Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -22 minutes ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -51 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Worcester

Wildehont

Fri, 12/07/2024 - 14:24

Shingwedzi is my gesin se gunsteling kamp. Ek is ook lief daarvoor, en veral vir die omgewing. Ongelukkig kon ons weens die Ranger se breek minder tydens die besoek rondry as wat ek graag sou wou. Gevolglik het ons ook minder gesien, maar was gelukkig om ‘n pragtige luiperdwyfie te kry die oggend voor die Ranger gebreek het. Al die foto’s is met my foon geneem, so verskoon maar.
 

V

Toe die leeus begin uitdop het verby Kanniedood kon ons nie ry nie. Hulle het twee buffels gevang, die een terwyl hulle aan die ander vreet. Ander wild was volop, en ons het veral baie kameelperde en olifante gesien. Buffels was daar ook meer as genoeg van. Gelukkig het ons uit die kamp ook ‘n paar goed gesien, en die dwergmuishonde het ons daagliks vermaak. Die eekhorings was wel lastig daar en by Tsendze.

Hier is ons staanplek die eerste aand.

A

Ek het die ou grote hoor buikwinde maak en wei anderkant die heining die laaste uur voor opstaantyd op ons eerste oggend by Shingwedzi. Hy bly al ten minste drie jaar in die omgewing om die kamp.

U

Ons het mooi koedoes ook gesien.

T

Die omie en sy vrou met hulle Gecko het my aan Wessel laat dink met sy hunkering na so wa. Kyk hoe netjies is die kantseile verpak.

S

Die gesig van ‘n olifantbul wat uit ‘n sementdam drink is bekend aan alle wildtuin besoekers. Olifante is lief vir skoon water, en dis hoekom die bulle dit doen – hulle kan daar bykom. Die Krugerwildtuin se olifantbulle is bekend daarvoor dat hulle tande plat is aan die onderkant van skuur teen die beton.

R

Ek het voorheen foto’s geplaas van die troppie wat een middag voor ons oor die pad is.

P

Q

Die gesig behoort ook bekend te wees aan vorige besoekers aan Shingwedzi. Dis die troppie op die foto’s hier bo daar onder in die rivierbedding.

O

Kyk die klein kalfie.

N

Verlede jaar het ons nie een vlakvark gesien nie. Hierdie jaar het ons baie gesien. Die ou was gereeld by die aansluiting by die H1-6 met die toegangspad kamp toe. Ons het hom Verruklike Vark gedoop. Dis die titel van een van die kinders se boekies oor ‘n vlakvark toe hulle kleiner was .

M

Die astrante spreeu was by Lamont watergat en is duidelik al gewoond daaraan om gevoer te word. Ons het hom weggejaag, ons voer nie die diere nie.

L

Ek is nie seker wat die watergat se naam is nie. Dis altyd vir my mooi daar. Dit was opvallend droog in die deel wat ons die jaar besoek het. Die seekoeie het in die modder gelê in poele langs die S56.

K

Die knaap by Red Rocks is waarskynlik ook voorheen gevoer.

J

Ek is baie lief vir die stuk van die S52 aan die noordekant van die Shingwedzirivier opstroom van Red Rocks af. Daar is altyd sulke tonele.

I

Ons het met ‘n UV liggie die outjie in die mopanie net agter die Kavango gekry. Daar was ook een in die een sak hout wat ek by Phalaborwa SPAR gekoop het. Gelukkig het ek met handskoene hout gekap toe ek hom gekry het.

H

Een middag toe ons nie kon ry nie sit ek onder die Kavango se afdak en lees. Die outjie kom snuffel toe daar rond. Toe hy terugloop heining toe kyk hy skielik op en begin geluidjies maak. Toe ek vorentoe sit om te sien waarna hy kyk sweef daar baie hoog in die lug twee Maraboes. Hy het wraggies die vorm erken en die ander gewaarsku teen wat hy gedink het roofvoëls is.

G

Een middag stuur ‘n vriend in Worcester sy medelye met ons penarie. Ek stuur toe vir hom die foto en sê ek kla nie te veel nie.

F

Ons het heelwat lewe gesien anderkant die heining ten spyte daarvan dat Salomien ons bure aangespreek het die eerste keer toe hulle iets oor die heining gooi. Niemand het dit weer gewaag nie.

E

Ons kennisse van De Doorns het hulle Bushlapa Ratel gekoop met die kaart op. Dis nogal ‘n oulike idee as mens bietjie gaan toer met jou wa. Hulle sou Botswana toe gaan die vakansie, maar hulle paspoorte was weens ‘n administratiewe fout nie gereed nie.

D

Ek het lekker gewerk saam met die vakmanne van SANPARKE en ‘n kennis van De Doorns en is steeds trots op wat ons vermag het ten spyte daarvan dat daar verdere skade was waarvan ons nie geweet het nie.

C

Die volgende oggend het ons opgepak met die mooi agtergrond. 

B

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 12/07/2024 - 14:44

....................ten spyte van julle groot drama is die mooi fotos darem tog getuienis van 'n Wildtuin-vakansie.  Dankie daarvoor.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 12/07/2024 - 15:17

Om gestrandte wees nie, maar tog ook lekker om in die wildtuin te wees. Net jammer vir die groot skade.

Dankie vir die lekker leesstof, en kyk stof, het die positiewe geniet sover.

Al die fotos is baie mooi, daai laaste een vat die koek, besonderse mooi foto.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 12/07/2024 - 19:20

en wat daarmee saamgaan. Sal wat wou gee om te weet wat in die dwergmuishond se gedagtes omgegaan het - daardie klein gesiggie sê iets....?

Gelukkig was daar vir julle goeie tye ook, en volgende jaar gaan alles sonder voorval verloop (ek glo solaugh)

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/07/2024 - 07:06

Ek het eers Saterdag my e-pos gestuur om ‘n bespreking te versoek vir Julie 2025. Hou maar saam duim vas dat ek kry wat ek versoek het. Maar min of meer dieselfde as hierdie jaar. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 22/07/2024 - 07:30

Mooi sightings Wildehont.  

Ja, dis maar elke jaar half spannend om weer plek in skool vakansie te kry. Ek het die afgelope 3 jaar vir my broer gedoen as ek nog hierdie tyd in wildtuin is....hierdie jaar moet hulle maar weer bel en hoop op eposse. Laasjaar het die persoon agter my 9x staanplekke in Singwedzi probeer bespreek....hy het oorspronklik dit gekry,  maar toe hang stelsel by Skukuza en hul moes "reboot " en toe hul weer probeer is staanplekke weg....dit gaan vinnig....veral as mense so klomp per persoon bespreek 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 22/07/2024 - 09:39

Ek het eers Saterdag my e-pos gestuur om ‘n bespreking te versoek vir Julie 2025.

Ek was om een of ander rede onder die indruk dat vandag 23 Julie is. So kyk ek herhaaldelik vir die e-pos met my bespreking vir Julie 2025 en dit wil net nie val nie. Toe bel ek hulle ek hou 8 minute lank aan. Daar lig die man my in dat dit eers môre oopmaak.
 

Ek is ook maar lekker stupid. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 02/08/2024 - 10:43

Ek wou al lankal die finale inset gelewer het maar werk hou my vas vandat ek terug is (al amper ‘n maand vandag!)

Ons het ‘n dag laat geskuif Tsendze toe agv die probleme met die Ranger wat eers die middag van 26 Junie herstel is (of so het ek gedink).

Dit was warm toe ons daar kamp gemaak het. Gelukkig is daar ‘n lekker groot hardekool op staanplek 28, en ons het die silwer seil oor die Kavango en tent gesit. Daar is egter ook genoeg son op die staanplek vir sonpanele, en ek het nooit gesukkel met die wa se batterye nie. Ek het wel die vrieskas gedeelte van die Snomaster in die wa warmer gestel na 2 grade en ons gevriesde goed in die naaste kamp vrieskas gesit.

G

Daar is baie voëls in die kamp, seker ook maar gevoer deur sekere kampeerders of by die nabygeleë Mooiplaas piekniekterrein.

A

Rodger weet ook waar die uile sit in die kamp. Die skopsuil het naby aan ons staanplek gesit en slaap.

B

Daar is nou twee bosbokkies in die Tsendze ook. Rodger vertel dat hulle ma gevang is deur die plaaslike luiperd by Mooiplaas, en dat hulle toe die twee ingebring het in die kamp in dat hulle nie ook gevang word nie. Hulle is reeds taamlik mak omdat mense hulle natuurlik voer.

C

Ek het al vertel van die twee jagluiperds wat ons gekry het op ons laaste oggend by Tsendze.

D
E

Hulle en die luiperd by Shingwedzi was die enigste katte wat ons tydens die rampspoedige toer gesien het. Ek dink dis die eerste keer wat ek nie ‘n leeu sien tydens ‘n wildtuinbesoek nie. Dit was ook die eerste keer dat ek vir drie dae in die kamp sit omdat ek nie anders kan nie. Gelukkig is ek nie een van die mense wat glo my besoek aan die Krugerwildtuin was ‘n mislukking as ek nie die Groot Vyf of nie ‘n leeu gesien het nie.

Ons het die een middag by Tsendze ‘n broodjie gebak. Dis nou die gelol met ‘n bakkie, daar is plek vir soveel ekstra goed waarvoor die Prado bv nie plek gehad het nie. Ons stop darem nog nie die Ranger se kappie so vol soos Wessel nie. Volume gewys was dit skaars 60% vol (moenie Salomien se aandag hierop vestig nie).

F

Die Sondag het ons opgepak en geskuif Letaba toe. Die laaste oppak van ‘n toer vat lank, so ons is eers net voor 13:00 daar weg. Elke keer wat ons ‘n kar hoor na 10:00 het ons gewonder of dit nie dalk die mense is wat op nr 28 kom staan nie. Hulle was gelukkig nog nie daar toe ons ry nie. Die ere veldwagters wat by nr 1 gestaan het was besig om te haak toe ons oppad uit is. Ek wonder darem of die kombinasie wettig is. Ek weet nie wat weeg die wa nie, maar dis die eerste keer wat ek iemand sien sleep met ‘n Polo.

G

Ons stop altyd en klim uit op ‘n brug waar dit toegelaat word. Die seekoeie in die Letaba rivier was lekker naby, en het bietjie gewoel onder mekaar.

H

Een van die inwonende bosbokkies in die Letaba het by die drein van die restaurant gedrink.

I

Die treurmare van ons tyd in Phalaborwa het ek al van vertel. Hierdie was die Maandagmiddag toe ons gaan kyk het hoe vorder die uitmekaarhaal.

J

En die laaste foto op die toer het ek geneem by Kambro.

K
 

Ek sluit dan die gesprekslyn af met ‘n aanhaling wat ek gesien het in my skoonouers se aftree oord se nuusbrief toe ons by hulle ingeloer het oppad terug. Gelukkig kan ek lag vir my probleme, want ek ry ‘n Ford wink

L

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 02/08/2024 - 10:55

Mooi foto's! Ek weet nie op watter gruispad jy die jagluiperds gesien het nie, maar o wee - dit is darem ook behoorlik sinkplaat gery.

Ons doen dieselfde by brûe waar ons mag uitklim. Drink gewoonlik ook 'n bietjie koffie daar en/of hap ietsie. Ek kan my nie herinner dat ek al seekoeie so naby aan die brug oor die Letabarivier gesien het nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 02/08/2024 - 14:30

L

Baie waar. Dit help nie jy gaan sit op 'n klip en huil nie.  Julle het nogsteeds die kamp geniet al was daar voertuig teenspoed. Selfs in die ergste teenspoed is daar dinge waarvoor 'n mens dankbaar moet wees.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/08/2024 - 14:42

Jislaaik mense, daai S50 was omtrent sinkplaat. Ek het dit gery na Grootvlei toe, die was droog, maar die 10km voor dit was omtrent onrybaar.

Die S49 was net so sleg. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 02/08/2024 - 14:54

Grootvlei toe, die was droog, maar die 10km voor dit was omtrent onrybaar.

Ons het dit van die Noorde af gedoen, en die stuk Noord van Grootvlei was net so erg. Dan kom mens by Grootvlei en dis droog. Daarna moet jy die sinkplaat weer terug ry ook. Ek was nie beïndruk nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/08/2024 - 17:49

Sjoe, julle was baie gelukkig om die 2 katjies raak te loop. Dit was dan redelik naby aan waar ons die luiperd in die boom gekry het.

Ek dink daai ereveldwagter verkrag die Polo. Dit lyk nie eers na een van die warm GTI's of V6 knape nie. Dan praat ons nog nie van lisensiegewig van karretjie nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 02/08/2024 - 18:31

Ek aanvaar die ereveldwagter is die een wat tussen die Polo en die karavaan staan en vir die fotograaf waai.  Indien dit die geval is, kan 'n mens die afleiding maak dat hy iewers langs die Wildtuin woon en dus heelwaarskynlik nie ver sleep nie, en in die Wildtuin feitlik geen opdraendes het nie.  Indien my afleiding korrek is, is dit verder nog 'n goeie ding dat meer mense rondom die Wildtuin die boodskap van natuurbewaring uitdra en dit sal goeie nuus wees.

Ns. In sodanige gevalle dink ek 55 jaar terug waar ek met my Ford Anglia en Sprit GT die hele Suid-Afrika en die destydse Suidwes-Afrika rond gereis het.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 02/08/2024 - 19:37

Dit is Rodger wat waai. Die ere veldwagter is besig om sy wa te haak met die Polo. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 09/08/2024 - 07:52

Verlede Saterdag was daar sport by ons skool se sportgronde. Met al die lyfies wat daar beweeg het ons personeel die kiewiet se nes afgekamp. 
 

A

Dit was vir die eerste keer sedert ons terug is van die wildtuin af bietjie warmer, en die Ranger was in die son geparkeer. Toe ons ry sit ek die lugversorging aan, maar dit maak glad nie koud nie. My vermoede dat Phalaborwa Ford al die gas uitgelaat het toe die voorkant van die enjin uitmekaar gehaal is, is gister bevestig.
 

Die plek waarheen ek dit gister gevat het doen eers ‘n druktoets, dan ‘n vakuumtoets, en kyk dan met ‘n UV lig vir lekplekke. Nadat hulle die gas terugsit toets hulle weer en daar was geen lekplekke nie. Dit moes dus Ford se werk gewees het. Nog R966 by die koste van die meganiese teespoed wat ons gehad het by Shingwedzi.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus