Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -9 minutes ago
Bome omwaai November 2026 Geert -6 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -19 hours ago
Hael November 2026 Geert -20 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago

Selfverdediging

Brits
Submitted by Wessel Strydom on

Julle het seker ook die berigte gelees van die Hilux eienaar wat 3 booswigte doodgeskiet het. Dit is omtrent in al die Transvaalse koerante.

Die ou het gery, op N1 naby Soweto, toe 2 ongemerkte voertuie hom beduie om te stop. Drie van 6 in totaal, booswigte klim uit en beduie/sê vir hom daar is iets fout onder sy bakkie. Die persoon leun toe uit om onder bakkie te kyk, waarna hulle hom met mes[se?] dreig en sê----ons wil net jou Hilux hê. Trek die man sy vuurwapen en klop aldrie morsdood. 

Nou lees ek van 'n prokureur, voorsitter van gelisensieerde wapen groep, wat sê;

1]jy het die wetlike reg om jouself te verdedig as jy 'n wesenlike dreigende lewensgevaar verkeer

2] jy hoef nie te wag tot daar op jou geskiet word nie. Sodra iemand 'n vuurwapen op jou rig, of iemand anders, mag jy jou wapen gebruik

3] hy waarsku egter dat jou verweer sodanig moet wees om die aanvaller te stop, nie met die doel om dood te skiet nie.

Laasgenoemde is 'n bleddie fynlyn, veral as mens bewe soos ek. Ek hoop altyd dat ek nooit in so 'n situasie, waar ek myself of medemens, moet verdedig beland nie.

  Ek hoop daar kom niks van die aanklagte teen hom nie, dat hy paraat was, en sy wapen kan hanteer, is gewis.

 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 30/10/2024 - 20:13

Ons het ‘n paar jaar gelede ‘n selfverdedigingskursus gedoen. Die ou wat dit aanbied het iemand wat hom aangeval het in sy besigheidsperseel gedood tydens selfverdediging. Hy is aangekla maar is vrygespreek op die ou einde. Dit het hom destyds egter R150k gekos. Hy sê jy daag telkens by die hof op dan is die staat nie gereed nie en word die saak uitgestel. Elke keer moet jy jou regsverteenwoordiger betaal want hy/sy het voorberei en tyd deurgebring by die hof. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 31/10/2024 - 06:12

...dit is baie erg. Soos ek sê, ek hoop rerig dat ek dit nooit hoef te gebruik nie. 

Ek weet ook van 'n geval waar iemand mislei is om 'n item te gaan koop in Winterveld, noord van Pretoria. Natuurlik was dit 'n lokval vir roof en moord, maar hy het ook 'n paar gedood. Binne 5 minute het polisie uit die verlate bloute opgedaag en hom bloot beveel om te ry. Hy is nog nooit eers aangekla nie. 

   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus