Ek het op verskeie sosiale media platforms kennis geneem van 'n toename in diefstal by kampeerplekke, ten spyte van verskeie veiligheidsmaatreëls deur ooreienaars - selfs binne-in die Kruger Wildtuin !
Ek het besluit om my eie dief-werende inisiatiewe te neem in plaas daarvan om te kla en oordeienaars te beskuldig dat hulle nie genoeg doen om kampeer-veiligheid te verseker nie.
Ek het dus die volgende gedoen :-
- Ek het 'n bewegingsensor-alarm binne-in my karavaan wat gekoppel is aan die karavaan battery
- Ek het nou ook 'n bewegingsensor-alarm in die nok van my tent/rally
- Ek het nou "eye bolts" vasgebout aan ons vrieskassie, ons oondjie en ons ysmaker wat normaalweg in die tent/rally staan. Ek sluit hierdie items en ons kampstoele met 'n 3 meter ketting en slot aan die karavaanwiel vas.




Verval................
Verval in morele waardes :
Deon, ek kan glad nie stry oor hierdie stelling van jou nie, dit is ook na my mening absoluut waar. Die vraag is net, hoekom het morele waardes verval ? Weer eens is jy reg, dis 'n swak voorbeeld wat gestel word. In verskeie gemeenskappe (byvoorbeeld op die Kaapse vlakte) kom daar nou al 'n paar geslagte aan waar kinders groot word in 'n omgewing waar inwoners en ouers leeglê, steel, bedwelmd is agv alkohol en dwelms misbruik. Hierdie voorbeeld word oorgedra van geslag tot geslag en derde, vierde en vyfde geslag kinders kry dit as hulle "morele voorbeeld". Sou daar beter en meer werksgeleenthede gewees het vir meer mense, dan sou daar minder swak morele voorbeelde vir opgroeiende kinders gewees het.
Ek sien dat Kaaptad het die…
Ek sien dat Kaaptad het die beste gevaar met werk skepping van al die metropole, met 89 000 in die laaste kwartaal van 2017.
Hier kan die berig in Maroela Media gelees word.
Kaapstad het laagste werkloosheidskoers https://maroelamedia.co…
Len, ek het ook maar lankal …
Len, ek het ook maar lankal 'n alarm met een pir binne my Penta aan gebring, ek is nog op die uitkyk vir 'n pir wat in die tent sal werk, sonder onodige vals alarms?
Gebruik jy snags die een in jou tent, en werk dit aanvaarbaar?
My afge.............
My afgelope vakansie in Hartenbos het ek as proeflopie gebruik om my nuwe tent-alarm wat in die nok van my rally geplaas is, te toets - sien foto hierbo. Oornag geen probleem ervaar nie, maar in die dag (wanneer ons nie daar was nie), was daar volgens my buurman kort-kort 'n alarm en as hy gaan kyk het, was daar niks nie. Ek weet natuurlik nie of daar wel iemand kom loer het nie !
Ek sal maar weer deeglike proefnemings moet doen want ek wil werklik nie 'n steurnis vir ander kampeerders wees nie.
Len, stel hom by jou huis…
Len, stel hom by jou huis buite op.
So behoort jy 'n goeie idee te kry.?
Goeiemiddag Maters
Sien nou hier al die planne en raad wat die manne deel.
Alles maak vir my sin maar wat ek nie kan verstaan nie is die een "Oom" wat sy Exclusive met 'n ketting aan sy yskas vassluit.![]()
Sal dit nie makliker wees om net in die Exclusive se haak een van daai goetertjies te sit wat verhoed dat jy die wa kan haak nie.![]()
Andre jy versttan nou weer…
Andre jy versttan nou weer verkeerd, daai Exclusive het movers, so die diewe kan die ding ry tot waar hul op hul tyd daai 'goetertjie" uit die hak uithaal.
Dus die rede hoekom die Exclusive met 'n ketting aan die vrieskas vasgesluit is, daai vrieskas is so vol vleis gepak dat die movers glad nie die wa kan beweeg nie!
Sien julle jongetjies dink altyd [verkeerdelik] dat ou omies dom is, maar ons werk altyd met 'n plan!
Ek sluit weer my wa met 'n ketting om Petra se nek vas, op daai manier sal niemand droom om my wa te steel nie, en ek weet altyd waar Petra is.
Twak praat op sy beste !
Ek is besig om my nuwe alarmpie hier by die huis te toets en geen vals alarms vind plaas nie. Nou wonder ek die goed werk mos (nie met beweging soos almal dink nie), met 'n hitte-verandering wat 'n lewende wese veroorsaak. Omdat ek die alarm direk onder die dak by die middelste nok geplaas het, wonder ek nou of hitte van die tentdak nie dalk die alarm laat wan-funksioneer het nie.
Wat dink die slimmer as ek mense ?
En wat moet ons ouens doen…
En wat moet ons ouens doen wat Boswaens het wat nie kan sluit nie.
Torra, maak soos ek en…
Torra, maak soos ek en vertrou jou medemens en mede kampeerders?
Ons sluit nooit ons wa nie en in die somer slaap ons met die deur oop.
Len, ja ek is nie seker nie…
Len, ja ek is nie seker nie. ek het myne altyd onder aan die tafel se poot gesit wat na die karavaan toe wys, dit is vir die ape wat onder deur kruip en dan skree daai ding en die ape laat spaander. Ek het hom soms in die aand ook aan gesit vir die katte en honde.
Dankie Willem............
Dankie Willem, ek gaan myne in die Wildtuin ook heelwat laer, in die rigting van die karavaan plaas en dan kyk hoe dit werk. Ek het ongelukkig nie 'n tafelpoot naby die voorste paal nie, maar ek sal een of ander plan maak. Ek het die alarm vandag heeldag hier by die karavaan in sy motorhuis getoets sonder enige vals alarm.
Ons het ook dan die "remote"…
Ons het ook dan die "remote" op die tafel gelos en vir die bure gesê/wys om hof af te sit sou hy pla. Ons kon dan ook as ons terug kom eers die ding afsit voor jy hom laat afgaan.
Vir my beskerming het ek ook…
Vir my beskerming het ek ook die beweging opvang alarm systeem aan geskaf. Het fit egter nog nie gebruik nie maar dit wil voorkom dat diefstal by die kampterein nou begin toeneem. So lyk my eenheid. Het dit by die china mall gekry. Koste was R60.00

Len, ek vermoed die PIR's…
Len, ek vermoed die PIR's werk met'n kombinasie van beweging en temperatuur veranderings, my rede is:
As ons wasgoed ophang en die wind waai dit (wapper) dan gaan die alarm af, maar as daar nie wasgoed hang nie, kan die wind maar waai, geen vals alarm nie?
Nou wonder ek die goed werk mos (nie met beweging soos almal dink nie), met 'n hitte-verandering wat 'n lewende wese veroorsaak.
Johann,
Johann, ek is geen kenner nie, praat maar agter die ouens aan wat weet. Die wasgoed wat wapper versteur moontlik die standvastige temperatuur vlakvoor die PIR.
Omdat Willem geen probleem met syne het nie (syne is nie teen die tentdak nie, maar laer af gemonteer) en my toets hier by die huis geen fout opgelewer het nie, gaan ek ook probeer om dit laer af te monteer en dan kyk wat gebeur.
Ek wil juis kyk as blouape in die omgewing doenig raak, wil ek die alarm stel en dan 'n ent verder gaan sit en kyk wat gebeur as hulle naderkom - sal miskien 'n nartjie as lokaas uitsit om die alarm te toets !
Wat lekker is as hy geskree…
Wat lekker is as hy geskree het, het jy nie nodig om hom weer te aktiveer nie hy is reg vir die volgende.
Maar...... as hy geskreeu…
Maar...... as hy geskreeu het is jy en die hele kamp wakker?![]()
![]()





Len ek dink weer dat al die…
Len ek dink weer dat al die misdaat toegeskryf kan word aan die vervalle morele waardes, patetiese polisie en die ag shame houding wat baie howe in geslaan het.
Die spreekwoord... " n Vis vrot van sy kop af" het hier n baie groot rol te speel. Die voorbeeld wat kinders van hulle ouers kry en ook die gemeenskap het n groter aandeel in die probleem as werkloosheid. Werkloosheid is net n gemaklike verskoning.
Dit is nie noodwendig die werklose wat kinders verkrag en dwels gebruik nie. Dit is ook nie noodwendig drank of dwelms wat bydra tot die euwel nie.
Ek het voorheen genoem dat ek betrokke is by n paar sake en by nie een van hierdie gevalle is daar werkloosheid , dwelms of drank betrokke nie
Waar daar n wil is, is daar n weg. Ek dink die grootste oorsaak is die verval van die morele waardes weens die swak voorbeeld wat gestel word.