Wen R 1000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry du Randt (Cadhouse) vir die R800 borg + 'n R200 borg van 'n anonieme forum lid! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " My gunsteling kamp foto's"
Prysgeld: Die R 1000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse kantoor lede en anonieme borg)
Let wel hierdie deel ek maar…
Let wel hierdie deel ek maar net omdat dit ook een van my gunsteling fotos is maar ek het nie die foto geneem nie so dis nie vir die kompetisie nie. Die foto van my Splash is geneem deur Henk Botma (dink ek is sy naam) toe ons by Bosveld Oase gekamp het.

Mooi fotos sover, bly ek is…
Mooi fotos sover, bly ek is nie 'n beoordeelaar nie?
Oom Ollie....
Oom Ollie drink 'n slukkie water by Klopperfontein in die noorde van die Kruger Wildtuin, naby Punda Maria.
So bietjie kleiner as "Oom Ollie" ..............
Hierdie kleinding het vanoggend by ons in die karavaan sy verskyning gemaak.

Ou Buffie.............
Ou Buffie rus so 'n bietjie - dis 'n swaar vrag wat hy op sy kop moet saamdra !
(Foto geneem naby die Kanniedooddam naby Shingwedzi).
My gunsteling Kampfoto
Wijan met die see in die verte. Mosselbaai se see.
Willem en die kampmaters by Kokoriba. Heerlike laatmiddag kuier
Ek stem Surrette, die foto…
Ek stem Surrette, die foto van Wijan is baie mooi ![]()
![]()
Nou hoe lank is Surette (SMB…
Nou hoe lank is Surette (SMB) al bedrywig hier? Dit is die eerste keer wat ek 'n inset van jou sien, Surette. Mooi man, gesels asb meer en vertel ons sommer al die skindernuus oor daai Wilsur ou!![]()
Arie, daai foto's by die dam is "beautiful" verby!
Gepraat van SMB, ook eerste…
Gepraat van SMB, ook eerste keer wat ek haar hier sien.
Wat het van liewe Heksie geword, of is haar besem dalk stukkend??








eerste inskrywing