Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -1 hour ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -15 hours ago
Hael November 2026 Geert -15 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Stout grappe

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek verwys na Dassie se draad op die ander forum.   Dit het my laat dink.

Ek en Dassie het "soort van" die stout grappie draad begin.   Dassie is bietjie afwesig sovêr die jaar maar ek pos nog gereeld my stout grappie.    As ek dit nie doen nie, word ek eintlik daaraan herinner.laugh

Ek wil dit graag duidelik stel dat ek nie stout grappe ken nie.   Ek is nie baie goed met grappe onthou nie.   My stout grappies gaan soek ek op Mrs Google.   Daar kom sekeres op wat ek nie sal droom om hier te plaas nie.   Ek probeer dus altyd om 'n stout grappie te kies wat aanvaarbaar behoort te wees en ek voel (redelik) vrymoedig om dit te plaas.   Maar wat vir een ou aanvaarbaar is, is dalk nie vir 'n ander nie.   Dit is ook makliker om so 'n grappie hier te vertel, teenoor wanneer jy dit fisies moet doen tussen 'n groep mense (soos Len tereg aanhaal op daardie draad).

Gelukkig plaas nog mense stout grappies op die draad maar die groot verskil is, ek is 'n vroumens.  Ons word mos makliker "ge-brand" oor sulke dinge as mans.    Ek wil beslis nie oorkom as "platvloers of goedkoop" nie want dit is nie wat ek is nie.   

Ek sal nogal daarvan hou om ander se eerlike opinies hieroor te hoor.   Al is dit op die anonieme skakel.wink

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 29/03/2018 - 13:13

Freda daar is n groot verskil tussen n stout grappie en n vulgêre grap....  

Ek het nog nooit die indruk gekry dat jy die vulgêre soort van grappie sal vertel nie.  Die lewe is te kort om nie te lag nie. Die mense wat nie van n stout grappie hou nie is die wat gatkruip by die peperkan en sy gade...( dit gaan niks help nie).

Ek het jou nog nooit ontmoet nie maar ek het baie respek vir jou gekry as mens en as vrou en ek dink juis dit is omdat daar nie n beeld geskep is dat jy op suurmelk gesoog is nie.

Hou vol met die grappe ek lees hulle altyd.

 

 

  

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 29/03/2018 - 14:33

Antie, jy kan maar net so aan gaan, soos Deon se "Jy is orraait!"

Mens moet mos maar kan lag, die lewe is hopeloos te kort om suur en dikbek deur die lewe te gaan.

Daar is ook 'n GROOT verskil tussen vulger en bietjie stout of enffens onner die beld!

Jy weet wie en wat jy is, Collin en jou kinners ken jou en is lief vir jou, wat sal jy nou worry oor wat anner mense van jou dink?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 29/03/2018 - 15:16

Ja nee swaer, is swaar swaer.

Jy sal altyd diegene kry wat pastoor speel, en die wat ernstig is, 

Freda, daar is geen manier wat mense sleg kan dink van jou nie,  jy is ons staatmaker wat 'n goeie balans handhaaf, ek dink Segekok het dit perfek op gesom.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 29/03/2018 - 16:03

Wow Freda, hierdie Kampforum-maters laaik jou !

Soos reeds hierbo deur ander ouens uitgewys is, daar is 'n reuse verskil tussen om 'n humoristiese stout grappie te vertel teenoor om plein, platvloers en vulgêr te kommunikeer.  Gewoonlik is laasgenoemde baie flou en moet die vulgêre skryftrant kamptig instaan om die humor te probeer verskaf.

Ek het nog altyd die indruk gekry dat jou grappies niks anders is as onskuldige stout grappies nie, ver verwyderd van die platvloerse, vulgêre sêgoed onder bespreking.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 29/03/2018 - 16:15

Hou vol met die grappe ek lees hulle altyd.

 wanneer ry julle vir die naweek Freda (sonder jou laptop) ?    Ek hoop dit is eers môreoggend nadat jy  Vrydag se stout grappie vertel het? wink

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 29/03/2018 - 16:23

Kyk, ek dink ek kan nou maar met 'n geruste hart weggaan vir die naweek.   Segekok het my al laat oukeierig voel maar ek het besluit om dit kans te gee.   Nou het ek ook verwag dat Voortrekker en Arie en Johann my nie sal verwerp in die donker dieptes in nie.  Maar dat ek wegkom, sonder eers 'n klein teregwysinkie van Len!   Dit het my dag gemaak!    

Ek het altyd vir my kinders gesê, as jy iets doen en 'n stemmetjie in jou binneste sê vir jou dat dit dalk verkeerd is, dan is dit verkeerd.   Dan moet jy dit nie doen nie.

My stemmetjie het vir my gesê die ander mense dink dit is verkeerd. wink   Maar sê ook darem vir my wanneer 'n stout grappie lelik raak.   Ek sal luister na hom in die toekoms, ek belowe.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 29/03/2018 - 16:26

Voortrekker, ek sal more oggend saam julle koffie drink, voor ons ry.   Daar is 'n moontlikheid dat ons nou eers Maandag terugkom.

Uit respek vir Goeie Vrydag sal ek nie more 'n stout grappie vertel nie.

Ek wou nog vir Len ook sê, ek laaiik hierdie Kampforum maters net so baie.yesheart

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 29/03/2018 - 16:51

A man and his ever-nagging wife went on vacation in Jerusalem. While they were there, the wife passed away. The undertaker told the husband, “You can have her buried here in the Holy Land for 1500 or we can have her shipped back home for 50000.”

The husband thought about it and told the undertaker he would have her shipped back home. The undertaker asked him, “why would you spend 50000 to have her shipped home when you could have a beautiful burial here, and it would only cost 1500?”

"Several years ago, a man died here and arose from the dead..... I just can't take that chance"....devil

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 29/03/2018 - 18:28

Uit respek vir Goeie Vrydag sal ek nie more 'n stout grappie vertel nie.

 ek verstaan Freda, jy kan hom maar Dinsdag kom vertel wanneer julle terug is wink

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 29/03/2018 - 20:04

Freda, als wat hier reeds genoem is is soos wat ek dit ook sien. Em stem saam met dit.

Vir my is ons klomp soos een groot familie. 

Hoop net dat ek so bevooreg is om hierdie interessante tante te ontmoet. 

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Thu, 29/03/2018 - 20:39

Ek stem vir die grappie op 'n Vrydag.

Soos almal sê dis baie lekker om dit te lees, auntie moet groot asseblief aanhou. smiley

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 30/03/2018 - 10:29

Net begin wonder of jou ook nou jou gat in die wind wil steek.  Maar is bly jy het grede by die ander lede gekry.  Dankie jou grappe laat my altyd lekker by my selwers gigel.

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 30/03/2018 - 14:34

Ek is dan nou seker een van die MIN lede hier wat al vir Freda en Colin ontmoet het!

Sy is heeltemaal gawerig!!! Heeltemaal normaal!! (ek dink)!

En sy laaik blommetjies!!!

Spesiaal vir Antie Freda!

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 02/04/2018 - 06:23

He-he, Wilsur, ek steek my gat gereeld in die wind.   Ek woon in die Baai, onthou!

Frans, gelukkig het julle vroeg in die oggend kom kuier.  Dan is ek op my ordentlikste.   Ek meen, ons het gesels saam met koek en tee, dit sou dalk anders gewees het saam met 'n dop en 'n chop! laugh     Dankie vir my blommetjies.yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus