Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 minutes ago
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -10 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -10 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 09/05/2026 - 12:48

Ai, dit is vreeslik om van al die skade van die afgelope week te sien en hoor. Met die rotsstortings (ook in Meiringspoort) lyk dit nie asof paaie gou herstel sal kan word nie. Sonder krag ook nog is dit regtig 'n toestand van groot nood. Dink aan julle.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 09/05/2026 - 13:09

...dalk. Met al die erge paaie skade in die Suid Kaap, en dieselprys moet ek seker omdraai by KarooNp.

Met Meiringspoort toe, kan Seweweekspoort seker ook vir maande toe wees, kan ek nie uit die vuis dink hoe om by Baviaanskloof van KarooNP uit te kom nie. Ook gehoor in kamp dat groot deel van Aventura Plettenbergbaai iik weggespoel het. Ons wou daar gaan kamp het.

Ek het video, wat Geert gestuur het, van Meiringspoort gesien. Dit is GROOT verspoelings. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 09/05/2026 - 15:55

Sjoe Herman, daar in jou geweste lyk die storms erg.  Sterkte daar vir julle.

Hier by ons in Kaapstad lê ook 'n moeilike paar dae voor. Die voorspelling hier by ons vir Sondag is 39mm, Maandag 62mm enDinsdag 42mm = 143mm !  Op die oomblik skyn die son en die wind blaas effentjies uit die noord-weste, ons reënwind.  Met die voorspelling dat die sports begin om middernag vannag.

My grootste job gaan wees (as die elektrisiteit hou) om te keer dat die swembad nie oorloop nie !

Met die kort-kort se effense reën wat ons die afgelope paar weke gehad het, is twee van my drie reënwatertenks vol en die derde een is half.  Vir die afgelope drie weke gebruik ek geen munisipale water nie, net reënwater en dis hoekom die een tenk half is.  Dié meneer behoort vannag ook propvol gevul te word.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 09/05/2026 - 16:34

Een van die dae gaan Len ook grys hare kry (soos meer van ons). Dit nogal van 'n helder blou poel water wat hom versondiglaugh  - net maar in 'n ligter luim. Ek dink baie aan almal wat storms en dan ook soveel reën moet trotseer. Hoop julle het genoeg droë hout om die kaggelvure te laat brand.

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 09/05/2026 - 21:14

Ai Almal.  My hart is seer.  As hulle Meirngs poort moet toemaak vir ewig....Het die munisipaliteit nog geld oor....

As jong skutter het ek in die waterval na onder geduik. Was op Infanterie Skool op Oudtshoorn. Julle weet natuurlik ek is ook n diepsee duiker.  Seker waar my liefde begin het vir onder water.

Maar ai, ek het weer gesien hoe alles opgelig is.  Mense ons beste ingeneurs het daar gewerk en wys net hoe sterk is die natuur.

Bly veilig oom/neef Herman an ander.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 10/05/2026 - 20:07

Sjoe Herman....groot skade, sterkte daar vir julle. Volgens wat ek gelees het van pad na DIe Hel moet regering geld voorsien om dit te onderhou en herstel omdat dit as erfenis gebied verklaar is, maar dit gebeur nie. Ek sien dat hulle nou n "Back a buddy" projek van stapel gestuur het om kostes te probeer dek via publieke bydraes. Toe ons daar was, was dit ook vir hul n uitdaging om pad te herstel....afhanklik gewees van publiek se masjienerie en toerusting en fondse. Ek dink ook Cape Nature is meer aktief daar nie?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 10/05/2026 - 20:25

Voedsel voorraad en vasgekeerde toeriste met helikopter 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 10/05/2026 - 20:38

lyk voorwaar erg, veral vir gebiede wat reeds kwaai deurgeloop het met nog meer reën op pad. My dogter-hulle en ek dink Wildehont ook, woon in daardie swart kol (200mm +). Die kleines se skool in Tulbagh is gesluit môre en moontlik nog Dinsdag ook. Gelukkig het hulle Donderdag 'n groot vrag droë brandhout gekry en toe my dogter vandag bel sê sy dat die kaggelvuur reeds van 8 uur vanoggend af brand - groot opgewondenheid daar vir die klompie van Messina wat dit nie ken nie.

Sien nou Geert se foto's van Gamkaskloof. Ek dink aan Neef Herman en hoop dat hulle 'n oplossing kon vind vir die pad wat toegeval het.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 11/05/2026 - 18:50

Ek dink so baie aan julle wat vasgekeer is op jou plaas en dan was/is daar ook nie elektrisiteit nie. Is daar vordering om die pad oopgestel te kry? Kon die krag herstel word? Hoor graag van jou.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 11/05/2026 - 20:09

Hello Maters en Rona

 Ja, ons is basies afgesny, behalwe vir n lang ompad, ñ grondpad wat ook deurgeloop het met die vloede.

Ons krag is uitsorteer, het solar, maar met die weer, laai dit sleg so ons bestuur die gebruik versigtig. Het ook ñ kragopwekker wat vandag weer diens gedoen het vir n ruk om batterye te laai en dan die vrieskaste op te top.

Von se spens is ook altyd gebult van die blikke en bokse, lyk beter as P/Pay se rakke. So daar is ons ook OK. Sy het vandag een vrieskas oorgepak by die groter een om krag te spaar. Ongelukkig is my ysbakkies nou beperk tot net net twee.

So ons kaggel brand heeltyd, ek maak kos om myself besig te hou, en ouma raak g@tvol vir my en Giep wat die huisie vol vuil spore trap.

Vanaand het ek " flat bread gemaak. Van die begin af gemeng en geknieg en gebak. Met die hulp van n boek natuurlik. T bones in die kaggel gebraai. Ouma het n Caprese slaai opgetower met balsamic dressing wat puik saam die broodjie gepas het. Stuk donker sjokolade kou terwyl ek nou met my een vinger tik.

Vandag uitslae gekry. Lyf is skoon.. Van nou af net elke 6 maande bloed toetse. Wie verkwalik Neef as hy positief voel, en die weer geniet. Dit is lekker weer as jy so daaraan dink. Kon donker gewees het.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/05/2026 - 20:15

...ek en Marie is saam met julle verheug oor die "skoon" uitslae. Jy mag jou [julle] bederf, jou ou rowwe skoon bliksem.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 11/05/2026 - 21:43

Soos wat ek jou laaste skrywe lees kry ek alpad die gevoelentheid van 'n vrolike stemming - tot die beste nuus aan die einde en is dankbaar saam met julle.

Ook bly vir die grondpad-ompad. In geval van nood wil mens nie gestrand wees nie.

*Jammer om te hoor dat ek iets anders as 'n Mater issad

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 12/05/2026 - 07:18

Dankbaar saam met Herman oor sy positiewe uitslag. 

Hier by ons gaan dit nog rof. Vir die tweede keer in 'n paar dae is ons weer sonder krag waarskynlik tot Woensdag sê Eskom. Die hele gebied van George tot Plettenbergbaai het nie krag nie. Stilbaai ook af. Dit reën nog steeds en voorspelling is dat dit van môre af gaan opklaar.

Sonpanele kan nie die batterye laai met die bewolkte weer nie. Gelukkig het ons verlede jaar geleer om genoeg droë hout op te gaar wat nou handig te pas kom.

Mense kry swaar maar ons moet net positief bly en mekaar help en bystaan. 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 12/05/2026 - 07:29

So bly vir julle.  Julle eet darem grand in die week......

Geniet dit.

Hier in die Kaap looi die reen ons soos oom Len ook kan vertel.  

 

Bly warm.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 12/05/2026 - 10:00

Vanoggend het die wind so bietjie bedaar. By die bos lapa het 3 ou grotes gesneuwel.

Gaan binnekort klompie Papierbas sade in die grond kry. Lekker digte bos plant.

 

Bome

Boom

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 12/05/2026 - 11:27

Dis vir my die grootste hartseer van 'n storm (praat nie van lewensverlies). Dakke en geboue wat beskadig is erg (verlies, koste en ongerief) maar kan herstel word. Die groot bome wat by Neef Herman omgewaai het is 'n voorbeeld hiervan. Die natuur kon dit daar gevestig het of dit kon met liefde en sorg aangeplant gewees het. Vir jare het hierdie bome 'n prentjie gevorm, skadu en beskutting gegee asook blyplek vir voëls en insekte. In 'n oogwink is dit net weg....

Neef Herman. Papierbasse is pragtige inheemse bome en sal daar net so mooi lyk. Help my asb. bietjie reg - kom dit geredelik voor in julle omgewing? Sal goed wees om te hoor en maak my sommer opgewonde.

* Is dit Giep in die foto? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus