Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -3 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -4 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -5 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -5 hours ago

WEN RTGear Delux 150 kampstoele!

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums
RTGear

 

Staan 'n kans om 2 x Delux 150 kampstoele te waarde van R1000 elk te wen!    

Ja jy het reg gelees, Een wenner 2 Stoele!

Hoe om in te skryf?

Gaan loer op die RTGear  Delux 150 artikel (KLIEK HIER) en raai hoeveel weeg die Louw gesin (Anton, Lolla en 2 seuntjies) gesamentlik op hulle 150Delux  Kampstoel!

Kompetisie eindig 30 September 2018

2 x RTGear  Grid Stands troos pryse is ook te wen! RTGear

 

Jy kan jou Antwoord / kompetsie inskrywing op hierdie draad lewer.

(LET WEL:   Pos / aflewering kostes van die pryse buite Gauteng is nie ingesluit nie)

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 22/07/2018 - 18:44

ekke so 125kg

So dan moet hulle gesamentlike gewig 250kg wees !!! 

Ok, ek het die vraag verkeerd gelees dit is nie John en sy vra van RT se gewig nie sad

So ek skat die Louw's op 173kg

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 23/07/2018 - 08:02

Die is nie net so eenvoudig nie.

Eers n paar vrae:

1. Asseblief `n sy profiel foto van beide oom Anton en tannie Lolla?

2. Hoe oud is die kabouters?

3. Hoe gereeld visit die gesin McDonalds en KFC

4. Het die kinders `n XBOX, maw hoe baie le hulle voor die TV.

5. Gebruik tannie Lolla Herbex?

6. Koop die huisgesin getrou die Huisgenoot?

7. Weeg hulle hulself nakend of word skoen aangehou?

Ander mense, help asseblief sodat ons die raaiskoot kan verfyn.

Groete

Kit Walker

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 23/07/2018 - 08:11

Gesie, hul weeg hulself slegs met onderklere aan, baie vroeg innie oggend, (voor tee / koffie).

Voortrekker staan met een voet op die skaal,  een voet op die vloer, Lolla (om die skaal te laat registreer), trek 'n wintersjas aan, en die kabouters klim saam oppie skaal.

Groete

Knight Rider.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 23/07/2018 - 08:17

Dankie oom Michael, ja dit verfyn al die saak so bietjie, wat die saak kan affekteer is die winter of somer ding.

Vermoed oom Anton draai Long John`s in die winter as onderklere. (die se gewig)

Aunty Lolla, is sy skaam of nie. Indien skaam dra sy dalk `n wa vrag onderklere, bloomers en so voort.

Ja, voorwaar `n moelike saak. Ja wag laat ek gaan rook en dink oor die saak.

0
Centurion

Lolla

Mon, 23/07/2018 - 08:21

O my soul, dis snaaks. Julle is baie oulik! Ek geniet alles... Behalwe dat daar na my verwys word na... TANNIE... Urggggg. 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 23/07/2018 - 08:33

Ons dra glad nie onderklere nie, dit het eenvoudig net te duur geraak.  Ek hoop dit help?     Ek verkies pizza, maar die kabouters hou van Mcdonalds en Lolla eet net slaai.    Ek neem 2 suiker in my koffie en dra 'n nr 9 skoen.   Kabouters is 2 en 5 jaar maar hulle dink hulle is baie ouer.   Ek was ook toilet toe net voor die foto geneem is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus