My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.
Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.
Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.
Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.
Neef ...
... ek het 'n paar per e-pos gestuur. En eensklaps kry ek die boodskap dat my e-pos is vol. Toe baie "files delete" - met geen verdere resultate. Daarom sal ek maar Maandag na a die eksperts gaan.
Ek het dit altyd só maklik gevind om direk vanaf die selfoon na die forum te laai - ek gaan 90%+ van die kere op die selfoon in op die forum. Maar na die opgradering het meegebring dat dit werklik 'n schlep is om foto's direk vanaf die foon se kamera na die forum te laai.
Chris ek is besig om…
Chris ek is besig om ondersoek in te stel oor die wat ons so sukkel met foto's laai van die fone af.
Kom ek probeer weer
Jy kan nie Askham verbyry sonder om by Diamond T eers ietsie te nuttig nie - al is dit net een van hul mini melktertjies. Maar hulle ontbyt is aan te bevole. Dit is 'n baie netjiese plek.






epos
Vra vir Anton ?? Ou Neef stuur die fotos per epos vir myself. Die tablet kan ek blue tooth vanaf die foon. Maar laptop toe ?? stuur ek met epos.