My huidige 2013 Pathfinder (en ook die vorige 2006 Pathfinder) is uit Spanje ingevoer met Good Year Wrangler bande wat in Duitsland vervaardig is. Ek kon nog altyd die Duitse Good Years plaaslik te koop kry om my bande te vervang, maar hulle het eintlik nooit meer as 40 000km gehaal nie. Verlede jaar in Mei moes ek weer bande vervang en kon toe net die plaaslik vervaardigde Good Year Wranglers bekom, maar was uiters teleurgesteld omdat hulle nie eens 20 000km kon haal nie. (Ek is 'n bande perfeksionis, pomp, ruil, balanseer en stel wielsporing gereeld.
Ek begin toe met my rondsoek na iets anders, maar die ervaring van 'n vriend se Prado en my skoondogter se Ranger met Cooper Discoverer A/R3 bande, het my aandag baie getrek - hierdie bande gee uitstekende leeftyd. Ek het pryse begin navors, maar hierdie bande is baie duur - die algemene prys wat ek kon bekom was R3250. Gelukkig vir my het 'n bande-handelaar 'n nuwe tak hier naby ons geopen en ek kry toe 'n baie spesiale aanbieding van R2550 per band ! Teen hierdie prys het ek sommer 5 bande gekoop !
Cooper bande word in Amerika vervaardig en Cooper Tyres SA (Pty) Ltd versprei die bande net na hulle geakkrediteerde handelaars. Die groot trekpleister is die bande se lang leeftyd en hulle TyreLife waarborg. Die Discoverer A/T3 reeks word kontraktueel vir 85 000 km gewaarborg en ook vir enige padgebruik skade indien die band nie normaalweg veilig herstel kan word nie. Die waarborg het egter streng voorwaardes. Elke band se reeksnommer moet aanlyn aangedui word waar dit op die voertuig gemonteer is, dit moet elke 8 000km geroteer en gebalanseer word en die wielsporing moet getoets en verstel word. Die aankoopfaktuur en elke wielsporing verslag moet op die stelsel geskandeer word. Hierdie take moet by 'n geakkrediteerde Cooper handelaar gedoen word. Dit klink erger as wat dit werklik is, maar die waarborg word deeglik geadministreer.
Cooper bande hou 'n lae profiel, maar is baie bedrywig in Suid-Afrika, veral op 4X4 aktiwiteite - Google gerus hulle SA webtuiste vir baie interessante inligting.
FRIKADEL: Ek het weer heelwat sin gekry in die Hankook ATR's na ek die bande shootout gelees het in die Wegry tydskrif. Uitstekend op nat pad, teerpad en vrotpad en hy hou is taai sonder padgeraas.
Het hulle op die Hilux gesit op 50 000 kilos en nou op 98000 kilos lyk hulle nog so te se nuut.
JOHAN K: Ek ry nou al die afgelope 9 jaar uitsluitlik op Cooper A/T's - eers met 'n Isuzu 280 DK 4X4 en later met 'n KB300 DK 4X4. Ek het nog net goeie diens uit hulle gekry. Die gemiddelde leeftyd van 'n stel bande is 110 000km wat rofweg verdeel kan word as 80% op teer en 20% grondpaaie en "off-road" roetes.
Wou ook nog sê dat ek altyd versigtig is op 'n nat pad, maar die kere dat dit nodig was, het hulle hulself ook goed gedra op nat teer.
LEN LOADER: Wow Johan, dit is sommer baie goeie nuus!
Mooi nê ?
DUSTY: My huidige voertuig soos die voriges het met continental uit gekom en omdat ek gewoonlik net 2 op 'n slag vervang het ek by dit gebly. die voorstes het gewoonlik so by die 50 000km gehou en die agterstes hier by die 80 000km
Die huidige een is 'n AWD en sal maar moet kyk wat gebeur. Die Cooper A/T's klink of dit die antwoord gaan wees
JAQUESK: Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.
WILSUR:
Dusty het geskryf:
My huidige voertuig soos die voriges het met continental uit gekom en omdat ek gewoonlik net 2 op 'n slag vervang het ek by dit gebly. die voorstes het gewoonlik so by die 50 000km gehou en die agterstes hier by die 80 000km
Die huidige een is 'n AWD en sal maar moet kyk wat gebeur. Die Cooper A/T's klink of dit die antwoord gaan wees
Maak net seker met die AWD, want die Territory moet ek al 4 vervan, kan nie net 2 vervang nie want dit beinvloed die AWD en ratkas.
WILSUR:
JaquesK het geskryf:
Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.
Die Territory se bande is ook skaars.
JAQUESK:
WilSur het geskryf:
JaquesK het geskryf:Ja nee Len, daardie is 'n gawe prys.
Ek sal enige goeie band koop, veral as die prys reg is en dit die aplikasie pas.
Met die Everest is die verskeidenheid maar min so ek sal lank voor die tyd moet begin soek.Die Territory se bande is ook skaars.
Jy is heeltemal reg.
Weet nie wat dink Form met al die "odd size" bande nie.
Ruk net jou sak as jy hulle moet vervang.
Willem, ek het 235x50xR18 …
Willem, ek het 235x50xR18 Zeon 4XS Sport Cooper bande op gesit vroeër vanjaar teen 'n koste van R12 600.00 vir 4 bande. Sover is dit goeie bande. Sal maar kyk hoeveel kilos dit gee
Willem, by Barden tyres. Jy…
Willem, by Barden tyres. Jy kan daar met Thomas praat. Hy kry die naaste "tyre fitment centre" naaste aan jou en stuur die bande soontoe.
Hulle prys op 235/60R18…
Hulle prys op 235/60R18 COOPER ZEON 4XS SPORT (107W) is R 12,196.00 for 4 tyres.
Effe rof.
Willem, ek het Kumho bande…
Willem, ek het Kumho bande op my kar, ek weet ongelukkig nie nou watse speks dit is nie, maar ek kry nie meer as 45 000Km per stel nie.
Die bande ry lekker, maar gee nie kilos nie.?
Johann, sal jy vir my kyk…
Johann, sal jy vir my kyk watter Kumho's dit is asb.
Willem, gou gaan kyk.
Willrm, ek het Kumho SOLUS, soejs soos bo genoem.
Baie goeie pad hou vermoe,…
Baie goeie pad hou vermoe, en ry gerief, maar net bietjie min kilos na my sin.
Dankie Johann Wag nog vir…
Dankie Johann
Wag nog vir ander ouens om terug te kom na my toe.
Ek sit en dink nou, ek het…
Ek sit en dink nou, ek het te gou gepraat van 45000 kilos.
In Karoo Nat Park het 'n klip my een band gesny (baie klein steek wond😂), die ouens daar (werkers) het dit vir my gepatch. Dit was op net oor die 42 000kilos. Ek het toe al 4 bande vervang, en my kar staan nou op 920000 kilos. Die bande lyk nog goed vir nog so 10 000 km?
Jammer vir die helse fout, dit gee dus nader aan 60 000 kilos, wat redelik is vir 'n 2 tonner voertuig.
Johann, jou voertuigg doen…
Johann, jou voertuigg doen goed met 920,000 kilos, amper 'n miljoen?
Hoeveel stelle bande het jy op 920 duisend kilos opggery?
Seker maar omdat ek 'n…
Seker maar omdat ek 'n stadige ryer is ('n oud-kollega het eendag vir my gesê ek ry só stadig, dit lyk of ek parkeerplek soek). Ek ry (sonder sleep) so 100 - 110 kph en as ek sleep 90 kph.
Ek ry met gewone ou Bridgestone AT Dueler bande - waarmee al drie my Hiluxes uitgekom het. Ek kry op elke stel 80 000 km plus. My huidiges het 51 000 km gedoen en ek kan geen rede sien waarom ek nie minstens 80 - 90 000 km gaan kry nie. En dit kos tans R1 750 per band.
My vraag is - hoekom die duurder bande koop?
Ek moet toegee - ek het op 'n Ford (toe nog 'n Courier) my bakkie verkoop met Michelins wat toe reeds meer as 100 000 km gedoen het en minstens nog 20 000 sou doen. Maar as ek na die verskil in prys kyk van die Duelers en Michelins, kan ek nie insien dat dit die moeite werd is om sóveel duurder vir 'n Michelin te betaal nie.
Op my eerste Hilux het ek by geleentheid Wranglers opgesit (toe ek nie dadelik Duelers kon kry nie). Ek was teleurgesteld in die Wranglers wat nie 40 000 km gehaal het nie.
Soos in .......
Soos in die inleiding van hierdie draad vermeld, het ek 18 maande gelede vir my Pathfinder 5 Cooper bande aangeskaf. Die bande is vrek duur en ek het destyds R12 750 vir die 5 betaal. Ek is doodgelukkig, maar miskien iewat dom. Die waarborg van 80 000km het my oorreed om dit te koop, maar ek ry nie meer as 10 000km per jaar nie en na 5 jaar gaan die bande maar slegs 50,000 agter die rug hê en dan mag dit wees dat die bande buitendien die einde van hul leeftyd bereik het. As ek vandag weer moet koop, sal ek eerder 'n goeie, goedkoper band koop wat my oor 5 jaar 50,000km sal gee en dan vervang ek dit eerder weer.
Johann, jou voertuigg doen…
Johann, jou voertuigg doen goed met 920,000 kilos, amper 'n miljoen?
Arie, ja jy het mos gesien hoe lyk my kar al, kyk, net Kia kan daai kilos doen.
Dit was 'n spel foutjie, enige een kan dit oorkom😂
Waarheid is 92 000Km
Band voorkeure
More alle kampers
Tog interresant die uiteenlopende opinies oor bande. Ek het hierdie moontlik heel "ongegronde" persepsie dat die bande waarmee jou voertuig oorspronklik deur die ververvaardiger uitgebring is, die mees "koorekste" is.
Ek is egter ook oortuig dat alle tipe bande vervaardigers weens baie redes soms uiters vrot bande maak. Ek ry ook nou my Hilux op Bridgestones en gaan dit weer opsit. R2000/band en gee goeie kilos.
Jare terug 'n Isuzu vir 13 jaar gery, met Goodyear Wranglers, en nooit van band verander nie. Elke keer meer as 90 oookm op 'n stel gekry.
Het op 'n stadium Firestone CV2000 op my Palma gehad, en het koorde gebreek. Bande-vriend het reguit gesê, dat daardie spesifieke "batch" vrot was.
Ons moet nie ophol gaan met modegiere nie. Deesdae is dit Coopers voor en agter, dit gaan om "looks", of ek is oudmodies. My Kavango het ook 18-duim vellings met Coopers opgehad, maar die eienaar wou dit hou. Hy was so gaaf om dit te ruil vir gewone Hilux 17 duim vellings, met dieselfde Bridgestone bande , soos op my bakkie.
Groete
Wessel
Ek bly by Bridgestone en…
Ek bly by Bridgestone en Good Year bande en die bande gee my baie kilos en is goedkoper as ander bande.





Bande vir die Territory ST
Ek is opsoek na bande vir die Ford.
Die gewone band is 'n 235/55 R18, maar ek wil na 'n 235/60 R18 gaan om 'n beter vrag indeks te kry en hoop ook dit sal my 'n sagter ry gee.
By Lombard's het hulle vir my op die KUMHO HP91 CRUGEN (107V) XL 'n prys gegee van R 8,585.99 (dit is op Woensdae pensionaris afslag) als ingesluit. Ek het gekla oor die 2017 bande wat hulle vir my gewys het, maar die ou het gesê hy het 0118 in voorraad.
Ek wag nog vir TWT om terug te kom met 'n prys.
Dan het ek vir GOOPER Bande ook gevra, op hulle web het ek na 'n video toets gekyk met 'n ML en die Zeon 4XS Sport lyk na 'n goeie band.