More almal myself en Berdien het toe nou Vrydag die 13 September bakkie gelaai virrie naweek en gaan kamp by De Voetpadkloof. Fotos sal ek opsit sodra my dogter wat my labtop by huis gebruik my laptop weer vir my leen. In kort dit was flippen lekke in hulle boskamp , die swembad het gehelp vir die warmte. Badkamers is upgrade netjies en skoon . Diere baie in boskamp n ent van ons verby geloop , die oord self is albei badkamers oorgedoen en netjies, kavee kry jy die nodige as jy wil op top of Loskop dam dam wal nie ver uit oord om op te stock indien nodig. Swembaddens was vol asook siplines en water wurrems oord skoon en word mooi onderhou en deur die nag is daar wagte wat rondloop as julle n groep is is staanplek 25,26,27,28,29 n ideal om te boek en naby die badkamer ook. Soos gese sal ek binnekort fotos opsit mooi loop
Shaun ....
... gee bietjie inligting oor die pad na De Voetpadkloof. Is dit teerpad al die pad tot by die oord?
Teerpad....
...tot by ingang vanaf Middelburg se kant. Dit is volgens google se kaart info.
Shaun moet maar sê hoe vêr mans van hek tot kampterrein grondpad [?] ry.
Die ingang is net vanaf die…
Die ingang is net vanaf die teerpad. Van die hek tot by die kamp is so 2km grondpad. Die boskamp is so 400m voor jy by die hoofkamp uitkom. Al die paaitjies in die hoofkamp is sement en plaveisel.
Groetnis
Moes seker byvoeg die…
Moes seker byvoeg die grondpad word baie goed onderhou en gewoonlik op vrydae word die pad "gesleep" met een van daai moewiese bande agter `n trekker.
Nie publieke pad nie
Pad bly in goeie toestand aangesien die grondpad op Devoetpadkloof se eie gronde is en nie algemene publiek daar ry nie
Chris B...
....dit klink of dit aan al jou kriteria voldoen.
Grondpad korter as 7km, en boonop in goeie toestand.
Kan dalk lekker oorslaapplek vir jou wees, oppad KrugerNP toe.
Wessel ...
... daai gruispad móet minder as 2 km wees. My seun-hulle staan gewoonlik by Forever Loskop oor op pad wildtuin toe. Ek beplan om volgende jaar vanaf Klein-Kariba tot Malelane-kamp te ry vir my eerste aand in die wildtuin. Maar ek dink aan 'n oornagplek as ek uit Krokodilbrug vertrek. Kaia Manzi, waar ek eenkeer oorgestaan het toe ek vanuit Onder-Sabie vertrek het, klink vir my steeds as die beter opsie om te oorweeg (geen gruispad).
Kaia Manzi ligging...
...is nader aan N4 as ander opsie. KM is net 50km verder van Krokodilbrug, wat beide die voordeel bied van tyd spaar die volgende dag Aldam toe.
Dankie Shaun, ...
... maar ek (en nog te meer vroulief) is maar vol strooi as dit kom by gruispad sleep met ons "Ou Lady" agteraan. Die kriteria bly maar 'n maksimum van 2 km goeie gruispad. Al is die gruispad hóé goed, maar as dit langer is, is dit 'n "no-no".
Fotos random
Kyk dit bly lekke by De Voedpadkloof die lug is so skoon natuur so na ons hart lekke staanplekke in bos kamp en netjies badkamers nog innie bos
Shaun...
...dankie vir foto's. Ek lei af dat;
dit warm was, die waaier op die tafel
dat dit tans baie droog daar is, ge-oordeel aan kaal staanplek.
Was daar primate wat gepla het? Het julle maar elke keer as julle te voet die bakkie verlaat, alles teruggepak en kappie toegemaak. Ek wonder sommer .
As mens byvoorbeeld Kruger toe gaan, waar mens byvoorbeeld 5 aande op 'n plek staan, en bedags wil ry om wild te soek, sal jy dit oorweeg met jou manier [bakkie +RRT] van kampeer, en sal jy dit aanbeveel vir ouer garde wat sukkel met leertjie klim???





Shaun...
...ek wag in spanning vir daai beloofde fotos.
Dan wil ek ook hoor of jy tevrede is met jou "off grid" Ranger en al sy katoeters.