Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier gaan rekords gebreek word Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -50 minutes ago
Selfoon fotos Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -9 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -12 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Thu, 20/12/2018 - 05:17

Dankie Dusty, ek is hier.

Snaaks as ek terug is by die huis, kan ek nie slaap nie. Selfs skapie pille wil nie eers werk nie. Gauteng is darem maar n vieslikke plek. KOES.

Werk weer vandag en more, dan is ek weer af tot 7 Jan. Moet aditeur gaan sien vrydag. Hy sê ons het n wins getoon, maar gelukkig was daar nog opgehoopte verliese op die boeke, so ons hoef tans niks vir oom JAN in te betaal nie. Blykbaar kry ek ook darem ietsie terug op my persoonlik. Weet nie hoeveel dit is nie, dalk n nuwe HiLux, maar met my geluk, n garage pepper steak pie.

Gaan ook nie weer weg nie. Eers weer April volgende jaar, Hartenbos.

Froggy staan nog hier voor op my gras. Kan hom nie in sy stoor plek kry nie. Hy sal seker maar hier staan tot mechanic hom hier kan kom regmaak. Ek is nog steeds baie kwaad vir hom. Amper vuurhoutjie gegee. Cabin kamp is nie kamp nie.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 20/12/2018 - 05:35

Harry ny is reg. Cabin is nie kamp nie. n Mens kyk met verlangende oë na die kampers wanneer jy in n cabin bly.

n Slegte dag in die kamp is baie lekkerder as n goeie dag in die kantoor

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 20/12/2018 - 05:37

Goeiemôre almal!  Mag julle 'n heerlike en geseënde dag hé!  

Vanoggend was ek wakker gemaak deur' n visarend smiley​​​​​​

Ek kook die ketel .. 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 20/12/2018 - 05:44

Geniet jul koffie en geniet die dag wat voorlê.   Mooi loop.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Thu, 20/12/2018 - 09:52

Goeie dag al julle mense, nog so 'n dag op kantoor dan kan ek ook breek vir 'n paar dae, gaan nou nie kamp nie maar gaan saam die kinders kuier in Bloemfontein. Kon darem plek kry vir paasnaweek, nog een plekkie beskikbaar gewees by Eastco Parys.

Daai klein seuntjie is n hele maand oud vandag en sal hom weer vertroetel die naweek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 21/12/2018 - 05:40

More Stoffel, jy kan maar vir my eenetjie skink dankie👍

More ook aan al die ander mense wat nog gaan kom groet.

Dit is weer Vrydag, volgende week is 'n kort week, julle moet veilig wees en geniet alles wat julle doen.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 21/12/2018 - 06:06

Goeiemôre!  Dankie Stoffel, skink maar vir my ook enetjie smiley​​​​​​

Lapskag  julle moet die wegbreek Bloem toe geniet en veilig ry! 

Goeiemôre Johann!  Goeiemôre almal, die wat nog hier gaan lees, die wat nie hier kan lees nie en die wat nie hier wil lees nie maar wel doen!  Mag jy 'n geseënde dag en naweek hé en mag God homself in liefde en mag aan jou openbaar! smiley​​​​​​

' n Lekker dag aan almal! 

Ek dink vandag gaan hierdie karavaanpark omgedolwe word deur baie waens en tente wat gaan inkom - voor ons lê die besigste 10 dae van kamp in die jaar.  Mag almal veilig ry en ook spoedig kamp opslaan. Laat jou tentpenne in die grond in gly en mag jy elke oomblik ten volle saam met familie en vriende en medemens geniet! yes

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 21/12/2018 - 07:05

Môre sê aan almal op die forum!  Vir baie begin die Kersfeesnaweek al vandag.   Mag dit vir almal 'n baie geseënde tyd wees.   

Ons was gistermiddag na Colin se seun vir sy verjaarsdag.   Gebraai saam met van hul vriende.  En natuurlik vroeg middag toe voer hul die tannie met wyn.  Nee, my sisteem kan dit nie meer hanteer nie.  Ek was gladnie getrek nie, hoor!  Maar ek was poer in my dinges gisteraand.  laugh

0

Môre al julle mense....ja even die weepee supporters en Ford bestuurders😊😉🤔😁🤤🤡. Die jaar hardloop nou vinnig uit so , kan ek asb vra dat as ek jou nog nie afgepee het hierdie jaar nie, steek asb julle hand op sodat ek kan plan maak. Wil nie graag iemand oorslaan nie😉

Op ñ ernstiger noot, mag die voorspoed jou verveel en mag al jou drome waar word.....

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Fri, 21/12/2018 - 08:04

Julle moet julle se vakansies geniet, die wat dit hou.

Die wat reis, wees veilig, die mens op die paaie ry soos diere, dit wil voorkom asof dit net erger raak met die jare.

Die mense het geen geduld meer nie en vat baie kansie. Die trokke is net so erg as jy kyk die spoed waarteen hulle ry.

Geniet hom en wees veilig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus