Dink dit is weer tyd vir n kamp naweek kompetisie of wat dink al die lede hier.
Ek (Cadhouse) sal weer n naweek borg ter waarde van R 600.00 .
Anton hoe maklik kan mense foto's laai op die forum of gaan lede dit moeilik ondervind. Ek sien nie baie foto's op die forum nie.
Laaste R 600.00 kamp naweek kompetisie was daar bietjie min inskrywings. Dalk moet ons dink aan n foto plaas kompetisie. Iets wat dalk oor n langer tyd gaan strek, om meer mense kans te gee om deel te neem.
Sal kyk vir terugvoer en idees hier.
Harry. Ek sit en dink nou. …
Harry. Ek sit en dink nou. Die views funksie kan baie goed gebruik word vir kompetisies.
Hoe views werk. Elke keer as nuwe Inhoud op 'n draad geplaas word en iemand kyk daarna, dan tel die metertjie op. So kan mens maklik sien watse drade kry die meeste aandag. Sonder nuwe insette kan drade nie veel nuwe views kry nie. Dit beteken dat lede wat dus inskyf deur 'n draad te begin, views kan werf deur aktief op die draad deel te neem.
Hou dit in gedagte, dit kan dalk gebruik word
Heng dankie Harry, dit kan…
Heng dankie Harry, dit kan net greate wees, en ek glo almal sal die gedagte verwelkom.
Ek hou van albei voorstelle sover, wat van 'n kombihasie van die twee voorstelle, Anton dink jy dit kan werk?
Ek wou nog nooit deelneem…
Ek wou nog nooit deelneem nie, altyd gedink dat ek eerder n ander persoon n kans wil gee... Nie die keer nie.......
Jy gaan ook nie die keer wen…
Jy gaan ook nie die keer wen nie...daai prys het my naam op. Harry kan die prys net so wel nou al stuur dan spaar ons tyd...
Ek dink..............
Ek dink weer ek is die ou wat die meeste fotos op Kampforum plaas - julle het dus kwaai kompetisie. Maar ek sal nie daarop aandring dat die kompetisie terugwerkend van aard moet wees nie !
Fotolaai is so maklik, maar ek gaan nie sê hoe om dit te doen nie. Ek het al 'n paar keer dit gedoen en gaan nie nou my wenkans in gevaar stel nie.
Net 'n voorstel : moet dit nie tot naweekkampe beperk nie want ons outoppies wat nie meer werk nie kamp nie sommer oor naweke nie. Gooi dit eerder oop tot enige kampervaring-foto.
Nog 'n voorstel : die kompetisie moet asseblief nie voor einde Mei sluit nie want ek gaan beslis 'n paar Wildtuin-kamp fotos inskryf !
Nee nee nee Len, jy het…
Nee nee nee Len, jy het jouself nou net in die voet geskiet, geen wildtuin fotos kwalifiseer nie, ek is die enigste beoordeelaar, en die kompitiesie het reed om "Thu, 12/04/2018 - 19:39"gesluit, geen verdere kommunikasie sal aanvaar word nie, die beoordeelaar se beslissing was finaal.??
Stetkte almal, mag Johann L wen?
Nou weet ek nie waar kom…
Nou weet ek nie waar kom daai aanhalings teken vandaan nie?
Goed dan...................
Goed dan, ek sal my fotos vat en op ander plek aan 'n kompetisie gaan deelneem !
Nee Len, jy kan dit steeds…
Nee Len, jy kan dit steeds hier oplaai, ons wil immers sien of jy regtig wildtuin toe was.
Wille Kruger tuin
Johann L ek dink Len hulle gaan n baie groen Kruger sien .Ek is elke dag op Safari live en hulle het Woensdag lekker reen gehad die veld lyk pragtig
Ek dink weer ek is die ou…
Ek dink weer ek is die ou wat die meeste fotos op Kampforum plaas -
mag ek ook deelneem?
nog 'n nulletjie
Ek dink as Harry nog 'n nulletjie agternasit dan gaan baie mense vinnig leer om sommer baie foto's te laai.
Julle moet net nie die server oorlaai nie!
Dit gaan nie gaan oor die…
Dit gaan nie gaan oor die naweek nie, maar kamp plek en die waarde van R 600.00 sal oorbetaal word. Maak nie saak wanneer dit geneem word nie.
Kan ook as gedeelte van kamp vakansie tyd wees
Die vorrige wenner het vir n langer tyd as n naweek gaan kamp en as gedeelte betaling geneem.
Die vereiste gaan dalk wees…
Die vereiste gaan dalk wees dat daar ten minse 10 of meer mense moet deelneem om prys geldig te maak.
Dan moet ons besluit oor tema:
Byvoorbeeld:
Natuur tonele / Diere (wiltuin) / Vakansie foto's waar jy kamp / Naak tonele / ens He He
Hoe gaan julle die naak…
Hoe gaan julle die naak tonele beoordeel? moet dit seksie of snaaks of onaanskoulik wees?





Baie Dankie Harry! Dis…
Baie Dankie Harry! Dis great
Kom ons hoor eerder wat sê die lede, want ek vind dit glad nie moeilik om foto's te laai nie.