My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.
Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.
Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.
Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.
Half gepak !!!
Wessel ...
Kuier
Chris jou pak lys lyk redelik voledig.
Ons vlieg Dinsdag aff George toe en dan gaan ons vir 3 weeke in die Wes Kaap tot by Kaap Stad toer en vir my Dogter gaan kuier nabay Montagu (R62) op haar plaas (WindVogel). Ons wou by julle n' draai in Kleinmond maak maar ons gaan mekaar mis. Dit is baia jammer.
Ry veilig.
Gaan nou reguit sê dat ek…
Voortrekker....
ek is nie seker of die TO Strand-inset 'n 'toetsuitsending' was nie, maar as dit vir Chris bedoel was wat baie opgewonde is oor hulle Kgalagadi-trip, gaan jy van hom hoor (smiley face). Maaind you, ek lees daarin "Sterkte met die hitte". Die koelteboom by die strand lyk baie aanloklik.
Edit: Hierdie maak nou nie sin nie. Verskoning Chris. Kort na my skrywe het die foto van TO Strand verdwyn.
Môre-aand ...
4 Oktober
Nadat ons 10 minute later ons beplande vertrektyd by die huis weggekom het - en 'n kort kuiertjie by 'n jarelange vriendin in Moorreesburg, was ons 15:15 by ons oorslaapplek in Vanrhynsdorp. 'n Vinnige stop by die netjiese Kardoesie Padstal in Piekenierskloof, het ons die N7 verder noord gevat.
4 Oktober vervolg
Dit is tans 'n baie lekker 32°C hier. Die antie is in haar noppies. As gebore en getoë Karoomeisie soek sy die warmer weer.
Raak interessant
Goed om te sien/lees dat julle die toer sover geniet. Altyd lekker om nuus te verneem uit 'n geweste wat ons lanklaas besoek het. Ek lees met opset nie die beplande toerprogram nie en hoop om daagliks hier 'n verrassing te kry. Waar en wat braai ons vanaand?![]()
Chris---fotos laai
Gaan kyk op gesprek "forum herstel en terugvoering", hoe om fotos te laai.
Die ene met lkon [2de regs] in "tool bar" werk 100%.
Tans in Kenhardt by Oma…
Tans in Kenhardt by Oma Miemie vir 'n koffietjie. Amper by ons bestemming vir vanaand.
Elim Gasteplaas - Keimoes







Elim is geleë op 'n eiland in die Oranjerivier. Iewers hier naby moet die rivier oor klippe stroom - dit is te lekker om die gedruis te hoor.
Daai kamermuur....
....moet nou nie tot stuitighede lei nie. ![]()
Dit lyk baie netjies
5 Oktober
Ons is vanoggend 09:00 weg by ons gastehuis in Vanrhynsdorp. Hierdie ouballie is mos rustig op die pad met sy 100 kpu. Gevolglik was ons net voor 13:00 eers in Brandvlei waar ons middagete geëet het by Die Windpomp restaurant - heel skaflik, maar niks om oor te "brag" nie. Ek het gedink om daarvandaan deur te druk tot Keimoes, maar moes noodgedwonge 'n noodstop by Oma Miemie in Kenhardt doen. Ralie het intussen vir ons koffie bestel terwyl ek - aag julle weet wat. Ek het nie gedink ek gaan dit maak nie, maar in daardie deel van die wêreld is bosse maar skaars.
Die Noord-Kaap moes goed reën gehad het. Die panne langs die pad is gevul met water en die veld is welig groen. Tussen Calvinia en Brandvlei staan daar plate botterblomme langs die padreserwe.
Hier langs die Oranjerivier is die wingerde prentjiemooi met die jong geil groei. Vanaand val daar 'n paar hoendersosaties (ala Kleinmond Superspar se slaghuis) saam met Joey's boerewors op die Smokey Joe.
Môre is die pad via Upington en Ashkam (waar ons beplan om by Diamond T Coffee Shop te eet) naTwee Rivieren.
Dit lyk alte gerieflik...
en is sekerlik 'n groot bederf.
Ons het net eenmaal in Keimoes op 'n gasteplaas oornag - ook op pad na die Kgalagadi. Naam van die plek ontgaan my nou. Dit was Desember, moordend warm en die plekkie, alhoewel baie oulik, het nie lugreëling gehad nie.... As komplimentêre "vuurmaakhout" het ons 'n sak half-vol met wingerdstompies gekry. Daan (gewoond aan regte hout) het die storie so gekyk en gereken hy gaan nie die braaivleis gaar kry met hierdie toïngs nie. Hy het sy sak brikette byderhand gehou vir in geval van nood. Verrassing...daar het stompies oorgebly.
Ek toer in gedagte lekker saam, dankie.





Iets om na uit te sien
Ek hoop dat daar oral sein is waar julle gaan - ons kan nie wag vir nuus uit daardie geweste nie.
Ry veilig, geniet alles maar moenie in die versoeking raak om die duine aan te durf nie