Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Worcester

Wildehont

Fri, 28/06/2024 - 10:53

Vanoggend toe ek aansluit is daar ‘n trjierie-tjierie geluid van voor af. Toe ek kyk is daar olie gespat oral rondom die waaierband. Ek gaan die olievlak na en dis nog reg so toe ry ons Phalaborwa toe. Ford se werktuigkundige weet dadelik wat fout is voor hy nog kyk. De flenters waaierband klim agter die crank pulley in as die waaierband breek, buig die timing chain cover en beskadig die pulley se seel.
 

Hulle moet die onderdele bestel, sal dit eers Maandag kry en dit vat ses ure om die werk te doen. Dit kos saam met 5l olie wat ek gekoop het om intussen die enjin aan die gang te hou amper R11k. En hulle is Maandag reeds vol bespreek so sal dalk nie kan klaarmaak nie. Dit gaan twee baie lang dae op die pad tot gevolg hê om terug in Worcester te kom en nog kostes vir verblyf. Ek huil sommer. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/06/2024 - 11:39

.............wat om te sê nie  -  dis 'n verskriklike situasie.  Chris, ek is so jammer om van die nuutste terugslag te hoor.  Ek raak skielik bang om self weer so ver Wildtuin toe te ry.

Ek aanvaar die Kavango is saam met julle Phalaborwa toe sodat julle dit sommer vir slaapplek kan gebruik.

Al wat ek kan sê is, sterkte met die pad vorentoe, letterlik en figuurlik.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 28/06/2024 - 11:52

Ai tog dit is nou nie goeie nuus nie, hoop dit kom nou vir eens en atyd reg. Jou hele vakansie is nou in der waarheid bederf met daai skade.

Sterkte en hou goeie moed, daar is altyd, al verstaan ons nie nou nie, 'n rede vir als. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 28/06/2024 - 13:46

....net so jammer om van die skade te hoor. Gelukkig het jy nie die enjin verloor nie. 

Die les wat ek leer, op so 'n lang toer, kyk tog gereeld wat onder enjinkap aangaan. Gelukkig het jy die spatsels gesien. 

Soos Len vra, staan julle met Kavango en al in P.Borwa se Aventura oord???

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 28/06/2024 - 19:32

Ek kan maar net sê dat ek baie jammer is oor julle teëspoed en hoop dat jy hierdie hekkie ook sal oor kom (eintlik is dit 'n merske obstacle!). Sterkte Wildehont.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/06/2024 - 07:46

...die mees gepaste woord wat jy soek, is "moerse" probleemlaugh

0
Worcester

Wildehont

Sat, 29/06/2024 - 07:56

Die Kavango was nie saam Phalaborwa toe nie. Die werktuigkundige by Ford sê solank ek die olievlak reg hou behoort daar niks fout te gaan teen die snelhede wat ons in die wildtuin ry nie, solank ons nie baie ver ry nie. Pierre Nolte stem saam. Die waaierband kan wel breek omdat die olie dit beskadig. Ek het ‘n spaar een saam gebring en ons ry nie ver nie. Ek het ook 5l olie by Ford gekoop en saamgebring. Ons is nog een aand by Tsendze en ry dan Letaba toe vir die laaste aand. Maandag vroeg gaan ons Phalaborwa toe en sal maar sien hoe loop dinge van daar af. Ek probeer positief bly en dit wat ek kan geniet van die wildtuin te geniet. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 29/06/2024 - 08:09

Gaan laai die Ford af, huur n ander ryding vir paar dae, en kamp lekker. Stryk maar die kredietkaart. Sort die budget uit waneer julle tuis is.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/06/2024 - 08:32

...enige indrukke van staanplek 28.?? Ek hoop dit bied genoeg son om panele omtrent heeldag te belig.

Probeer maar wildtuin geniet, sekerlik maar moeilik om daarop te fokus met al die gemors wat julle getref het.

0
Pretoria

Geert

Sat, 29/06/2024 - 11:14

Gaan laai die Ford af, huur n ander ryding vir paar dae, en kamp lekker. Stryk maar die kredietkaart. Sort die budget uit waneer julle tuis is.

Sal ook so voorstel. As jy klein karretjie huur is dit minder as R300 n dag....sluit 200km in. Gaan fraksie van kostes van hele vakansie uitgawes ekstra kos

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/06/2024 - 12:40

Baie bly dat julle in die omstandighede nog in die Wildtuin is, ek dog julle sit in Phalaborwa buite die hek by Safari Park en sonder 'n kar !

Ek vertrou Maandag eindig met goeie nuus vir julle.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/06/2024 - 17:56

....volgens sy inset van 29 Junie is hulle vanaand in Letaba, en môre ry hulle PBorwa toe. 

As daai Ford handelaar enigsins medemenslikheid het, kan hulle Chris maar help môre, sodat hy in die langpad kan kom.

0
Pretoria

Geert

Sun, 30/06/2024 - 19:09

Vriende van ons ry môre van Pretoria na Letaba toe. Laat weet as daar iets is wat ek hul kan saamgee om jul te help 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2024 - 09:10

Die Kruger wildtuin deel van ons besoek is verby. Ons het toe maar met die Ranger deurgedruk. Dit het aanhou olie mors, maar was nie weklik baie nie so ek het net twee keer ietsie bygevoeg om die peilstok so by driekwart te hou. In totaal het ons net minder as 500km gery sedert die olie lek begin het nadat ek die waaier pulley en waaierband vervang het. 
 

Ek hoor wat julle sê van ‘n klein karretjie huur, maar met ‘n onbeplande (en onbegroote - hoe spel mens dit?) uitgawe wat waarskynlik meer gaan wees as my dieselrekening vir die toer kan ek nie enige verdere uitgawes bekostig nie. 
 

Tsendze bly lekker, en al was die son skaars die eerste twee dae het die Kavango se batterye gehou. Ek het die vrieskas kompartement van die Snomaster ook op 2 grade gestel (soos die yskas deel) en die vleis wat nog gevries was in die kamp se gas vrieskas gesit. Verder het ons die wa se ligte en waterpomp gebruik maar geen probleem ervaar nie. Een ding op die toer het goed uitgewerk. 
 

28 is ‘n puik staanplek, en ons nuwe gunsteling. Genoeg son vir panele en genoeg skadu vir die wa. Redelik uitmekaar van naburige staanplekke, en teen die heining. 
 

Ek vertel later meer met finale gedagtes oor die toer as ons een dag veilig tuis is. Nou sit ons by Lantana lodge in Phalaborwa se parkeerterrein met die Kavango en wag. Ons wou by Safari park wag, maar hulle wou dit nie toelaat nie. Toe ek die dame by Ford vra of daar ‘n kans is dat hulle vandag met die Ranger sal klaarkry sê at hulle sal definitief daarmee begin. Ek is nie vol moed nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 01/07/2024 - 10:33

Baie dankie dat jy ons op die hoogte hou met jule drama.  Netsoos wat ons ou klompie saamgetoer het in die Wildtuin, "toer" ons ook saam tot julle veilig by die huis is.  Wanneer moet jy weer begin werk ? Ek hoop vir jou onthalwe dit is eers volgende Maandag, 8 Julie.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 01/07/2024 - 11:28

Ons en die Kavango is nou by Villa Luso. Dis ook maar kontrakteurs verblyf, maar darem netjieser as Lantana lodge, en ons het ‘n kamer hier waar ons by Lantana in die parkering gesit het en ‘n paar mans reeds teen 10:00 begin drink het buite.
 

Toe ons verby Ford gery het oppad hierheen, het hulle steeds nie begin met die Ranger nie. Hulle het Vrydag gesê ons moet vroeg vandag daar wees sodat hulle solank die Ranger kan strip en dan die onderdele insit wat 11:00 hier sou wees. Hulle het Vrydag gesê dis 6 ure se werk, so dit gaan nie vandag klaar wees as hulle nog nie eers begin het nie.

Dis niks lekker om so oorgelaat te wees nie, maar dit is nou hoe dit is. Ek moes Donderdag weer begin werk het, maar as die Ranger eers môre reg is (wie weet hoe laat?) gaan ons vir seker nie Woensdag tuis wees nie. Ek ry nie buite daglig ure nie, en ook nie vinniger as 100 nie. Ek het reeds ons verblyf môreaand in Victoria-Wes gekanselleer en die helfte van die deposito verloor. 
 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus