6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -38 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -6 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -11 hours ago

Forum onderhoud en skuif

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeie dag lede.    Ons het die afgelope week kampforum weggeskuif by afrihost na 'n server wat beter geskik is vir hierdie platform, by Magic Bullet

Saam met die skuif is daar ook "updates" gedoen en die forum web addres is geskuif van www.blad.kampforum.co.za    na www.kampforum.co.za    In die skuif proses was die blad.kampforum "webwerf"  of gewese webwerf nie beskikbaar nie.  Asgevolg hiervan was dit nie moontlik om op enige ou skakels of kort paaie by die webwerf aan te sluit nie.

Gelukkig is alles nou weer terug na normaal en kan altwee tipe skakels weer gebruik word om na die nuwe addres  www.kampforum.co.za  op die nuwe server te wys.

blad.kampforum is nou 'n sub domain gekoppel aan webwerf en sal met tyd uitgewerk word soos die nuwe skakel gebruik word.

Ek vra omverskoning vir enige ongerief of frustrasies vir diegene wie nie kon aanteken nie (ons het julle gemis!).  Ek belowe, niemand is verban nie!  laugh

 

Dankie vir julle ondersteuning en vir al die lekker kuier en deel en foto's ...en...en....  Die werk aan die webwerf is gedoen juis omdat hierdie groep so awesome is en ek graag 'n lekker betroubare platform in plek wil sit vir ons om nog baie lank te gebruik yes

Vaalpark

Johann L

Tue, 24/07/2018 - 19:11

Strm 💯% saam, dankie Anton.

Ja broer, ek het teen Sondag vermoed ek is geban, maar gedink, so what, ek sal myself unban😂

Hierdie forum, soos Shaun altoos sê "loop soos stroop",  dankie vir die harde werk,  EN die deelname aan die forum, sonder deelname is dit gedoem.👍

Brackenfell

HennieBo

Wed, 25/07/2018 - 06:09

Dankie vir die harde werk Anton. Gelukkig is ek nie doenig op my rekenaar oor naweke nie so die onttrekkings simptome was nie so erg nie. Vrydag was wel 'n laaanng dag.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 25/07/2018 - 07:49

Dankie oom Voorie en 'n moewiese GROOT DANKIE aan Lolla, ek weet sy moet alleen sit met die kinders terwyl jy aan die forum werk, en jou dinges vat as jy beneuk raak met die sukkel!!!

Centurion

Voortrekker

Wed, 25/07/2018 - 15:33

dit is 'n groot plesier julle , sommer lekker en groot pret ook!

Die slim mense se kampforum gaan ook sommer nou baie meer sigbaar wees oppie interweb smiley

Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 25/07/2018 - 15:36

Dankie tog Antonius, dat jy my weer kon terugsit op die regte pad!!! Het die pad sleg byster geraak, en BAIE vêr afgedwaal!!!!

Hoop dit forum staan nou verkantig op STEWIGE pilare!!!!

Waar my wa staan

Arie

Wed, 25/07/2018 - 16:25

Oom Frans - hierdie forum staan baie stewig op 4 eerbaarlike pilare wat op hul beurt op rots [en nie sand nie] gevestig is!

Hierdie forum loop soos 'n Toyota op "Pro long" [of is dit nou weer "Pro Short?"] en hier word niemand ooit na die prinsipaal se kantoor ontbied nie, die is Gonnie soos in forever, en nie die resort nie!!

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 25/07/2018 - 16:36

Voories, moet nou die grootkop kry nie(wink), maar jy is die hoof bestanddeel van die forum se wenresep.   Dit is duidelik dat jy geniet wat jy doen en ons geniet dit om deel te wees van wat jy doen.yes

Maar g'n resep kan mos werk net met een bestanddeel nie, so al die ander bestanddele is darem net so oulik.   Dit is sommer lekker om hier te gesels, ek wens net daar was nog 'n paar gereelde vroue deelnemers.   Ek glo hulle gaan nog kom!

Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 26/07/2018 - 07:26

Oepsie amper vergeet ek van daai ene, klink vir my presies reg. wink

Centurion

Lolla

Thu, 26/07/2018 - 08:05

Kyk...die laaste 2 weke.... Lang ure en harde werk. Eers ons forum... Anton besluit om n IT developer te kry om ons forum 'soos stroop te laat loop" en dis wonderlik!  Net nie so wonderlik vir ons budget nie, maar ek weet en glo dis vir die beste. Nou hierdie week werk my arme man vanaf 6 ini oggend tot 12 - 1 uur in die oggende aan baie bekangrike proposals, so ja oom Arie, ons het maar min van Voorie die laaste ruk. My Voortrekker ek wil net he jy moet weet ek waardeer jou en alles wat jy doen, al kom dit nie aldag so voor nie. Almal moet asb stuif duime vashou dat die proposal suksesvol sal wees. Ek lief jou Voortrekker, en sterkte met jou dag. Geniet julle dag kamp familie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus