Wen R 2000 bygedra tot jou kampplek van keuse!
Dankie Harry (Cadhouse) en kampforum.co.za vir die R2000 prys borg! ![]()
Hoe werk die kompetisie?
Jy hoef nie 'n nuwe draad te begin nie. Plaas jou inskrywings slegs op hierdie draad.
Enige forum lid mag 3 foto's inskyf. Enige foto na jou 3rde inskrywing sal nie in ag geneem word nie. Jy hoef nie al 3 foto's gelyktydig te plaas nie. Foto's MOET deur jou of van jou of jou gesin / groep geneem wees. Die kompetisie sal eers eindig wanneer 15 of meer lede ingeskryf het. Forum lede word verwelkom om kommentaar te lewer op foto inskrywings. ![]()
Foto Tema: " Nou kamp ons / ek lekker" m.a.w. enige foto's van hoe lekker jy of jou gesin of groep kamp.
Prysgeld: Die R 2000 sal in die wenner se oord van keuse se rekening inbetaal word met bespreking.
kliek hier: - HOE OM FOTO's TE LAAI?
KOM LAAT ONS JOU FOTO's SIEN!
(beoordelaars is Cadhouse en kampforum) Aan die einde van die 1ste kompetisie fase sal finaliste gekies word waarvoor daar dan gestem sal word om die wenner te bepaal.
Hey! Johann daai is lekker…
Hey! Johann daai is lekker kamp foto's! ![]()
![]()
Johann, het julle op stand…
Johann, het julle op stand 56 gestaan ![]()
Harry ja, my swaer was oo 58…
Harry ja, my swaer was oo 58, langs ons tot die Sondag.
Johann, het julle op stand 56 gestaan Johann, het julle op stand 56 gestaan
Het jy jou...
Het jy jou bril op Harry ? Hulle kon wraggies daardie staanpleknommer nie groter en meer duideliker in geel geverf het nie !
Len, dit is hoekom ek gevra…
Len, dit is hoekom ek gevra het. He He
Dit is darem n helse groot nommer.
Lyk soos of dit gemaak is vir n vliegtuig wat wil kom land
Johann, het net jou been getrek, toe ek daai nommer sien
Of het ek dalk net reg geraai ![]()
Ek wou self vir Johann vra…
Ek wou self vir Johann vra of hulle darem hul staanplek maklik gekry het, of moes hulle soek vir die nommer.
Dis mooi foto's, Johann. Is dit jy met die geel pet in die swembad?
Geel pet is ek daai, het my…
Geel pet is ek daai, het my Kruger wille tuinhoed wraggies vergeet, en moes daar een gaan koop. Daai son was nie baie vriendelik nie
Hehe, Harry, daai nos is bietjie duidelik gemerk, daar is ook klein nommertjies op so drie hoek ding wat regop staan, al wat in daai hitte kon regop staan![]()
Len. Dis net my ontbyt…
Len. Dis net my ontbyt......nee wat, ons was darem 4.
My opskrif by die foto is egter verkeerd, dit was by Babalala. Dit was 'n koel winderige dag en ons het onder die grasdak gebraai. Dis egter net so goed as by Pafuri. Ons was die volgende dag na Pafuri en Crooks Corner toe, dis egter baie droog en die koorsboomwoud lyk maar baie dor en vaal. Die ou man wat al die jare by Pafuri gewerk het is laasjaar oorlede, die nuwe man wat nou daar is, is nie so op en wakker soos die ou man nie, nogtans 'n rustige ontspanningsplekkie.
Lekker ou Babalala. Goeie…
Lekker ou Babalala. Goeie herinneringe daaraan toe die opsigter eendag omtrent moes hard slaan op 'n leë petroldrom toe 'n befoeterde olifantbul met daadwerklike treë aangestap gekom het. Nog nooit mense só vinnig sien skarrel na hul voertuie toe nie (my eie geselskap inkluis). Die dromslanery het hom darem in sy spore gestuit.
Koos, nou hoekom het ons nie…
Koos, nou hoekom het ons nie so ontbyt gehad toe ons bure was nie?
He-he, Chris, daai olifant wou julle net wys wie is baas en wie is klaas.
Dit lyk of die ding dood…
Dit lyk of die ding dood geloop het.
Die raad het gesit en besluit al die geld gelykop te verdeel tussen al die forum lede, hoeveel is daar nou weer van ons. ![]()
Jy het reg gekies Willem. …
Jy het reg gekies Willem. Die Ghost Pops foto en die eiers foto is my gunstelinge.
Lyk my ons lede pay te veel,…
Lyk my ons lede pay te veel, min mense wat graag R2000 se gratis, free, mahala geld wil hê vir 'n lekker kamp?
Jy kan mos R2000 ekstra in jou sak hê vir brandstof![]()






hulp met my foto's druk…