Die ondervermelde is nie kritiek nie, dis bloot 'n reaksie op 'n vraag op die Koffie & Tee (of is dit nou Tee & Koffie ?) draad, wat het van my geword en die antwoord daarop, ek kuier by CP.
- Ek volg maar die gebruik om die raad wat voortdurend op sosiale media uitgedeel word : "as iets jou nie interesseer nie, hou maar verby". En dis presies wat ek doen.
- Wat die Tee & Koffie draad betref, die volgende : Ek het agtergekom die meeste mense groet gou dié wat reeds aangemeld het en ouens wat daarna groet of iets te sê het se sêgoed word in die wind geslaan. 'n Goeie voorbeeld : dit lyk vir my net Deon het gesien en gereageer op wat ek gister gesê en die res wonder wat van my geword het terwyl ek gister hier was op die draad wat elke dag op gesels word.
- Ek gesels op verskeie sosiale platforms met mense wat oor goed gesels wat my belangstelling prikkel en dit is korrek dat ek deelgeneem het aan heelwat gesprekke op CP, onder andere :-
- i/d en voertuig registrasie risikos waar besonderhede deur sekerheidswagte geskandeer word
- my gunsteling natuurlik, verskeie gesprekke oor die Kruger Wildtuin, keuse van kampe, roetes na KNP, afbakening van staanplekke, dienslewering, ens
- hoe spandeer jy jou tyd by 'n kampoord
- verkeie gesprekke oor "movers", verskillende soorte, probleme, pryse, installeerders, ens.
- opknapping van ou karavane - verskeie
- karavaan/boswa battery soorte, probleme, soorte laaiers en probleme daarmee
- yskas probleme en oplossings
- sleephak eienaardighede en probleme
- keuses van lugversorgers, die installasie daarvan, voor- en nadele, pryse, ens.
- en les bes, die Steinhoff-debakel
Ek verwag natuurlik nie mense moet na my pype dans nie, ek verduidelik bloot dat ek gesels op plekke oor onderwerpe wat my interesseer.
Len
Dit was ek wat vanoggend verneem het na jou en Arie. Dit was seker verkeerd want ek het gister jou kommentaar gelees oor die reënvoorspelling. Ek het egter die afgelope week of wat agtergekom jy was stil hier en het dit seker in gedagte gehad.
As ek op 'n draad ingaan, gaan ek gewoonlik tot waar ek kommentaar gelewer het en kyk wat daarna geplaas was.
Ek weet jy hou van die tipe gesprekke wat jy hierbo noem. Jy floreer op hulle en gesels altyd, met kundigheid, lekker saam. Dit is jammer dat meer sulke drade nie hier begin word nie. Ek glo mense wat by 'n forum oor kamp aansluit, verwag om oor kampverwante onderwerpe te lees. Dan was daar al ook wel sulke drade begin en die reaksie daarop nie altyd na wense nie.
Op baie van die onderwerpe sal ek nou nie juis veel kan saampraat nie, maar ek vind dit meeste van die tyd interessant om te lees. Ek gun dit regtig vir die manne om die tipe dinge te bespreek en verwag nie al die drade moet na my sin wees nie. Dit is egter waarvan ek hou by Kampforum, die diversiteit van die drade. Maar, ek verstaan wat jy sê, Len. Mens kan nie net saampraat omdat dit van jou verwag word nie, jy moet lus hê om saam te praat.
Hoekom hou die gesprek op
Hierdie is bloot net my gewaarwording .Mense sal n onderweerp aanraak daar sal so 4 of meer antwoorde wees en dan verder niks die draad loop dood .Stem saam met Freda en Len dat hierdie n Kamp Forum is en dat mense verwag om oor kamp sake te gesels .As daar n onderwerp aangeraak word wat nie my belangsteeling is nie reageer ek nie op daai draad want ek het nie insette om te lewer .Maar ek lees wat die manne se en het al heelwat "tips " opgetel .Ek behoort aan n baie populere 4x4 Forum en daar praat die manne oor alles onder die son nie net verwant aan 4X4 nie .Dit blyk om te werk want die forum is besig die heel dag lank . So elkeen moet maar "chat" waar sy belangstelling le .
Ek is vreeslik jammer dat ek…
Ek is vreeslik jammer dat ek nie altyd op als kan reageer nie.... ![]()
Ek raak soms so besig dat ek nie eers tyd het om koffie te drink nie. Die laaste paar dae was sulke dae.
Ek hou van die feit dat mens oor als en nog wat kan gesels.
Bv. Die Drones. Daar is baie mense wat hulle by kamp plekke gebruik ( natuurlik pla dit my)
Visvang en kamp loop soos biltong en droëwors... die een kan nie sonder die ander nie.
As ek gaan kamp en ek en mamma moet die heeldag oor tentpenne, grondseile ens. gesels gaan een sonder die ander huis toe ( n gegewe)
As daar oor n onderwerp gesels word waarvan ek niks weet nie ( soos die meeste) dan vra ek en leer dalk iets nuuts by.
Jip oom Len,…
Jip oom Len,
Ek gaan vanaand in n situasie wees waar ek onder geen omstandighede mag nee se vir n paar biere. Indien ek sou, sou dit klein mensies se gevoelens baie seer maak.
Daar kuier vier van die familie se kinders by ons. Die wyfie het nou net ge Whasapp dat daar besluit is hul gaan nou vanaand vir ons braai en mag absoluut niks help nie. Die hout, ekstra vleisie dingetjies en spesiaal bier is vir my gekoop.
Nou wat sal n gesie maak onder sulke omstandighede. Die regte ding naturrlik, slaan n paar castles.
Aunty Freda,
Ek lees aunty Freda se kommentaar so en ek dink by myself, dit sal darem regtig lekker gewees het as hier meer wyfies op die forum was. Ek kan nou nie aan n lekker woord dink nie, maar wil se daar sou dan meer vroulike drade wees. Waar hulle drade kan stig soos waste make-up om te gebruik op kamp, lol, of die beste hoe hak skoene vir kamp.
LOL, ek spot n bietjie met die twee voorbeelde, maar regtig, dit sou interesant wees om sulke vroulike drade te sien.
Groetnis
meer wyfies op die forum was…
meer wyfies op die forum was.
Ja dit sal nogal iets wees om te lees. Waar is Lolla? Sit julle make-up op in die tent / karavaan, of innie ablusie waar julle kan socialize?
Hallo Len! ![]()
Dra die wyfies dan make-up…
Dra die wyfies dan make-up as hulle kamp ?
Nog nooit gesien nie, Ok Ok nog nooit so gekyk nie....
Hallo Anton !
Hallo Anton !
Ek gee nie om om 'n tweede keer te groet nie, maar ingeval jy nie gesien het nie, ek het darem op die Tee & Koffie draad vanoggend vir almal gegroet - selfs hierdie keer ook vir dié wat net lees en nie saamgesels nie !
Daai vanity case
Seg ek is ook maar baie bang vir daai tassie wat die Mamma's saam dra . Ek moes eendag vroutjie se tassie aan gee en kon sweer daar was stemme in daai tas
Goeie more
El lag so as ek sien hoe die mense mekaar groet in die oggende laat my dink aan die Brakpan ou wat by die trappe afkom ,sy seun sit sit by die tafel en ontbyt eet .More Pa groet die outjie .More seun se Pa .En wanneer skryf julle toets ? vra die Pa . More Pa . More seun
Ek is so gelukkig .... Hel1…
Ek is so gelukkig .... Hel1 dra omtrent nooit make-up nie. ( ek wil iets seg maar ek gaat slae kry)![]()
wel as jy dit nie wil seg…
wel as jy dit nie wil seg nie dan sal ek. EK glo Make-up is om te make-up vir wat daar nie is nie?
Red nou 'n nasie!
Of moet ek sê: Red nou 'n forum? Sien julle nou? Len begin 'n (baie ernstige) onderwerp en kyk waar trek dit nou. By make-up en hoëhakskoene en wie groet vir wie. ![]()
Len, gee dit op vir 'n "bad job" my vriend, jy gaan nie wen nie. If you can't beat them, join them. Dis al wat gaan werk. Ek het vroeër 'n kampverwante draad begin. Ek het nog nie daar gaan kyk nie, ek wed jou die wenke wat daar gegee moet word, gaan handuit ruk.
Net om by die "lawwigheid" op die draad aan te sluit, hierdie wyfie sal self bly wees as nog wyfies wil deelneem. Ek het nog nooit 'n wyfie met "high heels" sien rondloop op 'n kamp nie. Voories en Segekok, spog maar lekker met jul vleklose, plooilose jong bokkies. Ons ander sal maar bietjie gesig aanverf, net vir die wis en onwis.![]()
Stem saam met jou Shaun,…
Stem saam met jou Shaun, baie "faaits" begin op 'n draad waar iemand moes wegbly, dan spat die vonke, ek probeer ook om alles te lees, kan wel nie oral kommentaar lewer nie.
Sal ook maar eerder "in die hoekie gaan sit"voor ek iets sê wat aanstoot kan gee.
Gelukkig, hier op Kampforum.co.za faait niemand nie, ou Spekkies voel al af geskeep.?
Spekkies fight club
Johann L ek hoor Spekkies het by die salvation army aangesluit daar is glo beloftes dat daar n fight gaan wees ![]()





More oom Len, koffie of tee ?
More oom Len, koffie of tee ?