Dink dit is weer tyd vir n kamp naweek kompetisie of wat dink al die lede hier.
Ek (Cadhouse) sal weer n naweek borg ter waarde van R 600.00 .
Anton hoe maklik kan mense foto's laai op die forum of gaan lede dit moeilik ondervind. Ek sien nie baie foto's op die forum nie.
Laaste R 600.00 kamp naweek kompetisie was daar bietjie min inskrywings. Dalk moet ons dink aan n foto plaas kompetisie. Iets wat dalk oor n langer tyd gaan strek, om meer mense kans te gee om deel te neem.
Sal kyk vir terugvoer en idees hier.
dingetjies
Die boffin op wat??????
Om die mooi dingetjies in die lewe raak te sien oom Arie ![]()
Arie, net vir jou
Die vereiste gaan dalk wees dat daar ten minse 10 of meer mense moet deelneem om prys geldig te maak.
Dan moet ons besluit oor tema:
Byvoorbeeld:
Natuur tonele / Diere (wiltuin) / Vakansie foto's waar jy kamp / Naak tonele / ens He He
Gelukkig trek geld rente He…
Gelukkig trek geld rente He He
Ons moet seker n onderwerp kies, as ons die foto ding gaan doen.
Dalk as ons tien en meer inskrywings haal (van verskilende mense op forum) dan eers bepaal ons die sluitings datum.
Dalk n onderwerp waarvan almal n foto sal hê. Iets wat jy self geneem het of wat iemand van jou geneem het.
Dalk waar jy kamp, jou opset, of so iets. Hoef nie hoe kwaliteit te wees nie. Dalk n foto van jou lank terug se kamp mt jou ou wa en dalk jou eerste vrou. He He
Dalk moet admin ook deel neem, want ek dink dit is admin wat meeste hier gesels. Dan moet ons n onafhanklike beoordeelaar kry of iets opsit waar almal stem en meeste stemme wen. ?
"Ek luister op die radio/TV"
Harry, julle is mos 'n paar…
Harry, julle is mos 'n paar mense daar by Cadhouse? Julle kan mos beoordeel of hoe?
Kan mense vra om dit te doen…
Kan mense vra om dit te doen.
Ek persoonlik sal net nie stem nie en sal ook nie deel neem nie.
Lyk vir my ons kry nou…
Lyk vir my ons kry nou rigting?
10 Inskrywings minimum
Cadhouse kantoor = beoordelaars
foto laai kompetisie
Foto tema?
Kompetisie reëls?
Ek dink, om die kompetisie maklike te maak, moet die inskrywings almal nie liewer op een draad gemaak word nie? Dan hoef deelnemers nie te worry oor nuwe drade skep ens nie?
Een draad klink goed…
Een draad klink goed.
Mense wat deel neem moet op die forum wees en nie net op FB nie.
Jy kan soveel foto's plaas as wat jy wil.
Daar moet net meer as 10 verskillende deelnemers wees.
Prys gaan nie as kontant gegee word nie. Dit sal ge EFT word na jou kampplek van jou keuse. Hoef nie oor n naweek te wees nie. Kan deel wees van jou bestaande kamp vakansie.
Die groot vraag is die tema. Dit moet iets wees wat almal iets oor kan plaas.
Laat die mense kom met voorstelle.
Harry, ek stem saam met…
Harry, ek stem saam met alles moet op en draad gedoen word, dit gaan dinge makliker beheerbaar maak, niks sal dan "verlore" raak nie.
Is die kompitisie oop vir alle lede, nuwe lede wat nou gaan aansluit ook. Dit kan lekker deelname opkikker?
+ R200 = R800 !
Ons het nog 'n R200 bygekry vir die prys danksy 'n anonieme lid.
Tot,ale prysgeld nou R800 bygedra tot jou kampplek van keuse ![]()
Klink wonderlik en die prys…
Klink wonderlik en die prys is baie aanloklik, wanneer kan ons begin want daai moet /is my prys beslis.
Stel 'n foto storie (kamp)…
Stel 'n foto storie (kamp) tema voor asb. Bv.
"hy loop soos stroop"
"Nou kamp ons lekker"
"En toe gebeur dit"
Ek het met Cadhouse se…
Ek het met Cadhouse se eienaar gepraat en hy het ingestem dat ons nog R 200.00 kan byvoeg om dit n ronde R 1000.00 te maak. ?????





Sal vir Arie vra vir leiding…
Sal vir Arie vra vir leiding, hy is mos die boffen ?