Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
Hennie, dis regtig sad om…
Hennie, dis regtig sad om die minste te sê.
Sulke voorvalle doen meer skade aan enige span as wat 'n span, wat 'n swak verloorder is en kla oor die skeidsregter. Dis eintlik net so onaanvaarbaar.
Een speler brandmerk die hele span en sy land met een rassistiese opmerking. Die hele wereld se oe is dan op jou en jou land. Byt eerder op jou tong of tackel hom harder.
Saterdag speel ins teen die…
Saterdag speel ins teen die swart kant!
Een vir die ondersteuners
A New Zealand schoolteacher explains to her class that she is an All Blacks fan. She asks her students to raise their hands if they, too, are All Blacks fans. Everyone in the class raises their hand expect one little girl. The teacher looks at the girl with surprise and says, "Janie, why didn't you raise your hand?" "Because I'm not an All Blacks fan," she replied. The teacher, still shocked, asked, "Well, if you are not an All Blacks fan, then who are you a fan of?" "I am a Springbok fan, and proud of it," Janie replied. The teacher could not believe her ears. "Janie, why are you a Springbok fan?" "Because my mum is a Springbok fan, and my dad is a Springbok fan, so I'm a Springbok fan too!" "Well," said the teacher in an obviously annoyed tone, "That is no reason for you to be a Springbok fan too. You don't have to be just like your parents all of the time. What if your mum were a moron and your dad was a moron, what would you be then?"
"Then," Janie smiled, "I'd be an All Blacks fan."
What if your mum were a…
What if your mum were a moron and your dad was a moron, what would you be then?"
"Then," Janie smiled, "I'd be an All Blacks fan."
Hoe lekker lag ek nou....
Ek is eintlik bly dat die…
Ek is eintlik bly dat die Bokke vir Engeland gewen het.
Suid Afrika moet die Engelse terugkry vir al die Land Rovers wat hulle hiernatoe gestuur het
Ek wonder waneer speel die…
Ek wonder waneer speel die Bokke weer vir Japan?
As die Bokke wen moet Suid Afrika sommer al die Toyota's wat die lug so besoedel en olie lek op ons mooi paaie sommer terugstuur Japan toe.![]()
5 Spanne met meeste punte
Spanne met meeste punte aangeteken in WCR2023
- New Zealand – 325
- France – 238
- Ireland – 214
- South Africa – 196
- England – 195
Geert In hierdie volgorde…
Geert
In hierdie volgorde moes die Wereld Beker ge eindig het as alles regverdig gedoen was. Die Mighty All Blacks is maar net gewoont om eerste bo aan 'n lys te wees. Hulle staan loshande bo in die lys. Frans en Ierland het nie 'n maklike paar games gehad nie en nog steeds wen hulle die Bokke wat punte betref.
Saterdag speel ins teen die…
Saterdag speel ins teen die swart kant!
Minora blade ![]()
Spanne met meeste punte aangeteken in WCR2023
Ons het so min want ons wen met net 'n punt. Om 'n punt te bewys
Weghol oorwinnings
Vir my wys die hoë punte dat daar baie games was wat op skinkborde weggegee is met weghol oorwinnings as gevolg.
Groen en Goud
Ek is bly bokke speel in Groen en Goud....maak verskil as om in daai listerine pakke te speel
Stem Geert Die Bokke is nie…
Stem Geert
Die Bokke is nie die Bokke as hulle in ander kleure speel nie. Ek weet nie hoekom moet hulle kleure verander en nie ander spanne nie.
Ons het so min want ons wen…
Ons het so min want ons wen met net 'n punt. Om 'n punt te bewys
Hoe mis ek jou Gerrit? Ek dink die Bok ondersteuners kan dit nie meer bekostig al is dit net vir nog een game. Hulle het nie meer naals oor nie, ambeie hang uit wat teruggedruk moet word deur 'n klein pinkie, ma wat heeldag langs die wasmasjien moet staan vir vuil onderbroeke, en so kan ek aangaan. Gelukkig gebruik hulle tissues wat nie gewas kan word nie![]()
Hopelik is dit 'n vinniger game waar die ou manne wat so kla kan wakker bly. Ek sal hierdie keer maar 'n afval of beesstert pot maak vir die manne wat agterbly as die Bok ondersteuners huis toe gaan teen halftyd.
Groot toets
Mens kan nou bespiegel en raai en afkraak en ophemel sonder om enigsins reg te wees. Ek gaan nie eers probeer nie. Een ding is seker, dit gaan ‘n helse toets wees tussen die twee beste spanne in die geskiedenis van die sport.
Albei spanne weet hulle is mekaar se mees gedugte teenstaanders en hulle het net respek vir mekaar. Boonop is daar ‘n goeie klompie spelers wat nie weer in ‘n wereldbeker sal speel nie, en dis beide afrigters se laaste wedstryd.
Vir ons as toeskouers hoop ek op ‘n lekker taai wedstryd soos die Bokke se laaste twee eerder as ‘n weghol oorwinning soos ons vorige wedstryd teen hulle (al was dit vrek lekker om te kyk hoe staan hulle soos afkop hoenders en rond trippel). Ek is bly ek hoef nie die Bokke se span te kies nie, maar gelukkig het ons ‘n puik afrigting span. Ek hoop Rassie verlaat ons nie na die toernooi nie. Die man is baie goed vir ons rugby.
Statistieke
In totaal het Nieu-Seeland die meerderheid van die kragmetings gewen. Daar is egter nie een ander span wat naastenby soveel wedstryde gewen het teen Nieu-Seeland as ons nie. By onafhanklike velde is dit redelik gelykop en het die twee spanne presies ewe veel punte gekry sover. Dit gaan verander na Saterdag en dan gaan die een span ook een meer RWB trofee hê as die ander (onthou egter dat SA twee minder toernooie gespeel het en dus ‘n beter sukses koers het - 3 uit 7 teenoor NS se 3 uit 9).

dit gaan ‘n helse toets wees…
dit gaan ‘n helse toets wees tussen die twee beste spanne
Ware woorde en goeie inset Wildehont. Ons het mekaar geterg en se bene getrek, dis goed en hoort so. Dink net hoe vervelig en eentonig sou die lewe gewees het as almal Toyota gery het.
Terug na Saterdag se game. Al twee spanne staan 'n goeie kans om te wen. Dis tog waaroor rugby gaan. Ek glo die skeidsregters sal net so reg wees soos die spelers om hulle bes te gee. Almal maak foute en ons as ondersteuners moet dit so aanvaar. Mag dit 'n lekker goeie vinnige game wees en ek glo die beter span op die dag sal wen.
Wat nogal sterk na vore kom is hoe rugby die laaste vier jaar verander en gegroei het in vergelyke met die vorige Wereld Beker. Frankryk en Ierland het baie gegroei in spel en dissipline. Frankryk het in die verlede soms in die middel van die spel moed opgegee as hulle agter is. Hierdie Franse span het geveg to na die eindfluitjie geblaas het. By Ierland het hulle spel tempo en dissipline almal verbaas. Altwee se spel het verander na vinnige hardloop "dink" rugby. Ander spanne moet oppas vir hierdie twee spanne as hulle so aanhou verbeter en groei na aanloop tot die volgende Wereld Beker.
Ek noem GEEN name nie maar die ou toppies wat so baie drink in die eerste helfte van wedstryde moet maar singles gooi of Heineken 0.0 alcohol free bier drink as jy saam met die regte manne wil gesels. Moet dit nie as 'n vervelige game afmaak nie as jy aan die slaap raak nie. Los Buffelsfontein vir die manne wat kan.
Ek noem GEEN name nie maar…
Ek noem GEEN name nie maar die ou toppies wat so baie drink in die eerste helfte van wedstryde moet maar singles gooi of Heineken 0.0 alcohol free bier drink as jy saam met die regte manne wil gesels. Moet dit nie as 'n vervelige game afmaak nie as jy aan die slaap raak nie. Los Buffelsfontein vir die manne wat kan.
![]()
![]()
![]()
Buffelsfontein en…
Buffelsfontein en braaivleis.
Op die stadium van die Omie se lewe, en vir so paar getroue min dae vasbyters, is samesyn en gepaardgaande drinktyd geleenthede baaaie belangriker as rugby kyk. Die rugby gebruik ons as verskoning vir die klomp pêlle om bymekaar te kom, vuur te maak en stewige doppe te gooi.
Moet sê, die laataand wedstryde maak dat die ou manne naderhand bolvoete, en met nogal een hand in die broeksak ander hand om die glas staan en mompel.





Ek dink niks gaan gebeur nie…
Stem 100% saam met jou. Indien dit dal omgekeer was, sou hierdie 'n GROOT probleem gewees het.