6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -37 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -46 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/03/2026 - 09:10

Al wat 'n feit is, is dat julle 16 April in Pretoria moet wees. Daarna is allles in ambassade se hande. Onsekerheid kan ek nie hanteer nie.

My seun het nou 4 maande gewag vir se SA-paspoort. Dit word teen betaling deur middelman-agentskap hanteer. Die het so lank gewag vir SA rompslomp.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 23/03/2026 - 12:40

Al wat 'n feit is, is dat julle 16 April in Pretoria moet wees. Daarna is allles in ambassade se hande. Onsekerheid kan ek nie hanteer nie.

Ek hou ook nie van onsekerheid nie. Daarom dat ek besluit het om eerder my visums persoonlik te gaan afhaal as om staat te maak op koeriers. Ek het onlangs gelees van visums (paspoorte) wat deur koeriers by verkeerde adres afgelewer is. Maar die onsekerheid wat my pla is wanneer die dokumente gereed gaan wees vir afhaal (ek wag steeds vir die amptelike "validations"). Sonder sekerheid kan ek geen verdere reëlings tref nie (wildtuinbesoek al dan nie).

... dit gaan waarskynlik jare neem voordat die olieprys terugkeer na die vlak voor die Iran oorlog.

Ek dink ook so. Dalk is Jan Tuisbly al hoe meer van 'n werklikheid. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/03/2026 - 15:47

Dit is nou rerig goeie nuus. Dankie vir die mededeling Geert.

Nou moet die konstante baie reën net bedaar,sodat daai opvullings in plek kan bly. 

Ek sal maar diep in beursie krap, maar DV gaan ek Kruger geniet Meimaand.laugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 25/03/2026 - 14:18

op versoeklaugh. Chris, die bespreking lyk tans so: 16e (April) Berg en Dal; 17-20e Satara; 21-24e Skukuza. Ons bly gewoonlik nie so lank in een kamp nie en met vele paaie wat dalk nog gesluit kan wees sou ons waarskynlik erens iets uitruil. MAAR, indien ons die Satara datums onveranderd hou en julle planne werk uit kan ons moontlik 'n kampvuur deel vir 'n aand, wie weet? Dit kan lekker raak.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 25/03/2026 - 14:30

... ek maak 'n "mental note" van julle datums. Indien ons wel in die wildtuin uitkom en julle planne bly onveranderd, sal ek vir daardie rooi dubbeldekkerbus uitkyk wink.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 25/03/2026 - 19:35

Breed gesmile vir die uitdrukking. Laat ons maar net hoop dat iets vinnig verander en dit tog moontlik sal wees vir jou om in die pad te val. Die ongeluk is dat mens betyds moet kanselleer ten einde nie jou betaling te verbeur nie. Ons hou maar steeds duim vas.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 14:49

Sjoe dis erge uitbuiting. Ek hoop niemand gooi nou daar in nie. Dis omtrent die prys as olie se koste na 120 dollar/vat styg.

Waar is dit, Menlyn omgewing of Montana???  

Pretoria

Geert

Fri, 27/03/2026 - 14:05

16e (April) Berg en Dal; 17-20e Satara; 21-24e Skukuza. 

Ek dink ek sou dit ook so bespreek het...glo julle gaan goeie verskeidenheid sien 

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 27/03/2026 - 16:58

Jy wat onlangs in die wildtuin was sal weet. Ons het die kampe so gekies aangesien daar normaalweg baie roetes rondom Skukuza en Satara is. Met baie paaie miskien nog onbegaanbaar, en indien uitruilings moontlik is kan dit dalk verander. Intussen raak die dae darem minder en sien ek uit na die wildtuin met sy reuke, geure, diere, bome, naggeluide en nog meer...

Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/03/2026 - 17:59

....in Kruger is eintlik 'n lekker kamp, party is net effe minder lekker. Geert, ek dink aan Onder Sabiewinklaugh

Pretoria

Geert

Fri, 27/03/2026 - 20:54

Lower sabie is ons gunsteling kamp in wildtuin as dit kom by kampeer ervaring. Maar met onlangse besoek weer aan Skukuza het ek begin wonder of ons nie maar liewer ons Lower Sabie gedeelte moet oorskuif Skukuza toe nie. Dit sal dan op grond wees van roetes ry met wild. Ons het nog altyd by Lower Sabie puik wild gesien, maar na paar dae raak mens moeg vir die roetes wat mens oor en oor ry. Tussen Lower Sabie en Tshokwane ry ons nooit, want ons sien bittermin daar. Die s30 is meestal gesluit....alhoewel groen trokkies afgelope besoek ketting oopmaak, daar in ry en ketting weer opsit....publiek nie toegang nie. Die S21 is al vir ons die afgelope 4 jaar in patetiese kondisie, so wil hom nie meer ry nie, want dis n lang grondpad en as dit so swak toestand is, is dit mors van tyd....kyk meer waar jy moet ry as vir diere. So op die einde bly dit op en af na Krokodilbrug en Skukuza. Mens kan dit ook net doen vir so 4 of 5 keer, dan is dit genoeg. Mens kan oor die brug ry Tshokwane toe en selfde roete terug, maar ook net soveel keer. By Skukuza is baie roetes met baie goeie besigtigings potensiaal....ook lekker kort roetes vir vinnige laat middag trippies.(maoela loop onder andere) Op die einde is ons in die wildtuin om diere te sien en goeie paaie te ry en nie net vir kampeer gerief nie...nie dat Skukuza sleg is nie...ons geniet dit baie, maar Lower Sabie is vir ons lekkerder. 

Ons moet nog besluit.....

Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/03/2026 - 06:35

Vanjaar gaan die 1ste keer wees wat ons lank in Skukuza gaan oorbly. Ek vind die kamp en omgewing bietjie besig, maar ons moes kies tussen hom en Shingwedzi.

Skukuza het gewen omdat S.wedzi se eko-omgewing dieselfde is as by Tsendze. Ek wil nie 12 dae in Mopanie veld deurbring nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 28/03/2026 - 10:43

... en Krokodilbrug (in 'n stewige 2de plek), is die Onder-Sabie-omgewing (wat my persoonlike ervaring aanbetref) een van die beste wildomgewings in die wildtuin.

Ek is nie 'n leeu- (of enige ander grootkat) betottelde nie. Ja, dit is bonusse en lekker as jy gelukkig is om laasgenoemdes te sien. Maar persoonlik heg ek baie groter genoegdoening daaraan om die werklik skaars diere te sien. Diere soos swartwitpens, eland, tsessebe, Sharpe's grysbok, rietbok, swartrenoster en die skaarser roofdiere soos wildehont, rooikat, vaalboskat en tierboskat. (Ek soek nog my eerste "sighting" van 'n ietermagog).

Die struikmopanieveld in die noorde is een van my gunsteling areas. Sonder twyfel kom daar minder wild voor, maar jou kanse om van die skaarser bokspesies daar te sien, is baie goed. En die kleiner aantal voertuie is 'n verdere bonus.

In my opinie is die H10 tussen Onder-Sabie een van die beste roetes om swartwitpense en rietbokke te vind.

Persoonlik ervaar ek Skukuza as 'n baie gemiddelde area - maar 'n lekker kamp. My enigste negatiewe ervaring van Skukuza is die groot aantal "jeep jockeys" wat die paaie amper vervuil. Maar dit het tyd geraak dat ek Skukuza en Pretoriuskop weer 'n "go" gee - dalk volgende jaar.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/03/2026 - 10:56

... die noorde van Kruger neem nou erge afmetings aan. Ek lees laasweek dat daar omtrent geen leeus meer in omgewing van Punda en Pafuri oor is nie. Sulke nuus maak my so bemoerak dat ek iets kan oorkom.

Net so met die smokkel van ietermagogs!!! Wat is so spesiaal aan die diertjies wat dit smokkelwaarde gee. Waar eindig dit, plaaslik of ook oorsee by skrefies-ogies. 

NS: volgens internet, alweer die Ooste waar die vleis as 'n delicatese beskou word, en die fyn gemaalde skubbe klaarblyklik medisinale waarde het. Word seker saam met renosterhoring aangesmeer crying

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus