....geld.
Na aankleiding van Chris en sy vering verbetering, wonder ek;
Wat sou dit hom gekos het by die gewilde en bekende plekke soos 4x4 LA Sport, Opposite lock en noem maar op byvoorbeeld. Sonder om die firmas af te kraak, want sekerlik lewer hulle goeie produkte en diens, maar, teen watter prys vir daardie naam.
Ek glo dat die opgradering en herstel van Chris se Prado heeltemal voldoende is, dus wonder ek net wat dryf die 4x4 mark, hetsy met voertuie, boswaens, kamptoerusting en enige verwante produkte. Dit voel vir my dat iets magies die prys van sulke toebehore net vreeslik duur, en blykbaar aanvaarbaar maak.
Is dit ons eie ego en windmakerigheid?? Ek moet mos darem ook met dieselfde tipe produk en handelsmerk as die en daai, en dalk Voetspore kampeer.
Dis soos ek wanneer ek die vreeslikste grondpad buitebande aanskaf, rof en onbeskof, sywalle lyk soos Meiringspoort, en dan kruip ek op Kruger en Pilansberg se grondpaaie.
Dalk moet ek....
....liewer die gebrabbel terug trek. Heel moontlik spreek dit van totale onkunde.
Jou voorbeeld is heel vanpas. Ek dink ook daaraan om 'n dakrak op te sit, sommer vir die sonpanele, en 'n stuk hout om by die bande te pas.![]()
Nie onvanpas nie
Die blote verskil tussen die prys van nuwe kronkel vere (amper R12k by Toyota vs R4k by Louis) sê vir my ek word beroof by die agent. Dis nie OME of enige spesiale maak nie - dis net nuwe vere. Dieselfde met die lugsakke. Gremeltech is die bekende handelsnaam. Een verskaffer in Worcester vra my R13k daarvoor, en die ander (wat net 4x4 diens en ‘n baie groter werkswinkel het) vra R6k. Daylight robbery.
Wat regverdig daai prysverskil??
Môre almal
Ek is sekerlik maar net te platkop om ekonomie, vraag en aanbod te begryp. Dit is seker maar die vryemarkstelsel wat by my verbygaan. Ek babbel sommer in die algemeen, en geen verskaffer, hetsy produk of diens word doelbewus geteiken nie.
Neem as voorbeeld, die vervaardiging van 'n stel spiraalvere, of selfs bladvere. Daar is materiaal ter sprake, 'n werkwinkel [fabriek] en kennis, en gehaltebeheer. By enige veer is daar 'n materiaalbehandelingstap, die korrekte hittebehandeling en/of temper ter sprake, wat die produk se veerkragtigheid, en lewensduur gaan bepaal.
Nou kom die vraag, is die vere wat in Chris se geval, deur Toyota en die Louis ingesit sou word, so verskillend, of is dit 100% identies, vanaf dieselfde vere verskaffer. Lê die prysverskil in die gehalte van die produk, gerugsteun deur bewese materiaal/vervaardigings-tegnologie en gehalte prosesse,
Betreffende die installering, het begrip vir die rol van oorhoofse kostes betreffende persele, personeel, tussen "groot plekke" en klein tuisbedryf werkwinkels. Hoe groter en blinker, en personeelgetal, natuurlik 'n hoër arbeidsprys. Dit gaan egter nie altyd gepaard met beter diens nie. Ek vermoed dat 'n eemansaak [werkwinkel] se diens baie keer veel beter is, as groot plekke.
Dalk begin ek op my oudag verander in 'n anti-kapitalis, of word sinies, of is dit seniel???
Van Spiraalveer…
Van Spiraalveer spesifikasies weet ek bokkerol, en sal nie n nie kan onderskei tussen n namaaksel en oorspronklik nie.
Wat ek wel as voorbeeld kan gebruik is my ryding se oliefilter. Op n kol besluit om die G.d te gebruik ipv toyota se filter wat 4 keer die prys is. Sit die filter op, d. Kom egter agter dat daar na elke stop n paar sekondes se "tappet" geraas is, en dan stil word. Ek kry n ander G.d en na dit opgesit is, gebeur dit steeds. Kry n Toyota filter en bekyk dit goed, sit dit op, filter bly vol, geraas weg. Dit het n klep wat keer dat die filter leegloop sodra jy enjin afsit. Die slotsom is dat die twee nie dieselfde vervaardig word nie, selfs die gate wardeur olie gepomp word is heelwat kleiner op die G.d. Ek het nie oopgesny nie, maar ek glo dat die G.d dalk genoegsame filtrasie gee, maar of dit dieselfde standaard as die Toyota filter gaan wees, betwyvel ek.
Ek het goeie voorbeelde van Chinese enjins wat direkte Copys is Honda enjins. Lyk op n druppel na soos die oorspronklike, maar begin werk aan hom, en jy sal die verskil in die komponent kwaliteit duidelik sien.
So miskien as n spiraalveer soos n ander een lyk, mag daar dalk n onderliggende verskil wees, wie sal weet.
Neef ek kan bevestig dat…
Neef ek kan bevestig dat Frontrunner absoluut die geld werd is bo ander dakrak verskaffers. Toe ek destyd in die mark was het ek gekyk na goedkoper opsies, maar is so bly ek het die frontrunner laat opsit. Ek het ook 'n spaarwiel bracket op net vir ingeval ek dit op die rak wil vasmaak.
@ Wildehont - die 6K vs 13 K vir die lugsakke? Sluit dit installasie in?
Installasie ingesluit
die 6K vs 13 K vir die lugsakke? Sluit dit installasie in?
Beide pryse sluit installasie in. Die R6k sou waarskynlik meer gewees het as ek nie terselfdertyd die vere laat vervang het nie. Maar die vere, installasie ingesluit, het R4k gekos. Teenoor R11 207,65 wat die agent kwoteer het daarvoor.
Wat filters betref stem ek saam met Oom Neef dat die Toyota produkte gebruik moet word. Vere kan ek nie dink dat ‘n motorvervaardiger self gaan maak nie. Vering, wat die skokbrekers insluit, glo ek hulle koop aan.
Natuurlik kry mens aftermarket produkte soos Old Man Emu wat beter as die is waarmee die voertuig uitkom, maar teen ‘n wilde prys. Ek sou dit miskien oorweeg vir ‘n voertuig soos my Everest, wat op ‘n bakkie onderstel gebou is. Maar die Prado ry reeds baie gemaklik.
Dink baie van ons het…
Dink baie van ons het ervarings gehad met sg. "egte" onderdele deur 'n werkswinkel gebruik ipv EGTE onderdele. Ek het op die harde (en duur) manier geleer dat mens nie sg "egte" (lees "roof") onderdele gebruik in plekke waar die arbeidskoste jou gaan doodmaak as jy die werk weer moet laat doen omdat die sg. "egte" onderdeel later gefaal het nie. Hier dink ek aan goed soos koppelaars, olie en waterpompe, nokas bande/kettings, en dergelike goed. Wat Willehont se spiraalvere aanbetref is die goedkoop vere nie dalk nie so 'n groot probleem om later weer te vervang as die "egte" uitdraai om nie die EGTE onderdele te wees nie, relatief iets wat maklik reggestel kan word. Daarby moet mens seker ook byvoeg dat die groot handelaars se "chroom en glas" geboue etlike miljoene kos om te bou en in stand te hou....die koste moet erens gedek word en dis gewoonlik te sien in dinge soos arbeids tariewe, onderdeel pryse en ensovoorts. Dis hier waar die klein een man werkswinkel 'n voordeel het, as die eienaar boonop ook oorspronklik deur bv. Toyota opgelei was des te beter. Wat die Prado aanbetref sal tyd sekerlik leer...
BFG mud terrain bande
Hier moet ek van Oom Neef verskil. Ek het ‘n toer deur Botswana gedoen met ‘n Defender 110 met so stel op. Die padgeraas was iets verskriklik, en vir sand glo ek AT is heeltemal voldoende teen die regte banddruk. Ek vermoed ook die mud terrain gaan nie so lank hou as mens, soos meeste van ons, oorwegend teerpad ry nie. Dit gaan dalk ‘n negatiewe impak op brandstofverbruik ook hê?
Eenmansaak se reputasie
Wat Willehont se spiraalvere aanbetref is die goedkoop vere nie dalk nie so 'n groot probleem om later weer te vervang as die "egte" uitdraai om nie die EGTE onderdele te wees nie
Die eenmansaak wat hulle ingesit het, is al 25 jaar in besigheid. Die 4x4 entoesiaste plaaslik (die wat ernstig is daaroor en hulle 4x4’s meestal net daarvoor gebruik) gaan almal na hom toe. Ek dink nie hy gaan homself ‘n guns bewys deur ondergeskikte produkte in te sit net om goedkoper te wees as die agente nie.
6K vir lugsakke +…
6K vir lugsakke + installasie is 'n baie goeie prys. Lugsakke kos gemiddeld nie minder as 6.5K net vir komponente nie.
Ek weet want ek shop self rond vir lugsakke om op my "Croozer" te installeer vir wanneer ek gaan toer met water en allerhande swaar goed gelaai.
Wildehont, die wat ek…
Wildehont, die wat ek geskryf het oor die bande was n "tong in die kies" aanmerking. Modderbande lyk mooi op Jeep Rubicon in n foto met n girl wat so oor die bonnet gedrapeer is.
Laat ook enige Hilux soos Rambo se ryding vertoon.![]()
Mud terrain bande
Wildehont, die wat ek geskryf het oor die bande was n "tong in die kies"
![]()
Dit maak nou sin!
Kom kuier Anton
Ek weet want ek shop self rond vir lugsakke om op my "Croozer" te installeer vir wanneer ek gaan toer met water en allerhande swaar goed gelaai.
Jy sal maar moet inloer wanneer jy weer hier verby ry. Laat weet as ek Louis se nommer vir jou moet stuur.
Gratis reis Kaap toe
My besparing sal die brandstof soontoe en terug betaal....
Jy sien. Die nadeel is natuurlik dat na-verkope diens gaan lol oor die afstand. Dalk moet jy ‘n kleiner installeerder soek daar bo. Die groot plekke soos Safari Centre is maar lekker duur (die motivering vir hierdie gesprekslyn)
lugsakke + installasie ...
Ek het myne destyds in Voortrekker Weg by LA Sport laat insit en hulle was die goedkoopste daai tyd.





Verstaan nie heeltemal jou…
Verstaan nie heeltemal jou vraag nie Wessel.
Wat ek kan bydra. As ek n stuk toerusting soek om n sekere job te doen, dan sal ek al die fabrikate deurgaan en besluit wat pas my die beste. Die Cruiser het n Frontrunner dakrak en leertjie. Die dakrak het n lae profiel, en dekstroke met gleuwe is wat skuifbare ogies kan in gly, of n 8mm bout se kop inpas. So om Jerrykanne te monteer, waar jy dit wil plaas is eenvoudig. As ek n ekstra spaarwiel saamry, sit dit op n bracket en dit is stewig. Jy kan vir elke trip jou uitleg aanpas.
Maar die produk word deur LA Sport versprei, so was ek beperk tot hulle om te prys en op te sit. Sou die prys te duur is, moet ek maar seker gaan rondkyk na n ander opsie, wat dalk nie lekker inpas nie, en ek is ewig die josie in omdat ek R5 wou spaar.
Selfde met suspensie onderdele, vere en skokbrekers. As jy old man Emu koop, gaan jy n premie betaal, maar glo my die sal presies doen wat hulle waarborg. Meeste word deur spesifieke verspreiders verkoop, so jy is beperk tot hulle prys. Lokale Gabriels sal nie dieselfde punch vat nie.
Ek wil n lansie breek vir die "groot name" soos jy noem. Die goed toegesruste werkswinkels vra sekerlik n heel paar pennies om op te rig. Dan opgeleide mense voltyds in diens te he, ontvangspersoneel, etc. Voorraad te dra. Ek hou van so winkel, werkswinkel, wat bult van al die begeerlikhede. En so sal die prys meer wees as n klein privaat operateur. Maar dit besef ons almal seker.
Bande is n ander storie. Daar is min wat jou voertuig se voorkoms, en die eienaar se "ego" so heerlik kan beinvloed as n stel knopperige bande nie, jy is skoon lus om heeldag met die venster oop te ry sodat die ekstra padgeraas waardeer kan word. Ek glo jy moet baie "nerdy" wees om nie n paar BF Goodridge mud terrain op jou Hilux te wil sien nie. Al is dit dubbel die prys van jou fabrieksbande, sal jy aan allerhande verskonings dink om stel te regverdig.
Groetnis.