Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -28 minutes ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -12 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -13 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -14 hours ago

De Voetpadkloof 2024

Secunda
Picture
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal myself en Berdien het toe nou Vrydag die 13 September bakkie gelaai virrie naweek en gaan kamp by De Voetpadkloof. Fotos sal ek opsit sodra my dogter wat my labtop by huis gebruik my laptop weer vir my leen. In kort dit was flippen lekke in hulle boskamp , die swembad het gehelp vir die warmte. Badkamers is upgrade netjies en skoon . Diere baie in boskamp n ent van ons verby geloop , die oord self is albei badkamers oorgedoen en netjies, kavee kry jy die nodige as jy wil op top of Loskop dam dam wal nie ver uit oord om op te stock indien nodig. Swembaddens was vol asook siplines en water wurrems oord skoon en word mooi onderhou en deur die nag is daar wagte wat rondloop as julle n groep is is staanplek 25,26,27,28,29 n ideal om te boek en naby die badkamer ook. Soos gese sal ek binnekort fotos opsit mooi loop

Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/10/2024 - 08:55

...ek wag in spanning vir daai beloofde fotos. 

Dan wil ek ook hoor of jy tevrede is met jou "off grid" Ranger en al sy katoeters.laugh

0
Kleinmond
Picture
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 12:35

... gee bietjie inligting oor die pad na De Voetpadkloof. Is dit teerpad al die pad tot by die oord?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/10/2024 - 12:45

...tot by ingang vanaf Middelburg se kant. Dit is volgens google se kaart info.

Shaun moet maar sê hoe vêr mans van hek tot kampterrein grondpad [?] ry.

0
Pretoria
Picture
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 14/10/2024 - 12:51

Die ingang is net vanaf die teerpad. Van die hek tot by die kamp is so 2km grondpad. Die boskamp is so 400m voor jy by die hoofkamp uitkom. Al die paaitjies in die hoofkamp is sement en plaveisel.

Groetnis

0
Pretoria
Picture
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 14/10/2024 - 12:56

Moes seker byvoeg die grondpad word baie goed onderhou en gewoonlik op vrydae word die pad "gesleep" met een van daai moewiese bande agter `n trekker.

0
Pretoria
Picture
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 14/10/2024 - 13:23

Pad bly in goeie toestand aangesien die grondpad op Devoetpadkloof se eie gronde is en nie algemene publiek daar ry nie

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/10/2024 - 13:48

....dit klink of dit aan al jou kriteria voldoen. laugh Grondpad korter as 7km, en boonop in goeie toestand. 

Kan dalk lekker oorslaapplek vir jou wees, oppad KrugerNP toe.

0
Kleinmond
Picture
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/10/2024 - 15:09

... daai gruispad móet minder as 2 km wees. My seun-hulle staan gewoonlik by Forever Loskop oor op pad wildtuin toe. Ek beplan om volgende jaar vanaf Klein-Kariba tot Malelane-kamp te ry vir my eerste aand in die wildtuin. Maar ek dink aan 'n oornagplek as ek uit Krokodilbrug vertrek. Kaia Manzi, waar ek eenkeer oorgestaan het toe ek vanuit Onder-Sabie vertrek het, klink vir my steeds as die beter opsie om te oorweeg (geen gruispad).

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/10/2024 - 16:17

...is nader aan N4 as ander opsie. KM is net 50km verder van Krokodilbrug, wat beide die voordeel bied van tyd spaar die volgende dag Aldam toe.  

0
Secunda
Picture
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 18/10/2024 - 07:24

Yes grondpad word baie mooi onderhou jy weet skaars jy is op n grondpad ja die boskamp se pad ook mooi so 250 , 300 meter van oord lekke stil kry more my laptop terug dan kan ek beoofde fotos aflaai mooi loop

0
Kleinmond
Picture
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 18/10/2024 - 07:39

... maar ek (en nog te meer vroulief) is maar vol strooi as dit kom by gruispad sleep met ons "Ou Lady" agteraan. Die kriteria bly maar 'n maksimum van 2 km goeie gruispad. Al is die gruispad hóé goed, maar as dit langer is, is dit 'n "no-no".

0
Secunda
Picture
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 24/10/2024 - 18:47

Foto van boskamp se ingang so 1 km voor jy oord inry

0
Secunda
Picture
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 24/10/2024 - 18:58

Kyk dit bly lekke by De Voedpadkloof die lug is so skoon natuur so na ons hart lekke staanplekke in bos kamp en netjies badkamers nog innie bos

0
Secunda
Picture
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 24/10/2024 - 19:42

Ons vang n stap oord toe lekke warm gewees 32

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/10/2024 - 19:48

...dankie vir foto's. Ek lei af dat;

dit warm was, die waaier op die tafel

dat dit tans baie droog daar is, ge-oordeel aan kaal staanplek.

Was daar primate wat gepla het? Het julle maar elke keer as julle te voet die bakkie verlaat, alles teruggepak en kappie toegemaak. Ek wonder sommer .

As mens byvoorbeeld Kruger toe gaan, waar mens  byvoorbeeld 5 aande op 'n plek staan, en bedags wil ry om wild te soek, sal jy dit oorweeg met jou manier [bakkie +RRT] van kampeer, en sal jy dit aanbeveel vir ouer garde wat sukkel met leertjie klim???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus