Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -1 hour ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -1 hour ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -2 hours ago

Wen R1000 foto kompetisie!

Suid Afrika
Profile picture for user Kampforum
Submitted by Kampforum on
Forums

Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!

Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg  + 'n  R200 borg van 'n anonieme forum lid! smiley

Hoe werk die kompetisie?

Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie.  Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.

Enige lid mag 3 foto's inskyf.  Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie.   Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie.   Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees.     Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het.    Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. smiley

Foto Tema:     " My gunsteling kamp foto's"

Prysgeld:  Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.

kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?

KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN! wink  (beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 29/04/2018 - 13:33

Wonner ek nou so hier by my se selwers, sou daai spinnerak daar so strategies geplaas was deur "The Boss" hom se selwers om dalkies vir Heksie te vang???

Of dalk het hy haar al lankal gevang?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 29/04/2018 - 18:13

Nou nie gekamp nie, maar Vrydag aand gebraai en dit so geniet dat ons maar Saterdag aand weer so gemaak het.

Dit was regtig 'n fees, vriende wat ons 30 jaar laas gesien het, het ook kom groet, kyk, toe kuier ons!!!

Bos tvEen braaierTvKampBraai

Iets wat ek op gemerk het, is hoe die tyd aan ons geskaaf het?

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Sun, 29/04/2018 - 19:05

Ek word so vies as mense "brag" met hulle groot stukke vleis op die vuur terwyl ander pensionarisse moet katkos eet devil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus