Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -2 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -3 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -4 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -4 hours ago

Meimaand saamgesels

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Noudat die gebruiklike maters nie die nuwe saamgesels registreer nie, doen ek dit maar.

Sjoe maar die forum is eintlik grafstil in die jongste tyd.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/05/2026 - 07:45

Na aanleiding van Geert se inset hierbo, ek glo nie die Ranger trokkie van vermoordes is by 'n Krugerhek uit nie. Tenminste kyk die hekwag darem na jou papiere, en gesig.

Ek vermoed hulle is deur die Pafurie-grenspos, of sommer bos langs oor die grens na Mosambiek. As die Limpopo vloei, ry mens nie sommer deur hom nie.

Die lyke is in die rivier gevind, seker met die hoop dat krokkodille dit sou versteek en opvreet.

Dit laat die vraag---gaan ek in toekoms my handwapen weer inklaar en laat seël ?? Asof mens nou 'n bok[kie] sal kan skiet met 'n 9mm pistool.

Terloops, met ons uitklaar by Malelane hek, vra die wag of hy voertuig kan deursoek. Ek seg toe ja, waarna hy die agterdeur oop en toemaak. Niks kyk in 'n koelsak op sitplek nie, nie eers kappie laat oopmaak nie. Ook nie in woonwa geloer nie. Dis wat ek noem "deeglik". Was daar 'n snuffelhond betrokke, sou dit sin maak.   

0
Pretoria

Geert

Sun, 24/05/2026 - 18:00

Soos jy sé Wessel....ons is nog nooit werklik ordentlik deurgesoek nie. Maksimun n agterdeur vlugtig oop en toe maak lyk my is maar standaard by Malelane hek. Ons is afgelope besoek 2x by Malelane hek uit sonderbom papiere van my seun te wys. Hy het dit en conservation fooie was betaal, maar voor hy nog wys, gaan hefboom oop. Ek hoor van deur riviere ry, maar is vkakke nie te hoog op die oomblik nie? In verlede was Sanparks personeel ook gedurig deel van stroopery....so diè moontlikheid is ook daar? 

Wat ook al die geval is, ek hoop nie dis n nuwe tendens wat die KNP tref nie.

Jammer vir naasbestaandes en familie...dit moet erg wees om sulke nuus van jou geliefdes moet aanhoor waar hulle op n "rustige " natuur vakansie was

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/05/2026 - 18:07

...is daar enige lewe en belangstelling daar buite??

Dit wil voorkom of die afwesigheid van Chris S en Chris B, 'n groot stilte impak op die forum het.

Arme neef Herman is seker nog sonder genoegsame elektrisiteit en/of internet verbinding, daarom sy stilte.

Grootwind sal hopenlik ons vergas met sy tent modifikasies.

Rona: Sy is seker maar gevries in Dullstroom.

Geert: seker 'n besige sakeman, nie tyd vir klets nie.

Ekselwers: Môre kry Kavango hopenlik sy "movers", sal probeer paar fotos laai daarvan. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 25/05/2026 - 18:28

Ek loer kortkort in, maar het ook gesien niemand gesels nie....van die nuutste plasings op lys het al oorgeslaan na 2 dae. Vroeer vandag was daar 9 aanlyn....toe gedink daar gaan iets gebeur. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 25/05/2026 - 18:30

Ek wil graag die OutdoorX buite Pretoria eerskomende naweek gaan besoek. Was laasjaar daar en het dit baie geniet. Skou is buite...so hoop die weer speel saam

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/05/2026 - 19:51

Môre word "movers" aan die Kavango gesit. Dan word my knie gesonar en X-straal om fout te soek.

Hopenlik hoef daar nie ge-opereer te word nie, dan net kompleks se jaarvergadering afhandel, en dan kan ek met mening brgin kampeer.

Op die lys is Pilansberg, Marakele, en as ek kan plek kry, sommer weer Kruger toe.  

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 25/05/2026 - 21:07

Wessel.  Hoop hull hoef nie te opereer.  Ek herstel nog van die knie operasie in Februarie.  Maar is baie beter.  Kan nie meer vir Stormers speel.

Geniet die movers.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 25/05/2026 - 22:16

Jammer Maters, die mooi weer hier Montagu hou my so besig dat ek by niks uitkom nie. In die aande is ek amper te moeg om te lees en dan nog te tik ook. Klink vir my na groot werk. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 27/05/2026 - 08:37

Een van my vriende neem sy karavaan in vir diens.  Die werkers maak toe heerlik kos op die gasstoof.  Vetspatsels orals.  No quality control.  Ons spot dat hulle sy wa gebruik het by n sokker/rugby wedstryd as n kos waenkie.  

....en karavaan is seker nie eers gediens nie

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/05/2026 - 09:22

Kom nou net van huisdokter af. Die man het sonar en X-strale bestudeer, en tot dieselfde slotsom as ekke gekom.

Ek is nie swanger nie, en ek benodig geen knie operasie nie. Ek het net die " CV boot" seergemaak, wat lei tot inflammasie en swelling. Pille gaan die ding vir eers doen.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/05/2026 - 12:18

...goed om van jou te hoor. Nou weet ons dat julle nie vasgevries is nie.

Verwys jy na jou, Daan of myselwers as jy praat van knie operasies.?

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/05/2026 - 17:40

Ons het tans heerlike dae - kortbroek en plakkies. Sawens mik ons darem vir 'n truitjie.

Wessel, dis gelukkig nie almal wat nodig het om Kavango's sonder movers in die rondte te swaai  niewinklaugh Goed om te hoor dat jou knie ok sal wees met medikasie. Daan is minder gelukkig - wear & tear het hom ingehaal. Die een knie is reeds geopereer en dit is 'n groot sukses; nou nog die ander....

Veels geluk aan die Bulls en WP met hul oorwinnings in die URC wedstryde. Die Lions het 'n moeiliker stryd vanaand. Ons hou styf duim vas.

0
Pretoria

Geert

Sat, 30/05/2026 - 18:52

Ja, lekker lui lekker rugby middag gehad. Ek wou oorspronklik Loftus toe gaan, maar het n afspraak gehad wat eers 12h30 sou klaarmaak. 11am word dit gekanseleer....kon seker nog Loftus toe gegaan het, maar toe op TV gekyk. Beide geniet. Dink ook dit gaan n moeilke game wees vir Lions teen huidige kampioen Leinster. Sal nice wees as Lions wen....semi teen Stormers in Kaap 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus