Hennie het nou op Len se wildtuin 2019 draad 'n idee in my kop gesit. Hy noem daar dat as Len 'n gas sou wees op Karen Zoid se "Republiek van Zoid Afrika", sal sy hom aanstel as die "Minister van Kruger". Ek stem nou sommer heeltemal saam met dit.
Hier is mos baie kleurvolle/interessante/slim/stoute/soete/ensovoorts mense op die forum. Kom ons kyk wie stel ons aan in watter poste as Kampforum ministers sou hê.
Gee voorstelle van wie julle dink watse minister moet wees. Stel maar soveel voor as julle wil. Op die ou end besluit ons wat pas die beste by iemand.
So, ons begin by Len as "Minister van Kruger".
Ek gaan nog bietjie dink oor my ander voorstelle. Kom, speel nou bietjie saam.![]()
En die ou....
En die ou wat die meeste kamp is die Minister van Toerisme : Wilsur.
Johann Lock is minister van…
Johann Lock is minister van binnelandse sake
As ou Speknek nou nog hier…
As ou Speknek nou nog hier was kon ons hom die minister van verdediging gemaak het...."Faaaaait"
Ek stel ook vir Gees voor as…
Ek stel ook vir Gees voor as minister van middernagtelike sake
En as DK nog hier was sou hy…
En as DK nog hier was sou hy minister van intelligensie gewees het ![]()
Lapskag is die minister van spionasie ![]()
Voorie vir DK het ek n ander…
Voorie vir DK het ek n ander pos in gedagte.... Min van sanitêre sake....
Aangesien Speknek op 'n…
Aangesien Speknek op 'n beter plek is sal ek maar vir Groot G aanstel as minister van verdediging.
Ministers
Hier is solank 'n klompie:
Voortrekker : Minister van Beheer
Lolla : Minister van Kabouters
Sleepnou : Minister van Geen Kommas en Punte
Johann Lock : Minister van Vrede
Arie : Minister van Stir
Gees wat wandel : Minister van Spoke
Segekok : Minister van Ek Stem Saam Of Nie
Frans : Minister van Blomme
neef Herman : Minister van Baarde
Harry du Randt : Minister van Borge
Wilsur : Minister van Kampkennis
Speknek : Minister van Faaaiits
Groot G : Minister van Geen Faaaiiits
Warren : Minister van Gadgets en Tente
Lapskag : Minister van Lekker Nuwe Stories
Ski : Minister van Handigheid
Stephan : Minister van Restourasie
Dusty : Minister van Staarsiekte
Dassie : Minister van Grappies
Noddy : Minister van Radio
Hennie : Minister van Gevaarlike Paaie
Skippie : Minister van Poppies
Julle hoef nie saam te stem nie. Wat, dink julle, sal beter pas?![]()
Ek hou julle dop hoor, hier…
Ek hou julle dop hoor, hier van buite af ![]()
Wat van GerhardM? Minister…
Wat van GerhardM? Minister van restorasie.
Ski : Minister van…
Ski : Minister van Handigheid
.. en bou sake
Petra Smit - minister van taal en poëisie ![]()
Nee, dan was ek nou…
Nee, dan was ek nou deurmekaar. Ek het Stephan op as Minister van Restourasie, dit is mos Gerhard wat die Jurgens restoureer. Leeutemmer, sal jy dan die Minister van Temmers wees?





Antie Frieda as minister van…
Antie Frieda as minister van Sport en Ontspanning, veral met tent opslaan?