Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 hour ago
Bome omwaai November 2026 Geert -7 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -19 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -20 hours ago
Hael November 2026 Geert -21 hours ago

John Steenhuisen en..................

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on

Terwyl dit maar 'n gesukkel is om oor kampsake te gesels, kan ons maar netsowel 'n bietjie die politieke pot roer.

Verskeie opposisie-politieke partye kla oor die "arrogansie" van die DA, maar vir my lyk dit of dit veral die leier, John Steenhuisen is wat arrogant is.  Hy het 'n uiters kontroversiële persoon Roman Cabanac aangestel as sy Stafhoof in die Departement van Landbou.  Hierdie kêrel het 'n ongekende, vloekende manier om alles en nog wat op X (Twitter) aan te val, selfs uiters vulgêre uitlatings teenoor President Ramaposa.

Volgens Steenhuisen is hy uiters bekwaam volgens sy CV en dit is so 'n persoon wat hy nodig het om werk gedoen te kry. As JS nie kan sien dat so 'n optrede beslis nie sal meewerk aan eenheid en samewerking in die RNE, dan weet ek darem nie.

Wat arrogansie betref, Hanlie Retief vra graag vir bekende persone sekere vrae en dan rapporteer sy die antwoorde weekliks in haar rubriek in Rapport. Haar vrae aan JS en sy antwoorde op al die vrae dui op 'n ernstige vorm van arrogansie.  Een voorbeeld :  sy vra hom of dit darem nie uiters riskant is om so kontroversiële persoon in so 'n hoë pos in sy departement aan te stel nie, is sy antwoord : "Ek is die Minister van Landbou en ek sal aanstel wie ek wil !"

Ek is uiters teleurgesteld in John Steenhuisen se optrede en sy vlak van arrogansie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 04/09/2024 - 15:58

... dat ek 100% saamstem met Len. En dan wil ek nog verder toevoeg: Ek reken dat Helen Zille ook "past her sell-buy date" is. Sy doen die saak van die DA in die RNE meer kwaad as goed met haar uitsprake.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/09/2024 - 16:10

Voeg by bogenoemde die bitsige aanval op Dr Pieter Groenewald oor ge-erfde probleme in korrektiewe dienste.

Daarby ook die ommeswaai [baie subtiel] oor die Nasionale Gesondheid Plan. Die Da was heftig daarteen gekant in die huidige wetgewing vorm, maar nou begin John Deerehuizen sy mantel so bietjie na die ANC kant draai.

Ek vermoed die RNE en sy posisie daarbinne, het nou sy oorspronklike denke en sienswyses erg vertroebel.

Dit laat my dink aan die grappie;

as jy 2 Jode bymekaar bring, stig hulle 'n maatskappy

as jy 2 Engelse bymekaar bring, stig hulle 'n sosiale klub

bring 2 Afrikaners bymekaar, dan stig hulle af, of 'n derde party. 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 05/09/2024 - 08:29

Hulle kan dit ‘n RNE noem maar dis ‘n koalisie. Hoe werk ‘n koalisie? Die party wat naaste aan genoeg stemme gekry het vir ‘n meerderheid trek ander partye in om met hulle stemme by die regering te raak. Maar die ekstra stemme kom teen ‘n prys; beter betalende posisies vir die leiers van die ander partye. Die prys vir lg is die prysgee van beginsels in hulle manifes, maar dis die ekstra inkomste werd. Die volgende verkiesing is eers oor vyf jaar en intussen skep ons lekker. Wie gee in elk geval oor die kiesers om wat jou daar gekry het?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus