TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -2 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -4 hours ago

Brandstof verbruik

Submitted byFrikadel onMon, 29/05/2017 - 10:58
Forums

Ek blaai gister so biki deur vleisboek en was verstom oor al die gevegte wat woed oor voertuie se brandstof verbruik, meer spesifiek bakkies en 4x4's. Die een se trokkie gebruik 11l/100km, daai een baklei met hom en beweer hy stoot die trokkie en so gaan dit aan.....en aan.

Nou wonder ek so by myself, as jy die dag daar by die dealership instap en so om n blink nuwe double cab 4x4 stap en hom so wielskoppend deurkyk weet jy mos die outjie is dorserig en gaan jou nie die brandstof verbruik gee van n bv n Polo TDI nie.

n Baie goeie syfer vir n diesel bakkie is om en by 10 kilos op n liter en vir n petrol outjie so tussen 5 en 6 kilos op n liter.

10 kilos op n liter is volgens my n poks, n bargain soos die Ingilsman sal se en as jy sleep is enige iets bo 6 kilos op n liter n lekker koue bier werd.

Ek kry die idee dat manne met R500 wil afsleep Kaap toe...

As jy nou gepot wil word om n braaivleis vuur by n ram paartie dan moet jy nou beweer Koos se Land Cruser is swaar op sous.., of jou Isuzu gee jou 12 kilos op n liter met n Penta op sy gat.

Check maar n paar manne saam, nou nou is die onderwerp van brandstof verbruik om die tafel.

Gelukkig debater die manne nie meer oor die beste, sterkste en mees betroubare bakkie nie.............want die Hilux het mos al daai titels ingepalm........met lof!

 

Bloemfontein

OOM JEEP

Mon, 29/05/2017 - 11:44

So n klompie jare terug ry ons met my 2006 Cherokee 3.7 kuier kuier Underburg toe. Ons is agt in die geselskap.  Ander vier ry met n Hummer. Ek moes net aanhoor hoe lig is hy op petrol. En ek oorweeg toe om die Jeepie te ruil ... maar owee .. na die tweede  saam saam ingooi kom ek agter die maat se hummer is nog dorser as die jeep. Dit genees my toe heelemaal van n hummer. Moet julle sê. Daai maat het n koelbox so groot soos die hummer se gat agter in, gelaai met die kastele. So verdwaal ons....  moedswillig..  in die berge want ons ry mos 4 x 4 s. En soek vanaf  Howick al die kort paaie. Ry 20 minute. Stop twintig minute. Waar ons 14h00  moes inboek by die vakansie plek, kom ons eers 20h00 daar aan.

Maar dis "besides the point" wou net vertel v.d. die gelieg oor goeie brandstof verbruik.

Ander storie... Hoe kry jy jou Cruiser lig op brandstof..... Lieg daaroor.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 29/05/2017 - 12:01

Gelukkig is dit een leuen wat ek darem nie hoef te vertel nie.  My our Yarissie is regtig lig op brandstof.   laugh

Waar my wa staan

Arie

Mon, 29/05/2017 - 12:10

Oom Frik, kan ook nooit verstaan hoekom daaroor lieg nie, ek weet net my petrol Pajero is nogals swaar, maar mens moet seker maar besef as jy krag wil he moet jy maar verbruik inboet.

Ek weet dat 'n klein Polo seker baie ligter sal wees as die Pajero, maar hy gaan maar sukkel om die Penta te sleep?

Die heel ekonomieste is eker maar 'n trap fiets, maar ek weet nie of ek en Petra saam met trapfietse die Penta sal beweeg nie.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Mon, 29/05/2017 - 12:29

Môre Maters,

Stem 100% met jou saam oor die grootpratery oor brandstof verbruik.

Vir my is die enigste manier om permanent boek te hou van hoeveel brandstof jy op 'n slag ingooi oor 'n lang periode. Het die Amatipper nou vir 4 jaar en agt maande en ek weet presies hoeveel diesel ek gebruik het oor die ongever 155600km.

Daai gemiddeld is mos nader aan die waarheid as hiervandaan Warmbad toe en terug.

Vir die trip deur die Kolonie in Maart het ons ongeveer 4900km gery en 'n sekere hoeveelheid diesel ingegooi. Ons het egter ongeveer 15ookm nie gesleep nie, so mens kan dan weer net met gemiddeldes werk.

Ek wil weet wat my verbruik is sodat ek my manier van ry, vrag wat ek saamkarwei ens  optimaal kan maak om daai brandstof uitgawe so laag as moontlik te hou.

Net sommer vir 'n finale hap Frikkadel -- my 155k verbruik is 11,03km per liter en die Kaaptrip was 8,09km per liter. EK is heel tevrede.

Centurion

Dusty

Mon, 29/05/2017 - 12:35

Dit laat my nou dink aan een van my vorige kollegas wat sy Chev verkoop het. Die koper kom 'n paar maande later terug en vertel dat die voertuig swaar op branstof is. Vanaf Pta na Polekwane moet hy twee keer vol maak en sy vriend net eenkeer.

Die Chev se tenkinhoud is 40 liter en die vriend sin 80 liter. Die brandstof verbruik is dieselfde maar vir hulle gaan dit om die kere wat dit vol gemaak moet word

Nou loop en vertel die hardebaarde dat hulle 12 km/l kry met hulle bakkies.

Nou ek ry mooi, even baie besadigd volgens my OUTsurance App gaan ek selfs discount kry op my voertuig virsekering..........en ek kon nog nooit meer as 800 kilos op n tenk diesel kry nie.

Ek het eendag gaan staan, in die nag, in n baie stil nywerheidsgebied, dolleeg op 730 kilos, dit was die beste mees gevaarlikste en riskante toets wat ek nog gedoen het, en klaaglik gedruip het.

Tannie Poppie en die kinders het vir dae nie met my gepraat nie.....

Nee wat, as jy so skop-skop teen daai groot wiele dan moet jy weet jy gaan baie van daai pienk mandellas uithaal vir n besadigde sleep trippie Kaap toe...en aanvaar dit so of koop n driesilinder diesel karretjie en verkoop jou wa.

Andre, dis nou nie iets waaroor ek ooit sal stry nie, daai Amatrok is suinig met die sous, ek onthou myne het op die lang pad Kolonie toe) sonder iets aan sy gat gelek aan 1000 kilos as ek oraaiterig gery het.

Moet se dat die nuwe Hilux se syfer nou ook staan op amper 11 kilos op n liter uitgewerk op jou metodiek.

Voorie, VW se TDAAIS is vrek suinig maar hou nie terug met NM's nie!!

Lekker sleep voertuie vir ligte gery waens.

Pretoria - Oos

Andre Smit

Mon, 29/05/2017 - 12:54

Nog een van daai rumours is "man ek voel nie eens daai P.... op hierdie nuwe T,P,F,A, se gat nie"

As 'n man eers met daai str.....,, wou sê stronke uitkom dan kan jy maar wag vir daai " myne gee my .... km/l met 'n wa op sy gat en all die Tjenners se fietse ook opgelaai."

Waar my wa staan

Arie

Mon, 29/05/2017 - 13:45

Oom Andre, nou verloor jy hierdie ou man heeltemaal met al daai afkortings!!

Wat is 'n P op jou gat en wat is 'n TPFA, is dit nou iets te doen met die hardware of software in jou laptop of wat??

Laas wat ek by Teazers 'n lapdance gekry het, het die jong dametjie ook so in afkortings gepraat, later het verstaan my hardware in my skoot is nou nog net software?

Pretoria

Slowstrike

Mon, 29/05/2017 - 13:48

Ek het na deeglike navorsing (baie somme ens ens ens.) die geheim van brandstof verbruik ontrafel.

Die probleem lê in die gewig van die bestuurder se regtervoet. Soms is dit die oop pad wat lyk of daar vir myle ver niemand is nie (Dan raak die voet swaarder) en so ook die verbruik.

Die oplossing is om ligter skoene te dra.

Groetnis

Centurion

Dusty

Tue, 30/05/2017 - 04:34

In die jare toe brandstof skaars was en die pompe net sekere tye oop was het ons brandstof verbruik goed dop gehou.

Wanneer ek gaan kamp en die wa is gehaak dan ry ek tot die voertuig brandstof nodig het en maak dan weer vol.

Dit is soos wat Arie eenkeer gese het. Maak nie saak wat die prys van branstof is en die branstof verbruik is nie, gooi nog steed net R200.00 in

Vaalpark

Johann L

Tue, 30/05/2017 - 07:02

Volgens AA kan ons vongende Woensdag darem so effens asem haal?

"Following the release of unaudited month-end fuel price data by the Central Energy Fund, the AA expects the that petrol price will drop by up to 26 cents a litre, with a 20 cent drop for both diesel and illuminating paraffin in June"