Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -5 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -19 hours ago
Hael November 2026 Geert -19 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -1 day ago

2018 Buffelspoort

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Ons het op Sondag 07 Januarie 2018 so om en by 09:30 hier uit Vaalpark vertrek na Buffelspoort.

Die doel was, (behalwe vir 'n lekker kamp) om my jongste dogter en die twee kleinseuns bietjie weg te vat.

Wat is nou beter as 'n lekker kamp by ons almal se gunsteling oord, en dit om die jaar mee te begin? 

Adriaantjie het al van die Vrydag aand hier geslaap want hy wou niks weet van 'n kamp mis nie.?

Ons het besluit om die Randfontein, Magaliesburg en Rustenburg pad te ry. Net as jy van die N1 af klim, begin pad werke, tot by Westernarea, maar ons is mos nie haastig nie.  Gelukkig werk hulle nog nie op Sondae nie.

Ongeveer 11:30 is ons in geboek met 'n lys van beskikbare staanplekke, en na so bietjie rond ry en kyk, het ons toe op 'n kleinerige A46 maar met baie koelte gevat.

Die nadeel was dat die kraan aan die oorkant van die pad was,  en die krag punt was ook bietjie ver, maar 'n kamper laat hom nie deur so iets af skrik nie. Ek het juis so 23m en ook 'n 15m rekbare tuinslange in die Penta. Daai goed werk lekker, is lig en vat nie plek nie.

Baie aangename bure kom nader om te kom help, iets wat nie juis meer gebeur nie.

Na so halfuur staan alles netjies, en kon ons begin kamp.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/01/2018 - 21:57

Dag een: Warm tot vrek warm, die ysmaker kry nie vinnig genoeg ys gemaak nie. Die Kia se klimaat beheer het on erg bederf!

My kamera het ek by die huis gelos, die gedagte was, seltoon fotos is goed genoeg vir so skielike wegbreek. Ons gaan mos nêrens heen ry nie, FOUT.

Maandag oggend, na 'n snik hete nag, besluit ons, ons gaan die Dinsdag "Cradle of mankind" besoek, dus sal slim foon fotos moet doen.

Heerlike ontbyt geniet en af swembad toe vir die res van die dag, of so het ek gedink.

Almal wil oupa Lock se potjie hê vir aand ete,  dus is ek so 3 uur se kant terug en begin om 'n bees rib pot te maak. My dogter was heel verbaas om te verneem dat jy kan van rib 'n potjie maak. Al moet ek nou self so sê, dit het, soos Shaun sou sê, soos stroop geloop.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/01/2018 - 22:10

Dinsdag is ons na Cradle of Humankind en die Sterkfontein grotte.

C o h
By die ingang an Cradle of humankind
Nog
Fosiel op uitstalling
Nog 1
Beendere wat daar uit gehaal is.
Nog 2

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/01/2018 - 22:19

By die grotte kon ek nie mooi fotos neem nie,  verskoon maar die kwaliteit.?

Grot
Een van die baie sy tonnels 
Grotte
Grotte
'n Opening in die "Dak"
GrotUit vinder

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/01/2018 - 22:40

Ek gaan maar bietjie rondspring, ek wou die 'artikel" vanaf ms-word doen, maar kry dit nie gekopie nie.?

Com
Naboitsel van hoe die primitives geleef yet?
Primitief
Uitgrawings op uitstaling.
Uitsig
Uitsig van bo op die museum se dak.
Nm
Oud president Nrlson Mandela se hand afdrukke
Founder
Foundrr
Lewens groote brons beeld (kop gedeelte) wat by die uitgangvan die grotte is.

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 15/01/2018 - 05:33

Man mens kan sien julle het n hond uit n bos gekamp en gekuier dankie vir fotos

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 15/01/2018 - 05:35

Johann, dankie vir die deel van jou week se kamp. Ekself moet nog by die grotte uitkom.

Anton, jy sal moet plan maak om by Buffelspoort te gaan kamp. Die kabouters sal dir baie daar geniet

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 15/01/2018 - 06:37

Dankie Johann. Ons eas ook nog nie by die grotte nie. Sal dit beslis op my lys sit vir 2018.

Kan sien julle het die kamp geniet.  

Ek gaan nêrens sonder my kamera nie. Mens weet nooit wat kan gebeur nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/01/2018 - 06:42

Ek gaan nêrens sonder my kamera nie.

En 'n handdoek wink

Johann dankie vir al die foto' s yes     Die forum editor kan nie word formaat reg lees en vertoon nie. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 15/01/2018 - 06:46

Dit lyk of julle baie lekker gekamp het saam met die kinders.   Dankie vir die deel van die foto's.  En kyk net waar soek Adriaan vir 'n fossiel. LOL. smiley  Tog te oulik.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2018 - 08:02

Baie dankie vir julle saam lees. 

Buffelspoort is so 80 Km van die Cradle of Mankind af, dit is ook 'n "World Heritage Site" en beslis die moeite werd om die museum asook die grotte te besoek.

Die museum en die grotte is 10 km van mekaar, niemand kon sê waarom nie.

Ons het by die museum middsg ete geniet, ek was verbaas met hul pryse. Baie billik en uitstekende kwaliteit, ons het die ete geniet en kan dit werklik aan beveel. Dit is 'n spyskaart met 'n redelike verskydenheid.

Fotò
Foto van die dak af geneem.

Besonderse mooi uitsig vanaf die dak van die museum.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2018 - 08:12

Terug by Buffelspoort

KoswerfKoswerf
Adriaantjie
Adriaantjie bou sy eie pizza
Duif
Ouma met klein Armand,  sy vierde kamp in sy elf maande lewetjie

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 15/01/2018 - 11:01

Was voorverlede Sondag daar. Het aangesluit by skoonfamilie wat daar gekamp het en lekker potjie geeet. 

Ons is vroeg die ogend deur en kon die hele dag daar deurbring. Die plek was besig soos manne moes oppak wat oppad uit was en dit was hond warm.

Moet nooit staanplek A28 bespreek nie tensy jy wil voel hoe dit is om in die Tankwa karoo te kamp. Daar is geen koelte nie en die son brand jou oggend middag en aand.

Swembaddens was baie besig en nog `n ding wat my erg dwars in die krop steek die pryse by die kafee/wegneemete plekkie Ky om R17 vir `n bottel water te betaal is eens te erg.

Ek word seker oud maar verkies die kampplekke wanneer daar heelwat minder mense is maar vir die kinders is dit soos gewoonlik `n fees.

 

Groetnis

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/01/2018 - 20:42

Dit is ongelukkig 'n feit soos 'n koei, die gewilde oorde is "oor bevolk" gedurende Desember maande.

Ons het juis die laaste week van die vakansie gegaan om die kleinkinders so bietjie te bederf voor die skole begin.

Blokke A en B was omtrend vol, C en D was redelik stil.

Slowstrike, wat ek altyd doen is om 'n groot stand te bespreek, en dan met aankons by ontvangs, vra ek vir 'n lys met beskikbare plekke, dan ry ons rond en kyk watter een ons die beste geval.

Die keer moes ek A46 (A68 was vir my bespreek, groot, maar te min koelte) vat vir die koelte maar kon net net my Penta en kar op kry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus