Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -10 minutes ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -40 minutes ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -1 hour ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -1 hour ago

Seèl van hout

Heidelberg GP
Submitted by StephanS on
Forums

Baie dom vraag - ek restoureer 'n eetkamertafel. Die blad is veneer. Ek moes ongelukkig al die veneer van die pote afhaal omdat dit te bros was. Die pote is meranti en die voetstuk, ook soliede hout.

My vraag - kan ek eers als met olie soos teak oil behandel om die hout te voed en dan varnish of net olie of net varnish? Ek dink aan skeepsvernis.

Secunda

Sleep nou

Tue, 08/05/2018 - 05:24

Stephan daai teak oil doen die ding die houd kry so mooi kleur

0
Meyerton

Segekok

Tue, 08/05/2018 - 06:43

Jy kan nie eers oli gee en dan vernis nie.  Die oli seel die hout en dan sal die vernis nie met die hout kan bind nie.

Die oli werk ook nie op die vernis nie.

Wat ek gedoen het met my stel .. 

Verdun die vernis baie goed en spuit. Verf dit aan. Laat toe dat dit goed intrek en droog word. Volgende laag word teen n hoek van 45 grade van die eerste laag aangewend maar nie so erg verdun nie. Laat goed droog. Skuur dan die glans van die vernis met n baie fyn skuurpapier . spuit laaste laag teen n hoeh van 90 grade van die eerste laag. Normaal verdun. 

 

Kan ook n kleurstof in die vernis meng om die verlangde hout kleur te kry 

Sal netnou gou n foto meen van n Pine slel wat ek gedoen het so gedoen het.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 08/05/2018 - 06:49

Deon se metode klink reg.  4 tot 5 lae goed gedroog en dan fyn afgeskuur tussen in kan 'n baie mooi afwerking gee.   Ek doen dit met 'n kwas en met oefening en geduld kan jy hom spieel glad kry en baie duk smiley.   Vir die tipe vernis werk verkies ek die spot goedkoop kwassies wat vrek dun is.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 08/05/2018 - 07:19

Gelukkig het ek n sprygun en die nodige tools....  Nie sommer met n kwas vir my nie. 

Hoe meer lae jy doen hoe beter dit hang ook af of jy n baie hoë glans wil hê.  

Om n sekere soort hout na te boots kan jy die hout "STAIN" en dit skuur om n grein te vorm en dan net gewone deursigtige vermis gebruik. Kan ook tot n "MAT" afgewerk word indien jy dit eerder sou verkies.

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 08/05/2018 - 07:20

Stephan, ek stem saam met Segekok, as jy eers olie op gesit het, gaan jy nie vernis kan op sit nie.

As jy 'n kompresser het, spuit die vernis aan soos Segekok gesê het. Ek gebruik 'n 600 skuur papier op 'n muis "sander" op die klein plekkies en en 'n "orbital sander",  dan vir finale skuur selfs nog finer skuur papier.

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 08/05/2018 - 08:36

Vir harde tipes hout verkies ek om dit te seel met "bee wax" baie harde werk maar baie "rewarding" met `n perfekte afwerking.

As vernis gebruik word en dit word met `n kwas gedoen koop die beste kwas wat jy kan bekostig die kwaliteit van die afwerking met `n goeie kwas is net soveel beter. Die skuur tussen die verskillende lae moet ook nie regtig met skuurpapier gedoen word nie. Jy kry `n baie fyn staalwol waarmee jy moet skuur en die lae moet behoorlik droogword voor die skuurwerk gedoen word.

Groetnis

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 08/05/2018 - 08:53

Staal wol?  Ek wou noem,so na die 3de of 4de laag (met 'n kwas) is  die oppervlak gewoonlik klaar glad, en vorm daar net sulke klein knoppies wat sommer met staal wol afgehaal kan word.  

Geheim is geduld met droog maak tussen skuur tussen lae.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 08/05/2018 - 09:51

Hier is 2 tafels wat ek gedoen het.  Sorry die fotos is nie baie goeie gehalte nie maar sal darm n aanduiding wees.

 

Eerste foto is hi Gloss en lyk soos n glas lagie.

Die ander een is n sitkamer tafel en is in Mat gedoen

 

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 08/05/2018 - 11:25

Daar is min dinge so mooi soos n hout meubelstuk. Kan maar net wens ek kan sulke mooi dinge met hout reg kry.

Dit lyk mooi oom Seg. Like daai mat ook, my wyfie sal gaga gaan as sy daai mat sien. Sy is gek na sulke Afrika moetiewe. Lyk na boesman tekeninge.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus