Die verskil is so duidelik soos daglig en Kolisi was eerder ongelukkig om ‘n geel te kry as wat Cane ongelukkig was om ‘n rooi te kry.

A

B

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 30/10/2023 - 11:15

Kolisi se foto is 'n milisekondes te laat.  Die kontak was klaar verby op jou foto.

Gaan kyk mooi wat die reel beskryf en kom deel met ons.   Kontak bly kontak.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 30/10/2023 - 11:28

Die koppie is oppad terug hierheen. Ons kan aanhou kibbel en die besluite ontleed wat geneem is maar dit gaan nie die uitslag of die geskiedenis boeke verander nie. Of dit nou oor die kaarte gaan wat uitgedeel is of oor ‘n moontlike vorentoe aangee waarvan ‘n drie gedruk is. 
 

Ek glo albei spanne kan tevrede voel en dat die beste twee spanne in die toernooi in die finaal gespeel het en die beste een dit gewen het. Die varings het baie verbeter deur die toernooi maar kon nie die Bokke troef nie. Kom ons kyk maar wat gebeur nadat al die ouer manne uitgetree het en die afrigting spanne verander het.
 

Intussen bly ons die wêreld kampioene en die mees suksesvolle by die toernooi. 4/8 vs 3/10 vir ons naaste teenstanders. 
 

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 30/10/2023 - 13:44

Geert ek like jou foto.

As ek twee Bok spelers kan uitsonders wat die hele reeks goed gespeel het sou dit Pieter-Steph en Kwagga wees.   

0
Bloemfontein

Skerpioen

Mon, 30/10/2023 - 15:41

Wildehond jy het 1930 se stats.wink

 

All Blacks en Proteas het altwee 6 games gespeel.  5 gewen en 1 verloor.   Jy copy en paste te veel.devil

Kom ek help jou gou

https://en.wikipedia.org…

 

 New Zealand 6 5 0 1 325 77 +248 48 35 5 0 3 1 19 South Africa 6 5 0 1 196 77 +119 27 19 7 0 1 0 24

 

All Blacks het 325 punte in 6 games met 48 driee.  Amper 2 keer meer driee as die Proteas.

Proteas het 196 punte in 6 games met 27 driee.

Ek sou sê die All Blacks.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 30/10/2023 - 16:07

Dit gaan oor die wedstryde wat elk van die top 6 spanne teen die ander 5 van die top 6 spanne  gespeel het tydens hierdie toernooi. Die Bokke is die enigste span wat teen al 5 die ander gespeel het en 80% daarvan gewen het.
 

Die varings het net teen 3 van die ander 5 gespeel en kon net 33% (oftewel 1 daarvan) wen. Die hoeveelheid punte wat hulle teen mindere spanne gemaak het is irrelevant. Die beker is steeds oppad terug hierheen en ek sien die varings het terug gesak derde toe op die ranglys. 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 31/10/2023 - 11:45

Ek sien ons kry n vakansie dag in Desember, vir die bokke se wen. Ek hoop net hulle maak seker al die AB supporters in Suid Afrikaaners gaan werk toe daai dag.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 31/10/2023 - 15:22

Die mightyAB supporters moet bietjie humble pie eet. In die parkies gaan blikke optel nadat die feesgangers huistoe is. devil Moet net onthou om die swart rugbytruie te dra. Ek hoor dit gaan ń lekker stinkwarm dag wees. 

0
Pretoria

Geert

Thu, 02/11/2023 - 18:27

Ek het nog gedink om oorwinnings toer te gaan kyk in Pretoria, maar werksplanne het langer geduur. Ek sien op fb dit was geweldig goed ondersteun.  

Ns. Skerp grappe Wildehont 😂🤣

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/11/2023 - 19:18

Ek kan nie glo dat die sirkus voortgaan nie. Dit oordonder die nuus totaal, mens sou glo dat daar niks meer belangrik is, as die rugby nie.

Die mense wat so langs die strate vir ure staan, het hulle nie werk nie??

Ek kan iets oorkom as ek moet hoor "dit het die land se mense verenig" Dit is absolute bollie want;

plaasmoorde gaan steeds voort

EFF haat steeds blankes

korrupsie en bedrog vier steeds hooggety

die land is ekonomies en finansieel in sy moer

ESKOM, Transnet is steeds 'n gemors

Wat mis ek, het die gemiddelde landsburger rerig so afhanklik van sport geraak, dat dit soos 'n afgod aanbid word??

Hierdie is my mening, as julle nie daarvan hou nie, lees asseblief verby, soos Skerpioen sou seg.

0
Irene

Grootwind

Thu, 02/11/2023 - 19:38

Eish Wessel, hoekom dan so beswaard? Daar is genoeg dinge in die land om oor depressief te raak, gun tog nou maar die mense die bietjie plesier, en minstens vir 'n kort rukkie is al die probleme vergete. Sielkundig is dit mos iets positief. Oor 4 jaar is dit 'n nuwe afrigter/s en meestal nuwe spelers, dan begin die sirkus soos jy daarna verwys weer met waarskynlik nie so 'n goeie uitkoms nie. Jy beginne klink soos 'n knorrige ou omie! laugh Terloops, hoe de dinges "lees mens by iets verby"? Om te weet wat geskryf word moet mens mos eers die stuk lees...?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus