Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -1 hour ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -1 hour ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -1 hour ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -2 hours ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -3 hours ago

Kamp naweek.

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt
Submitted by Harry Du Randt on
Forums

Dink dit is weer tyd vir n kamp naweek kompetisie of wat dink al die lede hier. 

Ek (Cadhouse) sal weer n naweek borg ter waarde van R 600.00 .

Anton hoe maklik kan mense foto's laai op die forum of gaan lede dit moeilik ondervind. Ek sien nie baie foto's op die forum nie.

Laaste R 600.00 kamp naweek kompetisie was daar bietjie min inskrywings. Dalk moet ons dink aan n foto plaas kompetisie. Iets wat dalk oor n langer tyd gaan strek, om meer mense kans te gee om deel te neem.

Sal kyk vir terugvoer en idees hier.

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 12/04/2018 - 20:25

Baie Dankie Harry!  Dis great smiley

Kom ons hoor eerder wat sê die lede, want ek vind dit glad nie moeilik om foto's te laai nie.wink

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 12/04/2018 - 20:39

Harry.  Ek sit en dink nou.   Die views funksie kan baie goed gebruik word vir kompetisies.  

Hoe views werk.  Elke keer as nuwe Inhoud op 'n draad geplaas word en iemand kyk daarna, dan tel die metertjie op.  So kan mens maklik sien watse drade kry die meeste aandag.  Sonder nuwe insette kan drade nie veel nuwe views kry nie.  Dit beteken dat lede wat dus inskyf deur 'n draad te begin, views kan werf deur aktief op die draad deel te neem.

Hou dit in gedagte, dit kan dalk gebruik word

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/04/2018 - 21:26

Heng dankie Harry, dit kan net greate wees,  en ek glo almal sal die gedagte verwelkom.

Ek hou van albei voorstelle sover, wat van 'n kombihasie van die twee voorstelle, Anton dink jy dit kan werk?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 13/04/2018 - 09:00

Ek dink weer ek is die ou wat die meeste fotos op Kampforum plaas  -  julle het dus kwaai kompetisie.  Maar ek sal nie daarop aandring dat die kompetisie terugwerkend van aard moet wees nie !

Fotolaai is so maklik, maar ek gaan nie sê hoe om dit te doen nie.  Ek het al 'n paar keer dit gedoen en gaan nie nou my wenkans in gevaar stel nie.

Net 'n voorstel : moet dit nie tot naweekkampe beperk nie want ons outoppies wat nie meer werk nie kamp nie sommer oor naweke nie.  Gooi dit eerder oop tot enige kampervaring-foto.

Nog 'n voorstel : die kompetisie moet asseblief nie voor einde Mei sluit nie want ek gaan beslis 'n paar Wildtuin-kamp fotos inskryf !

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/04/2018 - 11:57

Nee nee nee Len, jy het jouself nou net in die voet geskiet, geen wildtuin fotos kwalifiseer nie,  ek is die enigste beoordeelaar, en die kompitiesie het reed om "Thu, 12/04/2018 - 19:39"gesluit, geen verdere kommunikasie sal aanvaar word nie, die beoordeelaar se beslissing was finaal.??

Stetkte almal, mag Johann L wen?

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 13/04/2018 - 12:45

Ek dink as Harry nog 'n nulletjie agternasit dan gaan baie mense vinnig leer om sommer baie foto's te laai.  angel   Julle moet net nie die server oorlaai nie!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 13/04/2018 - 13:11

Dit gaan nie gaan oor die naweek nie, maar kamp plek en die waarde van R 600.00 sal oorbetaal word. Maak nie saak wanneer dit geneem word nie.

Kan ook as gedeelte van kamp vakansie tyd wees

Die vorrige wenner het vir n langer tyd as n naweek gaan kamp en as gedeelte betaling geneem.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 13/04/2018 - 13:21

Die vereiste gaan dalk wees dat daar ten minse 10 of meer mense moet deelneem om prys geldig te maak.

Dan moet ons besluit oor tema:

Byvoorbeeld:

Natuur tonele / Diere (wiltuin) / Vakansie foto's waar jy kamp / Naak tonele / ens He He

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus