Nou ja, daar is dit Oktober 2024. Dit beteken net een ding, mens moet fyn begin luister vir die skimpe om die korrekte Kersfeesgeskenke te koop.
Hennie, kom help!
Jy sal asb. nou maar vir ons hier moet uithelp met jou hoeveelhede. Nie seker of dit wat ek op Pinterest gekry het Amerikaans of Europees is nie en dan kom Wessel ook nog op met die boere se maat. My idee van 5l sou waarskynlik heel te effe gewees het.
Wessel,
dis nie die komma wat met my kop smokkel nie. Wildehont het gepraat van US gallon = 3.785l en UK gallon = 4.54...l . Daar is nogals 'n groot verskil. Dan kom jou 5.5l (boere-maat) ook nog in die prentjie. Miskien is die verhouding asyn/engelse sout belangrik? Hennie het darem genoem dat die seep net 'n kleefmiddel is.
Rona, ons gebruik so…
Rona, ons gebruik so ongeveer 1.5 liter asyn, 3/4 koppie engelse sout en dan so 3 teelepels skottelgoed seep. Ek glo nie daar is eitnlik 'n reg of verkeerd nie.
Baie dankie Hennie
Met die hoeveelhede wat jy gegee het gaan ek 'n mengsel prakseer. Niks mistigheid vandag nie. Sal laat weet hoe dit afgeloop het![]()
Werk die mengsel regtig so vinnig?
1.5 liter asyn, 3/4 koppie koeksoda en dan so 3 teelepels skottelgoed seep.
Is dit koeksoda of Engelse sout? En werk dit werklik so vinnig? Ek neem aan dit dood gras ook?
Moet net nie dat die afgetrede gifsmous uitvind julle gebruik alternatiewe tot gif nie
Wildehont
Dit is Engelse sout volgens die resep. Wat ek gelees het: Spuit dit aan wanneer die dou verdamp het, en "after lunch, weed will be gone!".
Ek het asyn op bestelling, maar my persoonlike 60/60 is bietjie stadig vanoggend - nog eers 'n koppie koffie voordat hy die winkel-draai sal doen![]()
Hoe dit ookal sy, vandag is dit hopelik klaarpraat met onkruide, sal laat weet hoe dit gegaan het![]()
Moet net nie dat die…
Moet net nie dat die afgetrede gifsmous uitvind julle gebruik alternatiewe tot gif nie
![]()
Ek wag nog vir ChrisB se opmerkings
Onkruiddoder
Laat die afgetrede gifsmous ook maar toetree tot die gesprek.
Daar's niks fout as jy genoemde mengsel op plaveisel gebruik nie. Dit sal egter slegs baie jong onkruide dood aangesien slegs die chlorofil-gedeeltes van die teiken-plantjie "geskroei" word. Dit is nie sistemies nie en sal dus nie deur die plant opgeneem word en tot in die wortels "vervoer" word nie. Gevolglik sal sterker plante weer uitloop. Ek gebruik paraquat vir dieselfde doel. Maar as die plante enigsins sterker is, volstaan ek by glifosaat wat sistemies is.
Ek sou nie die mengsel onder bespreking in grondakkers gebruik nie. Die asyn sal ongetwyfeld 'n effek op jou grond se pH hê.
Hiermee die afgetrede gifsmous se bydrae tot hierdie onderwerp.
Daar het julle dit
Dit sal egter slegs baie jong onkruide dood aangesien slegs die chlorofil-gedeeltes van die teiken-plantjie "geskroei" word. Dit is nie sistemies nie en sal dus nie deur die plant opgeneem word en tot in die wortels "vervoer" word nie. Gevolglik sal sterker plante weer uitloop. Ek gebruik paraquat vir dieselfde doel. Maar as die plante enigsins sterker is, volstaan ek by glifosaat wat sistemies is.
Uit die perd se bek.
Hiermee die afgetrede…
Hiermee die afgetrede gifsmous se bydrae tot hierdie onderwerp.
Dankie vir die inligting ChrisB. Uit die perd se bek.
Uit die perd se bek....
Voordat ek die oorloggie teen die onkruide begin het het ek Chris se bydrae gelees, maar besluit om voort te gaan met die beplanning aangesien ek iets moes doen met die baie asyn en Engelse sout. Het 'n 6l asyn-mengsel aangemaak en baie sterk en vol moed die werf ingevaar.
Kort en lank van die storie: bykans 5 ure later lyk al die onkruide en gras selfs vroliker as vanoggend
. Sal maar die reseppie hou vir die plaveisel.
Dankie Chris. Wanneer ons weer dorp toe gaan sal ek kyk om die produkte wat jy voorstel aan te skaf en nie sleg voel nie, want ek het ten minste probeer...
Eers kantoor toe voor Houdenbek
Ek werk halfdag en beplan om te ry na die kinders van die skool af kom. Die weer wat voorspel word lyk maar koud, maar darem nie te veel kans vir reën nie.
VW
Ek is bly dat jy na etlike jare kom saamgesels. Jy moet dit asb meer gereeld doen, nuwe geselskap, onderwerpe, en kampplek inligting van jou omgewing sal waardeer word.
Ek wil nog die 3 groot passe deursleep, voordat ek penne inslaan by die langbome.
Ek hoop dit kan nog gery word.
Wessel, ek lees van die…
Wessel, ek lees van die begin af, gereel hier, maar ai, tyd om deel te neem is maar min.
Wil graag tyd maak om meer te gesels, en ons kampe ook te deel, tyd sal leer!





Boere gelling....
....is 4.55liter