Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
118792 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pretoriuskop is tops ! Kruger Wildtuin-stories Len Loader -7 hours ago
Nou glo ek jou.

Gepraat van…
Strydoms in Pilansberg Chris Boucher -7 hours ago
Pretoriuskop Kruger Wildtuin-stories Chris Boucher -7 hours ago
Tent

Aircon

AREA Boksburg
te koop Jurgens 1993… Steven -8 hours ago
Pierre, "Isocharger" 94… Johann L -8 hours ago
Ongesien, te koop Jurgens 1993… Johann L -9 hours ago

Forum Borge

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Sun, 11/08/2024 - 08:42
Forums

Goeiedag Forumlede

Soos julle weet is kampforum 'n nie-winsgewende gemeenskapsblad wat afhanklik is van privaat fondse om aan die gang te kan bly.  As daar enige lede is wat kan help met finasiële bydrae tot die blad se onderhoud / instandhouding sal dit BAIE waardeer word.

As jy 'n bydrae wil maak  tot Kampforum, gebruik asseblief die volgende bankbesonderhede:

Louw

Capitec banking (savings)

code: 470010

1682079226

kf

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/08/2024 - 08:59

.... dalk moet jy net noem wat die maandelikse koste verbonde is, dan help ons graag.

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/08/2024 - 09:21

.... jy moet asb al die bank info verskaf. ABSA wil ook die takkode en/of die taknaam ingevul hê. 

As ek Capitec intik, vra dit "business or banking"

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/08/2024 - 09:57

...volgens ABSA is die rekeningnommer ongeldig. Kort daar nie dalk nog 'n paar syfers nie??

Centurion

Voortrekker

Sun, 11/08/2024 - 10:09

Wessel die kostes beloop soos volg.

Algemene IT ondersteuning wissel maar is gemiddeld so R4300 jaarliks

Hosting en domain = R 3075 jaarliks

Brits

Wessel Strydom

Sun, 11/08/2024 - 10:28

Voortrekker, ek wil voorstel dat jy jaarliks ons aandag vestig op die onkostes, sodat die forumlede 'n bydrae kan maak. Ek dink en onthou nie sulke dinge nie.

Dankie vir jou onbaatsugtige werk verbonde aan die forum.  

Pretoria

Geert

Sun, 11/08/2024 - 11:17

Ek sal betaling maak, maar gaan hom opsplit....sal later die jaar weer betaling doen

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 11/08/2024 - 12:35

Gedoen...............................................................en dankie vir jou werk. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 11/08/2024 - 17:23

Skuus, my stukkie is so, en dit voel so half waarmee ek deedae wroeg.

Ons landbou vereniging met nagenoeg 100 lede. Ons betaal jaarliks ń fooi van  sowat R900.00. Die is vir die papier en ink en bestuurslede se braai en drink. Verder sal ons deurentyd gevra word vir ń ietsie ekstra... Self gee neef sowat R1000 per jaar vir die " tekorte".

As ons Forum ń jaarlikse fooi moet hef vir die lede, sal elkeen kan besluit of hy, of sy., lid wil wees. Hoeveel lede is daar tans?

Skuus, maar neef gaan regtig nie, wat moontlik  ń verpligting raak, aangaan vir ń kampgeselsgroep deelname nie. 

Groetnis.

Vaalpark

Johann L

Sun, 11/08/2024 - 19:05

Moet dit 16820792262 wees, of moet dit 16820792226 wees, wil net seker maak ek help nie vir gawe gawie van die diefstal eenheid nielaugh

Worcester

Wildehont

Sun, 11/08/2024 - 20:20

Dan kos dit per lid R614,58 per jaar. Of R51,21 per maand. Hoeveel lede neem gereeld deel? Ek is te lui om ‘n lys te maak. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 11/08/2024 - 20:22

dat ek deel van hierdie forum kan wees. Ek het soveel geleer van 'n verskeidenheid onderwerpe waarvan ek geen begrip gehad het nie, saam gesels en ervaring gedeel, vakansie beplannings en terugvoer geniet, nuwe idees vir braaigeregte gekry en selfs 'n storieboek gehad om te lees. Die lys kan nog aangaan.

Baie dankie Voortrekker vir die platform wat jy geskep het en vir ons instand hou.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/08/2024 - 06:56

...is niks verniet nie. Ek is van mening dat dit net billik is om by te dra tot die genoemde kostes.

  Ek stem saam met Chris S, daar is sekerlik darem 12 of meer aktiewe deelnemende lede, dan praat ons nog nie van die ander lede nie.

Ek vind ook die forum deel van my verwysingsraamwerk, en put baie plesier daaruit. Boonop bied dit my 'n geweldige vriendekring, waar ek kan aanklop vir raad en hulp. 

Vaalpark

Johann L

Mon, 12/08/2024 - 08:00

Om bydrae tot iets nuttig te maak is 'n voorreg en om dit nie te doen nie is ook elkeen se voorreg. 

Banke, glo ek, het 'n funksie waar jy herhaalende betalings kan aktiveer, Capitec weet ek het die funksie. Dalk wil iemand anders ook soos myself, eerder 'n kleiner maandelikse bydra maak.

Al neem ek nie meer baie deel nie, lees ek elke inset en geniet die forum baie.

Irene

Grootwind

Mon, 12/08/2024 - 09:13

Ek hoor Vories se versoek maar, soos Neef, het ek ook my bedenkinge. Aan die einde van die dag moet "waarde vir geld" sekerlik ook ter sprake kom? Soos dinge tans staan - ek het 'n rukkie terug ook daarna verwys - is daar nie veel wat my trek nie. Min of meer altyd dieselfde 5 of 6 deelnemers met grootliks dieselfde onderwerp, Oom Paul se Willetuin. As dit mens se ding is,reg so, indien nie, hoekom sal ek wil betaal vir iets wat my nie aantrek nie? As mens na die groter prentjie kyk lyk dit asof daar sowat 1800+ forum lede is, as daar sê nou maar sowat 10 op enige gegewe tyd aan lyn is (met slegs die helfte of dan 5 wat aktief deelneem), gee dit maar 'n skrale 0.3% lede wat wel direk baatvind (deelneem) of dan, as die ander 5 "stilswygendes" wat ook aan lyn is bygetel word, aanlyn is slegs sowat 0.55% (miskien is my somme nie te akkuraat nie maar ek dink dit demonstreer die punt). Maak nie juis 'n goeie besigheids argument nie? Ander forums soos bv die 4x4 Community Forum is uiters aktief met 'n geweldige groot verskeidenheid insluitende kampering, karavaan sleep, ens. bo en behalwe spesifieke 4x4 onderwerpe (teen geen bydrae nie). Dink die besigheids model van meeste werklik suksesvolle forums rus swaar op advertensie inkomste. Maar dan gaan dit oor die aantal "clicks"....sal graag wil weet wat die Kampforum se statistiek sê? Daar is wel 'n klompie adverteerders op Kampforum? In alle geval, ek loer deesdae slegs in by uitsondering en dinge lyk elke keer maar soos dit tevore was, selle deelnemers, selle onderwerp. Jammer as ek op party mense se tone trap...maar dit is hoe dit is. Sal weer oor 'n maand of twee kom inloerdevil