Naand sê vriende, ek is redelik raad op.
Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie, sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.
Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea". Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.
Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.
Met Jurgens wat nog nie vol in produksie is nie, weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.
Johann....
Johann, ek is ongelukkig te ver om te probeer help, maar het jy al probeer om by ouens wat kombuiskaste installeer, aan te klop ?
Mag ek vra, waarvoor gaan jy hierdie werkblad gebruik as jy jou stoof en opwas in die tent gaan gebruik ?
Johann, ek sit met dieselfde…
Johann, ek sit met dieselfde penarie. Ek dink weer daaraan om eikehout verneer te gebruik. Ek gaan egter eers by die plekke kyk wat kombuiskaste bou soos Len van praat
Len ons berei nie kos of…
Len ons berei nie kos of kook glad nie in die wa nie, alles word buite gedoen. Die blad gaan dus eindlik net vir bêre plek (tydens kamp) gebruik word. Die stoof en wasbak vat baie plek onder dit (pype ens) waar mens eerder dit prakties kan gebruik.
Die stoof werk in elk geval nie meer nie, en due opwas kan jy beswaarlik 'n bord in kry.
Stoffel, ek het by al wat verskaffer is hier probeer, die verskaf net 16mm en dukker Formica, en ek wil juis weg kom van daai swaar goed.
Die wasbak gebruik ons wel om allerande los goedjies in te gooi, maar ek wil eerder 'n uittrek laai daar in sit wat netjieser gaan wees.
Ek sal maar, as ek in Johannesburg kom, daar gaan soek by "shop fitters"
Johann, ek het gister 'n…
Johann, ek het gister 'n naam van 'n plek gekry maar het die naam vergeet. Sal die man nou nou weer bel om die naam te kry. Hulle het blykbaar heelwat 3-6mm plywood wat verneer op het.
Sal later probeer om 'n foto te laai van wat ek wil doen. Dit is soort gelyk wat jy wil doen
In Pretoria net duskant die…
In Pretoria net duskant die hoeke van die ou Bloed en Bosman strate (Ken nou nog nie die nuwe name nie) in Bosmanstraat langs A.K Carrim hardeware is `n plek wat duisende van die velle verneer verkoop. Dit is so 1-2 mm dik. Feitlik enige patroon en skakering van graniet is beskikbaar.
Ek het gekoop om op bladdens te plak Moeilik om te sny maar dit het baie goed gewerk. Die rante kan met `n klein handskaaf perfek afgewerk word. Die kostes was minder as R300 per vel van 1.8 x 2.2m
Penta-blad
More Johan
al raad wat ek het is, probeer Brits woonwaens. Hulle doen groot ombouiings en herstelwerk na ongelukke, moontlik gaan hulle hê.
Hulle nommer is 012 2525169, en praat met Francois Stander.
Groete
Wessel
Johann, die idee wat ek het…
Johann, die idee wat ek het is iets soos die. Die blou is 'n stukkie van die bestaande en die beige is die kas wat ek wil bysit nadat die twee wasbakke verwyder is.
ie beige
Baie dankie julle, ek dink…
Baie dankie julle, ek dink ek sal maar moet Pretoria toe ry, ek het vandag by die laaste, wat ek van weet, plek gaan soek, verniet.
Danie, R300.00 per vel is glad nie baie nie, baie dankie. Ek gaan net eers Wessel se advies probeer , net dalk kom ek daar reg, dan kan hulle sommer die sny werk klaar doen ook.
Ek het gedink om dit met 'n "jigg saw" te sny en dan netjies af te werk met "mouse sander" met fyn skuur papier.
Sal julle oo hoogte hou![]()
Stoffel dit lyk baie goed,…
Stoffel dit lyk baie goed, jou wa se kombuis het dus nie so ronde deel soos die Jurgens nie?
Ek oorweeg nog laaie, en of rakkies. Die deel waar ek die wasbak uit haal, is rond, en daar gaan net plek vir een ekstra rak wees. Die deel onder die stoof is darem reghoekig, wat laaie maklik sal maak.
Ek het op my karavaan ook…
Ek het op my karavaan ook daai ronding laat uit haal.


Johann Ek sal gou saterdag…
Johann
Ek sal gou saterdag oggend probeer daar gaan draai en vir jou `n paar fotos neem van die verskillende velle verneer.
Sal sommer ook weer die prys bevestig.
Groetnis
Johann, dit is hoedat my wa…
Johann, dit is hoedat my wa binne lyk behalwe die regterkant se hout deksel. My yskas is to by die boonste kas. Gaan die plek vandag bel om te hoor watter tipes verneer hulle verkoop en ook die diktes
Johann, het die plek in…
Johann, het die plek in Pretoria gebel. Hulle dunste board is 16mm. So hulle kan nie help nie. Daar is in Robertsham in Harry straat 54 ook 'n plek wat dit verkoop. Sal hulle ook probeer kontak. Boardmaster. Sal jou op hoogte hou
Baie dankie almal, ek…
Baie dankie almal, ek waardeer julle hulp opreg ![]()
Willem, daai ronding wat jy…
Willem, daai ronding wat jy uit gegooi het, lyk baie beter![]()
daai ronding wat jy uit…
daai ronding wat jy uit gegooi het, lyk baie beter
Ek het die ding gehad met 'n passie, want elke keer as 'n plastiek bakkie omval sit die rol deur vas. Ek het ook nie van die wasbak gehou nie want dit het bo die blad uit gestaan en het 'n ronde plank op gehad wat nog hoër gestaan het.
Nie dat ons dit nou gebruik nie, maar dalk in die toekoms as daar minder goed rond staan by die kamp.
O, en dit verbeter die loop spasie.
Johann Kon daar uitkom…
Johann
Kon daar uitkom saterdag. Hulle het nog steeds die verneer nie so baie nie maar tog. Velle wissel tussen R200 - R300 Kon nie regtig jou kleur sien nie
Groetnis






As iemand dalk weet waar ek…
As iemand dalk weet waar ek so iets sal kan kry, en my laat weet, sal ek dit baie waardeer.
Al is dit net die veneer self (gewoonlik 1.5mm), ek kan dit dan self plak en reg sny.