Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -2 minutes ago
Bome omwaai November 2026 Geert -6 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -19 hours ago
Hael November 2026 Geert -20 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago

Huweliksherdenkings

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on

Neef en Yvonne het onlangs hulle huweliksherdenking gehad - ek kan nie onthou hoeveel jaar s'n dit was nie. Rona en Daan s'n was gister. Sy's stil oor hoeveel jaar s'n dit was. My en Ralie se 49ste is eerskomende Vrydag.

En na aanleiding van ons gesprekke rondom hierdie onderwerp die afgelope dag of twee, laat kry Maurits vir my die volgende foto van sy en Martie se 52ste. En die twee lyk nog steeds verlief. Veels geluk julle twee!!

Huweliksherdenking

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 14/12/2024 - 14:09

Die 3de November was dit 46 jaar. 

Grootwind het hier erens genoem van sy herdenking , is dit vandag of môre.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/12/2024 - 15:05

Baie geluk met 42 diensplig jare. Ek vertrou julle het die dag terdeë gevier.

Troos jou, die volgende 40 jaar is nog beter, want die kinders is uit julle sakke uitlaugh

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 18/12/2024 - 17:40

Dankie! Ek sal vanaand my aandele weer bietjie optop, kan nou wel nie by die see wees soos party gelukkige maters nie, maar sal daarvoor opmaak deur by O'Gallito's hier in Centurion hulle seafood platter te gaan eet! 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 18/12/2024 - 21:33

vir julle toegewens, Grootwind - dit is haalbaar, siende julle gebalanseerde leefstyl (Antie altyd met 'n hoofletter en jy wat betaal vir 'n heerlike seekos-ete....)laugh

Geniet die aand verder.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/12/2024 - 07:24

Dit is hoe lank ek en my beter-helfte vandag getroud is. My ver dogter was gister 26 jaar getroud. Ek het gister vir haar gesê dat as jou kind al 26 jaar getroud is, moet jy aanvaar dat jy al bejaard is. In my kop voel ek nog nie bejaard nie, maar die ou lyf sé tog baie keer dat dit wel die geval is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 20/12/2024 - 08:38

Veels geluk Bouchers en ander uithouers en aanhouers.  
 

die ou lyf sé tog baie keer dat dit wel die geval is

Toe ek gister nog verf gaan koop vir ons huis se dak skerts die personeel oor pyne as mens soggens opstaan uit die bed uit. Die een sê toe mens moet bly wees as jy hulle kry, dit bevestig dat jy nog leef. 

0

Genugtig julle, dis 'n laaang tyd.  Baie geluk aan almal en meer geluk moet aan julle beterhelftes gaan.  Om solank met julle huis te hou is 'n groot prestasie. (Wou sê moerse)

En om te dink ek was Augustus beindruk met my 31 jaar.  Ons het nog 'n ver pad om te stap.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/12/2024 - 09:20

....baie geluk met julle 49 jare saam. 

Mag die volgende klomp!!!! jare net lekker gesonde vreugdevolle tye saam wees.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 20/12/2024 - 09:28

Geluk die Bouchers.

Volgende jaar is die goue bruilof. As jonger mens was ek by so paar van hulle, en dan sit die verkreukelde kieriestappers daar verwese aan tafel. Ek glo weliswaar dat van ons generasie, anders is, en sal nog op die tafel dans.  Chris en Ralie het beslis nog ń paar goeie jare oor. Sal ń glasie op julle skink vanaand.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 20/12/2024 - 09:46

En om te dink ek is nog net so lief vir dié ou girlie uit my jongdae. Ons is nie een van daardie paartjies vir wie dit "love at first sight" was nie - inteendeel, ons het aanvanklik 'n wedersydse gly in mekaar gevang. Ek sou nooit tydens ons eerste ontmoeting kon glo dat dit my vrou vir die toekoms sou wees nie. En dieselfde het maar vir haar ook gegeld. Sowat 3 jaar na daardie eerste ontmoeting staan ons toe waaragtig voor die kansel. En vandag, 49 jaar later is ons steeds ingehaak bymekaar - ten spyte van al ons skete en kwale.

0
Sandbaai

maurits

Fri, 20/12/2024 - 10:02

Baie Chris en Ralie, mag dit n mooi dag wees. Alles wat mooi is vir wat nog voorle. Ek het nou net by ons OK winkel Lecacy boerewors op sy aanbeveling gaan koop. Sal dit vanaand probeer. Maurits

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 20/12/2024 - 16:17

Net voor hierdie dag ook verby is wens ek vir julle nog vele gelukkige en gesonde jare saam. "Ingehaak bymekaar" beteken julle gaan nie gou kieries nodig hê nie en kan nog baie maal die karavaan maak staan. Lekker dag verderheart

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus