Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -1 hour ago
Double cheese burger November 2026 Geert -7 hours ago
30% November 2026 Geert -14 hours ago
see water November 2026 Geert -14 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Smalle na Oom Paul se tuin Julie ‘23

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Dis nog nie naby genoeg om slapies te begin tel nie, maar oor vier weke is ons DV oppad Potchefstroom toe van Kambro af. Ons vriende wat saam was Kgalagadi toe het gister kop uitgetrek. Riël wil nie sy Penta so ver sleep nie, en dit gaan te duur wees om ‘n wa te huur. Dit is dus net ons vier Smalletjies.  
 

So lyk ons program:

29 Junie Worcester na Kambro

30 Junie Kambro na Potchefstroom 

2 Julie Potchefstroom na Phalaborwa 

3 Julie Phalaborwa na Shingwedzi 

9 Julie Shingwedzi na Tsendze 

14 Julie Tsendze na Potchefstroom 

15 Julie Potchefstroom na Victoria-Wes

16 Julie Victoria-Wes na Worcester 

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 10:01

Gaan jy braai die aand by Kambro ?

Sommer by die padstal koop. Dis duur maar lekker. 
 

Wat afdwaal betref; die aanbod om die ou Ranger aan my te verkoop gaan deel wees van ons toer wanneer ons oor ‘n week by die skoonouers kuier. Ek sal maar sê ek moet eers die Everest verkoop. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 23/06/2023 - 13:32

Eiervrug kan ek nie in my lyf kry nie

Ek hou net eenvoudig nie van eiervrug nie. Dieselfde geld vir seldery. En soetrissies haat ek met 'n passie.

Ons is ook lief vir onderskeidelik butternut, patat en ui in foelie toegedraai en op die vuur gaargemaak.

Wat die Ford 2.5 aanbetref - ek het 'n Courier en 'n Mazda Drifter met daardie enjins gehad. Ek reken weer dit is skitterende enjins vir sleep. Weliswaar nie soveel krag soos die hedendaagse enjins nie, maar ek het niks meer krag nodig gehad vir die wyse waarop ek ry/sleep nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/06/2023 - 14:13

ek het niks meer krag nodig gehad vir die wyse waarop ek ry/sleep nie.

As mens nie vinniger as 90kph ry nie kan dit seker werk, maar ek vermoed dit gaan dalk sukkel teen ‘n bult op. Die Kavango is swaar en teen 90 gaan die revolusies laag loop. Die voordeel is dat dit voor auto ratkaste was. Ek het nog net net auto gesleep, maar sou dalk handrat verkies het. Die afskakel van OD om tot 4de te beperk help darem in die Prado en het ook in die Everest.

Ek het ook ‘n 2.5 TD Ranger gehad en die voertuig baie geniet. Dit was ‘n 2x4 maar was onder andere Mosambiek en Kgalagadi toe. Dit is/was ‘n puik enjin en lekker ekonomies op sy tyd. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 23/06/2023 - 14:21

Ek het ook sooibrand gekry toe ChrisS verwys na 'n 2.5 dieselenjin wat te min krag uitstoot om behoorlik te sleep.

My ou twee handrat-Pathfindertjies met 'n 2.5 dieselenjin en 450Nm wat ek die afgelope 17 jaar gebruik om my 2-ton Exclusive te sleep, meestal langpad Wildtuin toe en terug, sleep na my mening soos 'n droom.  Ek worrie geensins oor bergpasse se opdraendes nie en sleep heel gemaklik tussen 90 en 110 kpu.  Om by die menige trokke op die N1 verby te kom is ook geen probleem nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/06/2023 - 14:26

Middag Len

Onthou net;

1] jy kan nie 'n Nissan 2.5 en 'n Ranger 2.5 vergelyk niedevil

2] lank gelede se Ford 2.5 was 'n goeie masjien, jy moet dit met 'n hamer doodslaan, maar die wringkrag was nie baie nie. Deesdae se turbo diesels, waaronder jou Padvindertjie val, lewer heelwat meer.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 25/06/2023 - 17:43

.... met mededeling oor werk/pos wat uitfasseer. Gaan en geniet vakansie in geloof.

Ek van alle mense met titel "Wessel worry", kan nie vir jou preek nie, maar bekommer die hele tyd gaan nie help nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 25/06/2023 - 19:07

Ek laaik van jou bynaam vir Wessel. Dalk moet ek vra dat Anton my forumnaam verander na Chris Kanselleer.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/06/2023 - 20:33

met mededeling oor werk/pos wat uitfasseer. Gaan en geniet vakansie in geloof.

Ek waardeer dit. Ek weet al vir ‘n geruime tyd dat dit gaan gebeur, en het my interne worstelinge gehad daaroor. Onsekerheid is nie lekker nie, maar ek het al keer op keer in my lewe ervaar dat daar ‘n groter plan is met wat gebeur. Ek gaan met ‘n oop gemoed op toer, en gaan my nie bekommer oor wat voorlê nie.

Almal by die munisipaliteit ken my as iemand wat sy deel doen, en nie knoei of afskeep nie. Aan die een kant was ek daarom bietjie bitter dat dit met my gebeur. Ek het ‘n idee van waar ek geplaas gaan word, en daar wag baie uitdagings. Daarvoor is ek nie bang nie. Uitdagings is goed, en bied die geleentheid om ‘n verskil te maak en die lewens van die inwoners (ons kliente) te verbeter. Ek is altemit ook ‘n inwoner van die dorp, nes my gesin en vriende. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 25/06/2023 - 20:36

Die sosaties moet vir twee dae marineer in die sous voor dit verpak kan word. Net betyds vir die toer. Die bobotie is klaar gemaak, en gaan vrieskas toe wanneer dit afgekoel het. 
 

Die tyd raak nou werklik min. Oor ‘n week is ons DV by ons Lekkeslaap verblyf in Phalaborwa, op die Kruger wildtuin se voorstoep. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/06/2023 - 07:13

Ek lees jou inset van "idee waar ek geplaas gaan word". Beteken dit dat jy nie afgelê word nie, maar net binne die munisipaliteit verplaas word. 

Dit op sigself bied sekerlik uitdagings, maar jy het steeds 'n werk met medies en ander byvoordele soos pensioenfonds.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 26/06/2023 - 07:53

Dit op sigself bied sekerlik uitdagings, maar jy het steeds 'n werk met medies en ander byvoordele soos pensioenfonds.

My bestaande pos word afgeskaf. Ek dink hulle maak ‘n fout, want afgesien van die program wat deur die provinsiale regering befonds is wat aanvanklik die grootste deel van my werk uitgemaak het maar afgeskaal is en my dus nie meer so besig hou nie, hanteer ek talle ander projekte. Maar die besluit is geneem. 
 

Ek gaan dus in die poel in, en moet dan geplaas word waar hulle iemand op my posvlak benodig. Maar ek het nog ‘n werk met dieselfde voordele, so ek bly dankbaar. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 26/06/2023 - 09:39

maar ek het al keer op keer in my lewe ervaar dat daar ‘n groter plan is met wat gebeur.

Dit is wyse woorde uit jou eie mond ChrisS.  Oor 'n klompie jare gaan jy terugkyk en  sê "gelukkig vir my was dit 'n wonderlike geleentheid wat vir my geskep is !"

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/06/2023 - 08:20

Nou raak die tyd te min. Ek het die naweek begin om verstelbare staanders vir my sonpanele uit PVC pype te maak, maar nie klaargekry nie want Salomien het gister verjaar en ons het dit Saterdag saam met vriende gevier. Vanaand moet ek na ‘n vergadering gaan met ‘n plakkers gemeenskap wat in die vloedvlakte van die Smalblaar rivier langs Rawsonville plak. Met die vloede van voorverlede week was hulle hutte onder water.
 

Daar is nie in Rawsonville ander grond waarheen hulle kan skuif nie, dis alles duur landbougrond met wingerde op. Ons het toestemming gekry by die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning om ‘n wal te stoot tussen hulle hutte en die rivierbedding en dit die naweek afgehandel. Nou moet hulle terug gaan. Van hulle wil nie, en dis nou die munisipaliteit se probleem. Ek het empatie met hulle, en veral met die kinders omdat hulle nie gekies het om daar te wees nie.
 

Dit bly egter ‘n konsep wat nie sin maak nie. Jy kies om ‘n onwettige struktuur op iemand anders se eiendom op te rig, en dit boonop in die vloedvlakte van ‘n rivier. Net afstroom is daar sluise wat die water na die kanaal gooi wat die Brandvlei dam voer. Dit veroorsaak dat die water tydens swaar reën opstoot. Die sluise kan nie goedsmoeds oopgemaak word nie, want dit is deel van ‘n groter hidrouliese (spelling?) stelsel wat in harmonie bestuur moet word en wat al baie lank so bestaan. Maar nou word jy beskerm en moet almal bontstaan om jou te akkommodeer. Met belastinggeld wat deur wetsgehoorsame burgers betaal is. En nou het ek nie vanaand tyd om my staanders klaar te maak en sosaties te verpak nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/06/2023 - 08:28

... die houtstokke [dells ???] en saag dit op verskillende lengtes. Gebruik dit dan as stutte. 

Ek het pote wat effens kan swaai om die hoek te verander. Elke paneel het 'n korte en 'n lange, die korte oor die hoogmiddagure, sodat die panele amper plat lê 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/06/2023 - 08:39

Dit kan werk, maar ek het stukke waterpyp oor wat netjies in ‘n dikker elektriese pyp pas sodat dit kan skuif om te verstel. Ek het dit reeds op die regte lengtes gesny, en moet nog net gaatjies inboor sodat ek ‘n boutjie daardeur kan druk om dit op die verskillende hoogtes te hou. Ek sal dit maar môre namiddag gou klaarmaak. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 27/06/2023 - 09:15

Ek sou so dink, ja.

Maar, dis nogal een ding wat baie lekker is, naamlik druk om by baie aangename omstandighede uit te kom !

Sterkte met die laaste paar voorbereidings !

Ns.  Plakker-vergadering : kan jy nie die burgemeester stuur nie ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 27/06/2023 - 19:57

Ek is darem nie alleen hier nie. Die munisipale bestuurder het my en ander amptenare gevra om saam te kom. Die onder burgemeester en portefeulje raadslid en wyksraadslede is ook hier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 28/06/2023 - 08:01

Môre Chris S

Ek aanvaar jy is darem vandag reeds met verlof om laaste dinge teg te kry, en te pak vir die lekker vakansie/sleep wat môre aanbreek.

Lekker sleep en hou ons maar ophoogte soos julle vorder, veral in willetuin

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 28/06/2023 - 09:53

Ek werk halfdag vandag. Ek vat sommer die tyd af vanmiddag wat ek gisteraand saam met die plakkers deurgebring het. Nie regtig nie, ek het ‘n halfdag verlof. Ek het darem vanoggend die Kavango uit die motorhuis getrek, en Willem die tuin ingenieur maak dit vandag mooi skoon en was die Prado. Ek het vanoggend R3 074 se petrol in lg gegooi, en die bande en lugsakke gepomp. Vanmiddag word die klere en beddegoed in die wa gepak, en die vleis in die vrieskas. Die sosaties kon ek darem gisteraand verpak soos ek op die Coke vleis gesprekslyn genoem het. Alles is op koers. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus